PDA

View Full Version : Watter Bybel?



Lanie
Nov 12th 2008, 08:28 AM
Ousus het nou hierdie jaar leer lees en ek en Pappa wil vir haar, haar eerste regte Bybel koop as kersgeskenk. (Ja - ek weet wat party dink..:rolleyes:) Anyway, nou wil ek by julle hoor, watter bybel sal julle vir so kleintjie aanbeveel. Ek weet ons almal is voorstanders van die Ou Afrikaanse Vertaling, maar ek wil haar graag aanspoor om self die Bybel te vat en te lees op haar eie, en ek dink hy gaan bietjie moeilik lees vir haar. Enige idees?

Phil Fourie
Nov 12th 2008, 09:33 AM
Jong, ek dink Fila sal vir jou die beste raad kan gee in die verband, hy het net so effe meer Bybels as ek in sy besit, maar met die groot verskil, hy het immers 'n kleinding, ek nie :lol:

Die Filadelfieer
Nov 12th 2008, 10:19 AM
..en hier wag ek vir Phil om te antwoord, en nou sit hy my op die "spot". Ek vermoed ons gaan in elkgeval dieselfde antwoord hÍ.

Eerste dinge eerste. Ek het inderdaad 'n seuntjie maar hy is nou maar 18/19 maande oud. Bybelstudie saam met hom is op hierdie stadium vergelykbaar met 'n impaksport. Hy het die mees ongelooflikste en volledigste kinderbybel wat ek nog tŽegekom het, ( 'n erfstuk van my kinderdae af) , en is nou al mooi geleer dat ons na sy bad gaan "amen" soos hy dit noem. Hy sit dan vir ongeveer 3.5 sekondes stil terwyl ons met 'n lukrake storie uit die boek begin, want hy wil self kort kort blaai. Ons begin dus argumentsonthalwe met die salwing van Dawid, maak 'n draai in Nineve' en eindig met die Skepping, kort nadat ons gesels het van die "stoute oom" wat hom aan sy hare opgehang het aan 'n boom.
Na 'n paar minute hiervan gryp hy my en mamma se hande en dan moet ons bid. Hy hou dan sy ogies mooi toe tot op 'n punt waar hy die "procedings" stop met 'n luide "mamma bottie !! " wat, soos ek gesÍ het, die einde van die aand se verrigtinge aankondig.
Of ek dus vanuit 'n ouer se oogpunt kwalifiseer om te antwoord is hoogs depateerbaar.

Lanie,
My raad is koop vir jou kind 'n AOV. Phil sal vir jou 'n skakel stuur oor die nuwe vertaling wat jou dalk gaan skok. Ek voel dat die Woord nie by ons aanpas nie, maar ons by die Woord. Dit gaan beteken dat sy op woorde gaan afkom wat sy nie gaan verstaan nie, maar dit is waarvoor pappa, mamma, en die HAT daar is.

Phil Fourie
Nov 13th 2008, 01:04 PM
Ai, dit was darm nou pragtig. Ek onthou noudie dag toe vertel my broer my toe hulle die oggen kleuterskool toe ry (sy oudste seuntjie is nou 5 jaar oud) toe se die vir sy pa dat hy nie daardie dag skool toe gaan nie, want hy het verlof ingesit :lol:

Maar in allegeval, ja Lanie, ek kan glad niks anders as die 33/53 vertaling aanbeveel nie, selfs nie eers vir kinders nie. Ek het byvoorbeeld 'n jong bekeerde vriend, wat self nie baie van die woorde in die 33/53 vertalings verstaan nie, maar hy klop gereeld by my aan om te verduidelik en ek doen dit ook met graagte.

Die skakel waarvan Fila praat is seker die een wat die verskill, foute en weglatings van die Nuwe Vertaling (83) in slegs die Nuwe Testament aandui. Ek plaas dit hier:

www.4him.co.za/gart/aanslag.htm

Dan kan jy ook gaan kyk op Prof Malan se sit aangaande die vertalings:

http://www.bibleguidance.co.za/Librarylists/Afrikaanseartikelslys%20Teks.htm

Ek hoop dit help

Groete
Phil

Son of the South
Nov 14th 2008, 07:56 AM
Dit is nogal vir my ook 'n tamaletjie. :confused

Julle ken my nou al so bietjie en weet dat ek BAIE lief is vir my ou vertaling. My kinders is nou 4 en 6. Oud genoeg om sekere dinge te begin verstaan en oud genoeg dat ek sekere dinge maar vir eers moet sensor. Die ou vertaling is regtig nog vir hulle bietjie moeilik.

Ek wil ook graag nie nou meer vir die kleingoed 'stories' lees uit Kinderbybels nie. Ek voel ek wil nou graag vir hulle begin BYBEL lees.

Ek lees op die oomblik meestal vir hulle uit Bybel@kinders, maar ek moet self erken, ek hou nie baie van die vertaling nie. Dit is nou wel meer op die kinders se vlak, maar dit is propvol inlegkunde. (M.a.w. dit is nie net die Bybel nie, maar die Bybel PLUS iemand se interpretasie. Nodeloos om te sÍ, ek stem nie altyd met daardie interpretasies saam nie.) Terwyl ek nog die een is wat vir hulle voorlees, kan ek nog sensor en korrigeer so ver ek kan, maar dit bly maar 'n beslommernis.

Iemand het op 'n keer vir my oor die nuwe vertaling gesÍ: "Naas die Bybel is dit die beste Christelike leesstof." Ek sal maar dieselfde moet sÍ oor Bybel@kinders.

protea
Nov 15th 2008, 07:44 PM
My ma het vir ons kinders destyds toe hulle klein was n kinderbybel gegee met die verhaal waar Abram vir Isak gaan offer het netjies toegeplak met bree kleeflint. Dit was vir haar seker te 'violent' ,maar toe ons weer kyk het middelsus (nog nie 2 op daardie stadium nie) die skerpste slagmes gaan uithaal en die boek netjies 'ge-opereer' want hulle nuuskierigheid het die oorhand gekry.

Ousus was weer die romantiese een van die 3 en maak nie saak watter Bybel storie ons gelees het nie , met Rut en Boas se storie moes ons afsluit...:lol: Nodeloos om te se : Ons het daardie tyd Rut en Boas se storie van agter af vorentoe geken...

Willem
Nov 16th 2008, 08:10 PM
Hi Lanie,

Moeilike een die!

Ek het self leer Bybel lees uit die groot rooi Kinderbybel in kleur. gedruk 1970 -1972 (sit met dit op die tafel want ek wou dit he as erfstuk)

Feit is die' "bybel" is niks meer as 'n storie boek met prente nie , maar dit het my gefassineer en ek het die as std1/2 jarige deurgelees ( ja ek was boekwurm ) soveel so dat ek nou nog onthou van die gif en die meel en die vuurkool op die tong...

Miskien is die belangrikste om die beginsels vir eers reg en konsekwent aan die kleinding oor te dra.

Wian is nou Mei wat kom 4 en weet dat Jesus se Pappa God alles gemaak het en met almal gaan kom raas wat stout was en lelike hartjies het en hulle gaan kom straf. OOK dat Jesus in sy hartjie kan kom bly as hy hom vra en dat Hy altyd by hom sal wees en sal hoor as hy Amen vir Hom selfs al is pappa nie daar nie. Soos met die kan mens net vertrou dat God mens sal lei en wysheid en insig gee sodat mens die regte woorde vir jou kleinding sal he as die regte vraag gevra word.

As sy nou al kan lees, AOV en mamma wat help en baie genade van bo...
dink dis die beste present wat jy kan gee veral vir Kersfees:pp