PDA

View Full Version : Sonde is sonde!



Gene
Nov 10th 2008, 07:45 AM
Op 'n ander draad het iemand die opmerking gemaak dat alle sonde nie in God se oe dieselfde is nie, maar dat daar verskillende grade van sonde is, gebasseer op Romeine 1. Ek verstaan nie....

Wanneer Romeine 6:23 se : "Die loon van die sonde is die dood.." wat word bedoel met "die sonde"? Soos ek dit lees, word hier gepraat van ALLE sonde. Die loon van ELKE ENKELE sonde, is die dood. Niks minder en niks meer nie. Nou, as elke sonde dieselfde straf verdien, en as die Bybel duidelik se dat alle sondes, behalwe die sonde teen die Heilige Gees vergewe kan word, hoe kan daar dan verskillende grade van sonde wees. 'n Leuen verdien die dood! Woede verdien die dood! 'n Homoseksuele daad verdien die dood! Moord egbreuk en diefstal verdien die dood! Ek sien nie die verskil nie.

Hoe dink julle, is daar verskillende grade van sonde? Is daar sondes wat in God se oe meer afskuwelik is as ander sonde? Word sommige sondes makliker vergewe as ander? Vir watter sondes het Jesus betaal aan die kruis?

RR van Wyk
Nov 10th 2008, 08:36 AM
Dis 'n goeie vraag.

Volgens my is alle sonde ewe erg. Of jy iets van iemand steel, of ontrou aan jou vrou/man is, die persoon se denke is basies dieselfde.
Bedoellende die persoon is selfsugtig, vernielsugtig en heg geen waarde aan sy lewe sowel as sy naaste s'n nie.
Watter sonde bestaan wat nie hieruit spruit nie?

Jesus het ges ons moet God, ons naaste en onself liefh, as ons getrou bly daaraan en dit ons hele denkwyse vul, 'n leefwyse maak, dan is sonde ook sommer by die agterdeur uit.

MercyChild
Nov 10th 2008, 09:00 AM
Ek het nie regtig baie Woord kennis nie, maar ek regtig van die opinie dat daar nie 'n grade verskil in sonde is nie. Maak nie saak wat jy verkies om verkeerd te doen nie, dit verwyder jou van God, en ja die uiteinde van enige sonde is dat jy geestelik dood sal gaan.

Deur sonde te pleeg, bou jy 'n skeidsmuur op tussen jou en God en hoe langer jy aanhou met moedswillige sonde, enige sonde, bou jy die muur elke slag al hoe hoer, en voor jy jou oe uitvee, voel jy ver en verlore.

Sonde, afgesien van wat jy doen, bly verkeerd, en behaag God glad nie.

Ek is 'n dwelmverslaafde in herstel en het niks gelees waar ek gewaarsku is dat ek van dwelms moet wegbly nie (daar staan wel dat ek nie die tempel moet skade aanrig nie), maar ek het gelees dat jy nie mag skinder, sleg praat, ooreet, ens . Nou, dink bietjie daaroor wat is werkik die verskil, wat is die ergste sonde? Of probeer as ons as mens maar net die oordeel uitvoer?:hmm:

David2
Nov 15th 2008, 08:11 AM
Ek stem saam dat daar nie 'n verskil tussen groot en klein sondetjies is nie. Dit is soos die waagartiste in die sirkus. Die een swaai en die ander een spring om sy hande te gryp. As jy gemis het het jy gemis, maak nie saak hoe ver of hoe naby nie. En dit is juis wat sonde beteken - dit is om jou doel te mis.

Ons moet ook let op die verskil tussen sonde (enkelvoud) en sondes (meervoud) in die boek Romeine. Die een wie se loon die dood is, is sonde. Dit wil s die toestand waarin 'n mens gebore word en en waarin jy sterf as jy nie Jesus Christus as Here aangeneem het nie. Sonde is die toestand waarin die onwedergebore mens hom bevind terwyl sondes die dade is wat ons doen. Alle sondes is sonde, maar die wedergebore mens sondig nie meer nie, s Johannes. Dus lei ek daarvan af dat wanneer jy versoening vir jou sonde ontvang het, is jou sondes ook vergewe, sondes van verlede, hede en toekoms.

Daar is wel eek plek waar daar van groot en klein sondetjies gepraat kan word, en dit is die effek daarvan op die sondaar se eie lewe en die lewens van mense rondom hom. Die skuld van sonde en sondes is eensklaps vergewe toe dit onder die bloed van die kruis gekom het, maar die smet van die sonde, veral die "groot" sondes kan somtyds nog vir baie jare voortduur.

Grace Life
Nov 15th 2008, 10:38 AM
Wow 'n uitstekende antwoord David2 ! Kan ek iets bylas oor sonde smet soos jy dit stel .

Omdat jy WEER gebore is ( terloops die Woord praat nie van weer gebore word nie ,maar van "VAN BO GEBORE word ) maar dit nou eers daar gelaat ter wille van duidelikheid ) is jy 'n volkome NUWE SKEPSEL in Christus . As iemand jou van ou dinge wil beskuldig ,probeer hulle Christus beskuldig .

Jy het die volste reg as kind van God om waar jy beskuldig word van iets wat jy in die verlede gedoen het te se " Jammer daar was iemand wat dit gedoen het maar hy/sy is reeds dood ,die dag toe hy/sy in God geglo en van Bo af weer gebore is ". Die nuwe persoon is en bly sonder enige blaam of "smet"

Blaam of smet "is in the eye of the beholder " Dit hang dus af van die hart van 'n mens of hy/sy sonde in ander wil sien en dit vir hulle toereken .

As hy/sy iets teen iemand kry is dit 'n leuen want dit kan nie meer bestaan nie . As ek dus na jou sou kyk sien ek geen sonde in jou nie ,en ook nie in myself nie . Dit is die vrug van Christus se geregtigheid wat Hy vir ons gegee het .

Ek is versigtig om van alles 'n proses te maak , want as Christus dit VIR ONS geword het ,hoe kan ons nog probeer om dit te word . 1 Kor 1 : 30 ,31.

Maar jy het dit mos mooi, ook so gestel .

Hier is die Woord waarna ek verwys :

1 Kor 1:30-31 AOV
(30) Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.
(31) Daarom, soos geskrywe is: Die wat roem, moet in die Here roem.