PDA

View Full Version : My man se ma



marline
Nov 11th 2008, 07:25 AM
Ek wil gou met julle hierdie deel. My man se ma reken dat 2L melk nou te duur is om by die supermark te koop. Sy gebruik dit vir al haar katte en honde. (Sy bly op 'n plot) Toe koop sy vir haar 'n koei met 'n kalf en omdat sy al 79 jaar oud is en dus nie onder die koei kan in om te melk nie, koop sy toe sommer 'n melk masjien ook. My mond hang behoorlik oop!!!!

Ta-An
Nov 11th 2008, 07:43 AM
Wees lief vir haar, :idea:

Dink net, nou kan jy ook vars melk drink ;)
Maar sy gaan nodig h dat die koei 'n kalf moet h anders gaan sy nie melk h nie.... en dan gaan sy 'n bul nodig h om die koei dragtig te maak sodat dit 'n kalf kan h en melk kan produseer..... en as sy nie 'n bul wil koop nie gaan sy iemand nodig kry om die koei kunsmatig te fertiliseer...(KI) .. of se dink ek.... ek is nie 'n plaas meisie nie... ;)

marline
Nov 11th 2008, 10:11 AM
Hoe rilllllll ek nou vir daardie melk!!!! Kan dit nie in my lyf kry nie.

Ja sien, nou word daardie melk al hoe duurder.:B

MercyChild
Nov 11th 2008, 11:24 AM
Hey Marline

Se vir jou ma ek hou sommer baie van haar. Ek het dit skreeu snaaks gevind, en gedink sy is tog te oulik met haar optredes!!!!!

Sy het pas my dag gemaak. Ek giggel nou nog!:rofl:

paidforinfull
Nov 11th 2008, 04:28 PM
Hallo Marline - jong, hoekom gee sy nie maar net vir die diere water nie. Dis baie gesonder as melk vir hulle (in die natuur drink diere water, nie melk nie).
Dan het sy nou sommer baaaaaaaaaaiee $$$$ gespaar :idea:.

Ag wel, ten minste kan julle nou ook lekker vars melk drink - en aanhou drink as sy darem 'n bul ook bykry :D. (Onthou om darem eers die melk te kook voordat julle dit drink.)

Tatta

marline
Nov 12th 2008, 04:18 AM
Hallo Marline - jong, hoekom gee sy nie maar net vir die diere water nie. Dis baie gesonder as melk vir hulle (in die natuur drink diere water, nie melk nie).
Dan het sy nou sommer baaaaaaaaaaiee $$$$ gespaar :idea:.

Ag wel, ten minste kan julle nou ook lekker vars melk drink - en aanhou drink as sy darem 'n bul ook bykry :D. (Onthou om darem eers die melk te kook voordat julle dit drink.)

Tatta

Hi Belinda, Sy is so hardkoppig, mens kan haar niks vertel nie. As ek wil melk he sal ek dit moet koop, want sy moet nou die koei betaal. Dit was vir my net so agstevoor dat ek dit met julle moes deel!!!:rofl:

Lanie
Nov 12th 2008, 08:40 AM
Hi Belinda, Sy is so hardkoppig, mens kan haar niks vertel nie. As ek wil melk he sal ek dit moet koop, want sy moet nou die koei betaal. Dit was vir my net so agstevoor dat ek dit met julle moes deel!!!:rofl:

Vriendin, op die ou einde gaan ons almal maar so agterstevoor raak, dis maar deel van oud word.:lol: Wees maar geduldig met haar want eendag gaan jou kinders met jou geduldig moet wees...Ek glo maar aan daai "wat jy saai, sal jy maai"-ding. :hug:

marline
Nov 13th 2008, 10:52 AM
Vriendin, op die ou einde gaan ons almal maar so agterstevoor raak, dis maar deel van oud word.:lol: Wees maar geduldig met haar want eendag gaan jou kinders met jou geduldig moet wees...Ek glo maar aan daai "wat jy saai, sal jy maai"-ding. :hug:

Jy is so reg Lanie. My sus vertel my ons pa het ook sulke snaakse goed gedoen. Ek het dit net nie onthou nie.:confused

Sonia Smit
Nov 17th 2008, 02:18 PM
Dit was baie snaaks! Baie dankie vir die een Marline!
Laat my aan my oupa dink. Toe my ouma dood is het my oupa baie verveeld geraak. Hy bly op 'n plot by my tannie. Hy gaan toe en kry vir hom hoenders en varke - my oupa is 82!

Ons was woedend kwaad vir hom, maar hy is ook die tipe mens hy luister nie vir jou nie, wat hy s is wet. Neadless to say, hy het vandag nog die hoenders en varke....

protea
Nov 17th 2008, 07:49 PM
:rofl::rofl:Kyk , daardie 'models' maak hulle nie meer nie!!:lol:

MercyChild
Nov 17th 2008, 09:49 PM
Hoe meer ek van jou ma lees, hoe intressanter vind ek haar. Ek dink tog dis so oulik. Vriendin sy gaan jou waaragtig op jou kniee hou!:rofl::rofl::rofl:

marline
Nov 18th 2008, 04:56 AM
Ja kyk, ons het nou al heelwat eienaardige goed met haar beleef. Sy het 'n hoender gehad wat seker 20 jaar oud was. My man vat my hond saam soontoe, die hond spring op die hoender en daar oorlede die arme ding!!! Was ek in die moeilikheid!! (omdat dit my hond is) Die einste wolhond wat in my foto album is. :D

MercyChild
Nov 26th 2008, 08:26 PM
Hi Marline:hug:

Hoe gaan dit met jou skoonma. O ja, ek het jou hond gaan kyk en hy is te pragtig! Ek dink hy is 'n gepaste maatjie vir 'n hoender. lol;)

marline
Nov 29th 2008, 10:39 AM
My Man se ma kry het toe soveel melk uit hierdie koei, dat sy nie weet wat om met die res van die melk te doen nie, en toe koop sy maar nog 3 kalwers by, sodat die melk nie vermors word nie. Ek dink hierdie storie gaan aan hou soos "replay"!!!rofl:

protea
Nov 29th 2008, 12:12 PM
Dis n heerlike vervolgverhaal en ons sien uit na die volgende episode:lol:!

Ta-An
Dec 1st 2008, 07:00 PM
maatjie.... netnou sal sy groter plaas koop, en dan moet julle kom help boer :lol:

protea
Dec 1st 2008, 07:24 PM
:lol:Ta-An , jy loop nou die storie vooruit! Die bestaande koei moet eers n maatjie of 7 kry en DAN eers kom die ander , groter plaas.....:idea:

Ta-An
Dec 1st 2008, 08:04 PM
Ag skies man.... :rofl:
ek lees alweer die agterste bladsy eerste :o

marline
Dec 7th 2008, 11:45 AM
My man se ma het vandag by die Kerk 'n hartaanval gekry. Sy is in hospitaal, en my man is juis nou weg om die diere te versorg. Daar is bo en behalwe die koeie en kallers, tarentale, marmotte, poue, eende, honde, ens. ens. Sy is net bekommerd oor haar diere. Siestog.:cry:

protea
Dec 7th 2008, 04:25 PM
Marline , ons is SO jammer om die nuus te hoor . Dit klink vir my asof sy dit baie moeilik gaan vind om te laat los en haar lewe te vereenvoudig en af te skaal. Ons bid julle sterkte en wysheid toe in die hantering van die situasie.

marline
Dec 7th 2008, 05:22 PM
Dankie Protea, jy is reg, sy gaan nie afskaal en dit rustiger vat nie. Sy is darem nou ok, nog in hospitaal, ons kan more eers die dr, sien.

Ta-An
Dec 7th 2008, 06:24 PM
:hug:

:pray:

Prys die Here vir vroue soos jou skoonma wat ons jongeres wys wat Spreuke 31 alles oor is...

marline
Dec 11th 2008, 05:19 AM
Dit was toe darem nie 'n hartaanval nie, sy het ineengestort van uitputting en een of ander tekort. Ons het nog nie die uitslae gekry nie. Die familie kom nou bymekaar om haar te oortuig om af te skaal. Haar skoonsus kom selfs van die Kaap af hiervoor. :hmm:

Uitslag gekry: was hartversaking.