PDA

View Full Version : Waar is die Krag en die Heerlikheid in Christus ?



Grace Life
Nov 12th 2008, 11:41 AM
:)Uit my ervaring met baie individue ,kerke en bedieninge het ek opgemerk dat die wan toepassing van die volgende dinge , veral ,mense laat swaarkry om in oorwinning te lewe , en 'n positiewe lewensuitkyk te handhaaaf , wat deurtrek is met voorbeelde van God se beskikking en krag in hulle lewens .

1 Hulle handhaaf 'n ander self opgerigte evangelie as waarvan die Woord praat . Sulke mense neem aanstoot wanneer die implikasies van die ware Evangelie werklik tot hulle deurdring .

2 Geregtigheid is onlosmaaklik deel van die Evangelie . Hulle probeer hulle eie geregtigheid oprig waarvolgens hulle self probeer lewe en ook ander mense beoordeel of selfs oordeel .

3 Hulle gebruik die wet om hulleself en ander mense te beoordeel . Die wet en die Evangelie kan nooit saam gehandhaaf word nie . Of mens kies vir die wet of jy kies vir die Evangelie . As jy na die Kruis vir die wet kies ,dan kies jy om sonder Christus te lewe .

4 Omdat die ware Evangelie ,Geregtigheid en die wet nie reg hanteer word nie ,bly mense vasgevang in die sonde probleem van hulleself en ander mense

5 Oordeel maak 'n groot deel uit van hulle denke oor geestelike dinge .

6 Hulle hou hulle hoofsaaklik besig om verganklike dinge te beskryf ,te bestudeer en daaroor te tob en te prraat .

Die Krag wat die Kruisiging en opstanding van Jesus Christus vir ons gebring het is so geweldig groot dat nie een mens met bogenoemde dinge hoef te sukkel nie . Die Kruis beteken volkome oorwinning en vryspraak en verlossing . Ek voel intens jammer vir mense wie se lewens verarm word weens bogenoemde wan opvattings .

Kom ons gesels hieroor . Dit is net 'n voorstel . Jy kan verbande ,l ,agtergrond kennis gee , jou eie afleidings maak en beskryf ,ek gee nie om nie .. Ek wil graag hoor wat jy wil s ,nie wat ek wil h jy moet s nie . Dit is nie 'n draad nie ,dit is 'n inleidende voorstel as jy wil . Draad laat my dink aan daardie gly drade wat 'n mens kry en waaraan 'n hond of twee vasgemaak is . Hulle kan net beweeg waar jy die draad span . Weird sou ek s . Ek is ook nie 'n dosent wat 'n lesing gee waaroor jy moet rapporteer en eksamen skryf nie . Ek is 'n gespreksgenoot en waardeer jou potensiaal in Christus te alle tye . Jy doen my 'n guns deur deel te neem . Saam kan ons elkeen heelwat wyser aan die ander kant uitkom . As jy wil .:)

MercyChild
Nov 12th 2008, 12:13 PM
Preach it!

Ja ek het al so 'n ervaring gehad. My swaer is 'n prediker, die fout was nie by hom nie, maar sommige van sy kerk lidmate. Omdat hy 'n prediker is, word daar soms verwag dat sy familie perfek moet wees. Op daardie staduim was ek nog 'n dwelmverslaafde. Mense het aanstoot geneem as ek na sy kerk toe sou gaan, omdat hulle van mening was dat ek hom in die verleentheid stel.

Ek het soms gevoel dat ek kerk toe gaan om na God te gaan soek, maar elke keer as ek daar uitgestap het, was ek net veroordeel.
Mense se harte is nie altyd suiwer nie. Dis maar net my opinie. Maar ek kan nie se dat dit darem almal in kerke is wat so teenoor mense optree nie. Ek is van mening dat mense party maal net moet terugkeer na die basics en onthou wat hulle rede is om kerk toe te gaan.

Kerk is geen plek vir veroordeling, of om ons eie behoeftes te voorsien nie. Kerk moet dien as 'n hospitaal vir die sondaar. Die Woord moet gedeel word aan die ongeredde.:hmm:

Grace Life
Nov 12th 2008, 03:12 PM
Thanx Linda !

Ja ek was ook daar waar ek maklik geoordeel het . Nog erger ,ek het geglo dit is my plig om te s dat reg ,reg is en verkeerd ,verkeerd is sonder om aan die implikasies daarvan te dink .

Nou dit vat nie lank voordat mens absoluut oneerlik word in jou uitsprake en oordeel nie . Ek bedoel daarmee ,dat jy gou-gou makliker die verkeerde in ander mense opmerk as in jouself . Jy oordeel ook ander mense baie strenger as jouself . Later sien jy net meer en meer verkeerde dinge raak en die wreld en sy mense raak 'n slegte plek vir jou .

'n Ander tragiese ding begin in jou gebeur . Jy sien soveel foute in mense raak dat jy eintlik in jou eie o al meer heilig word . Jy raak al hoe meer reg en ander mense al meer verkeerd . Jy regverdig jouself al meer ,maar soek selde ,indien ooit regverdiging vir jou naaste se dilemma.

Eintlik raak jy al hoe meer vasgedraai in die probleme van die mense rondom jou , en jy soek selfs ontvlugting en regverdiging vir jouself in die Bybel en deur gebed .

Hoekom ? Eenvoudig omdat die Woord jou die waarborg gee dat dit waarin jy 'n ander oordeel jy jouself ook verseker gaan oordeel .

Die verhouding daarvan is oneweredig s die Bybel . Jy het die balk in jou oog en jou naaste het die splinter . Dit is nie 'n splinter wat 'n balk kan sien nie ,nee dit is altyd 'n balk wat 'n splinter sien . Die grootste nadeel in oordeel l altyd aan jou kant ! Tragies .

Wat is die oplossing ? Wat het my van hierdie tragiese ingesteldheid om ander te oordeel bevry ?

Die antwoord het nie in my of in my naaste se omstandighede gel nie . Met ander woorde niks het verander terwyl ek my nog met my eie sonde en my naaste se sonde besig gehou het nie .

Die antwoord het buite ons gel . Ek het geglo of begin glo in dit wat die Woord s .

Ek het die Kruis verstaan dit is al !

Die Kruis ( die Evangelie van die Kruis ,as jy wil ) het die volgende vir my ges .

As jy kan sien dat jou naaste vergewe is ,vergewe word en altyd vergewe sal word ,dan sal jy sien dat jy ook vergewe is ,vergewe word en altyd vergewe sal word . Die punt is sonde steek kop uit , in my , en in ander , lelike goed , maar danksy die Kruis is die vergifnis wat Christus vir ons kom gee het eenvoudig groter ,en sal altyd groter bly in my naaste en ook vir my .

So ek het geskuif van 'n fokus op foute en sonde in myself en ander ,na 'n fokus van vergifnis vir ander en myself . Ons albei word net by die Kruis gehelp en verlos .

Toe die balk uit my oog deur Jesus verwyder word toe sien ek goed hoe om die splinter uit my naaste se oog te haal ! . Hoe ? Deur my naaste aan presies dieselfde Krag van die Kruis bloot te stel wat die vermo gehad het , en altyd sal h om die balk uit my oog te kry . Ek ,bedoel ek het mos duidelik ervaar hoe onmoontlik dit vir my was om van die balk ontslae te raak voordat ek by die Kruis uitgekom het waar dit vir my gedoen is .

Net so maklik word die naaste se splinter daar uitgehaal . Daar word ons balk en splinter vry ,volkome vry ,elke keer volkome vry , nooit half vry met 'n maar wat dan nou van dit of dat ,of sus of so nie . Nee ! .

As ek iemand se splinter sien ,dan werk my hart en my kop dadelik, met inspanning in die hoogste rat met jou vergifnis ,sodat ekself vry kan wees . Jy gaan dit in my o ,en hande en voete sien . 'n Evangelie van vrede sal my woorde wees .

Mark 11:25-26 AOV
(25) En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.
(26) Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.

Hierdie vers het my vir 'n finale ses geslaan . Ek meen hulle kon nie eers die bal buite die stadion kry nie . Lees mooi wat hier staan .

Joh 20:23 AOV
(23) As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou.

My probleem was nog steeds dat ek nie wou h dat iemand verder splinters , ( bv, verslaaf moet wees ) moet optel nie .

Ek het uitgevind daar is 'n kragtige manier om iemand te help om van hulle splinters ontslae te raak (en my balke!)
1 Sorteer eers my balk by die Kruis uit . Ok dit is gedoen !
2 Vergewe my naaste van harte sodat hy/sy kan loskom van die greep van sonde .


Matt 16:19 AOV
(19) En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.

Ek het dus enorme krag tot my beskikking om iemand te help . Ek gaan dit nie verruil vir 'n pot lensiesop ,naamlik tydelike vlees bevrediging om jou te oordeel en daarna self beter te voel omdat ek kwansuis so regverdig en reg is nie .

Hand 10:42-45 AOV
(42) En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode.
(43) Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang.
(44) En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.

Die vraag by hierdie teks is : Glo my naaste ,( soos jy wat verslaaf was ,maar na God gesoek het ), in Christus ? . Natuurlik glo jy . En as jy nie glo nie ? . Dan tree ek nog steeds op asof jy glo !
Dit kan jou net help om te glo . Dit kan jou nooit benadeel nie ,want ek bring die vrede en vergifnis van Jesus Christus binne jou bereik deur die Evangelie .

Daardeur ontvang jy vergifnis van sonde DEUR Sy Naam . Wat jy waar kry ? . Wat deur my mond ten bate van jou uitgespreek word ! . As ek in Sy Naam spreek het dit presies dieselfde krag en effek asof Hy dit Self gespreek het . 'n Enorme gedagte ! . Kyk na die Woord .

Mark 2:5-11 AOV
(5) En toe Jesus hulle geloof sien, s Hy vir die verlamde: Seun, jou sondes is jou vergewe!
(6) En sommige van die skrifgeleerdes het daar gesit en in hulle harte geredeneer:
(7) Waarom praat hierdie man so godslasterlik? Wie kan sondes vergewe behalwe Een, naamlik God?
(8) En Jesus het dadelik in sy gees geweet dat hulle by hulleself so redeneer, en Hy s vir hulle: Wat redeneer julle oor hierdie dinge in jul harte?
(9) Wat is makliker, om vir die verlamde te s: Die sondes is jou vergewe! of om te s: Staan op en neem jou bed op en loop?
(10) Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op die aarde sondes te vergewes Hy vir die verlamde man:
(11) Ek s vir jou: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.

Toe Jesus HULLE geloof sien s Hy VIR DIE VERLAMDE....! Hulle was nie afgesit deur leerstellinge van hulle tyd wat geleer het dat as iemand iets oorkom of siek is dit is omdat hy/sy sonde doen nie . Hulle geloof in die verlamde se geregtigheid om genees te word bring sy vergifnis van sonde en genesing van sy siekte voort !

Onvergewens gesindheid en 'n gesindheid om te oordeel is seker die grootse faktor wat God se Krag op aarde beperk .

Dit staan in hierdie teks !

Wat was die maklikste ? . Natuurlik om vir iemand te s jou sondes is vergewe . Net woorde ,le woorde . Dit is soos om vir jou as verslaafde in die kerk te s : Ons weet Jesus het jou sondes vergewe ,en ons vergewe jou ook ,maar jy moet darem ook nou ophou om drugs te gebruik . Jy stel ons teleur ,jy steek ons in die skande , jy kan nie hier bly as jy so aangaan nie .

Jesus s juis . Dit kan nie net by le of maklike woorde bly nie . As jy woorde in My Naam uitspreek oor jou naaste MOET en SAL daar Krag ook wees ! . Jou naaste moet ook kan opstaan en loop ,wegloop van drugs af ,wegloop van sonde af ,wegloop uit siekte uit daarna .

Dit is moeiliker , heelwat moeiliker ,want dit werk met die balk in jou oog . As Jesus jou geloof sien , (wat funksioneer nadat jy bereid was dat jou balk verwyder is ) ,dan s Hy (deur jou opregte woorde , Sy Naam op jou lippe vir jou naaste ,die moeilike, naamlik staan op en loop ,en dit gebeur werklik ! .

Jesus s juis in vers 10 , dat die bewys van die mag om sonde in Sy Naam te vergewe daarin l dat daar krag teenwoordig is .

Dit is presies wat met Paulus en Petrus gebeur het .

1 Kor 2:3-5
(3) Ek was ook by julle in swakheid en in vrees en in veel bewing;
(4) en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag,
(5) sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.

Hand 4:7-12 AOV
(7) en toe hulle hul voorgebring het, vra hulle: Deur watter mag en deur watter naam het julle dit gedoen?
(8) Daarop s Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel,
(9) as ons vandag ondervra word oor n weldaad aan n siek man, waardeur hy gesond geword het,
(10) laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasarner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.
(11) Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat n hoeksteen geword het.
(12) En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

Gered moet word van siekte ,maar ook van sonde . Ek kan my naaste deur Sy Naam help om van sonde se greep verlos te word . Dit is moeiliker as om met die mond mooi woorde te spreek ,maar met die hart te oordeel . Ek wil nie veins nie . Christus woon in my . Mag my naaste nooit iets anders as dit ervaar nie . Spesifiek die sondaars wat die Geneesheer Jesus Christus nodig het .

As Jesus Christus vir my klein is ,is hulle sondes en ellende vir my lewensgroot . As Christus vir my groot is , is hulle vergifnis en oorwinning in Sy Naam vanselfsprekend .

Efes 4:32 AOV
(32) Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het. ( hoe? ,onvoorwaardelik en met krag)

Jak 5:15 AOV
(15) En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.

Goeie nuus is dit nie ?

Skuus vir die lang plasing . Ek wou na 'n kwart bladsy al volstaan met my antwoord ,maar dit het nou so uitgekom .

Sterkte !

MercyChild
Nov 12th 2008, 03:22 PM
Dit is baie puik gestel, beter as dit sou ek nie. Dit is die evangelie en Jesus se liefde vir elkeen van ons. Griek of Jood het die Woord dit duidelik gestel, en dis al wat saak maak.

Ek hou van die skrifte wat jy uitgehaal het, het my iets gegee om aan te herkou!:hug:

Grace Life
Nov 13th 2008, 02:26 PM
Hi Linda , Ek is bly dat jy kans gesien het om deur alles te werk . Ek het dit maar redelik uitgebreid probeer stel anders praat mens heeltyd verby mekaar . Dankie vir jou belangstelling . Ja ,dit gaan basies daarom dat mens by die ware Evangelie moet hou . Dit is nie so lekker vir die vlees nie ,want die vlees soek vergelding en hou hom oorwegend besig met oordeel en goed wat verkeerd is . Daarom is dit so belangrik om nie na die vlees te wandel nie , maar na die Gees .
Die feit dat dit vir jou verstaanbaar en aantreklik is dat die Evangelie heeltyd vergifnis toespreek is 'n teken dat God besig is om die enorme krag en potensiaal van jou lewe in Hom te ontsluit .
Die punt is moenie oordeel nie , vergewe soos jy vergewe is .
Daar is groot krag wat vrysgestel word in elke daad van vergifnis .
Jy het die opdrag en mandaad gekry om mense vry te maak in Sy Naam . Hulle het jou vergifnis nodig .
Jy word benadeel wanneer jy nie vergewe nie . Jy kry groot voordeel wanneer jy opreg vergewe .
Die Kruis is die norm waarvolgens mens kan bepaal hoe vergifnis werk en hoe belangrik dit is om te vergewe .

Ons gesels weer

Antonvs
Nov 13th 2008, 11:45 PM
Welkom Grace Life

Goeie advies!

Aktiveer jou persoonlike boodskappe, ek ken baie mense in J/Bay van die gemeentes ken ek ook verskeie predikers in die area.

Groete
Anton

Grace Life
Nov 14th 2008, 05:59 PM
Dankie Anton ! . Ek sal sou gou doenlik my PM funksie aktiveer . Ek dink ek moet nog 'n paar plasings maak voordat ek daarvoor "kwalifiseer" .

Baie dankie vir jou belangstellling !

Antonvs
Nov 14th 2008, 11:56 PM
Grace Life,

Ken jy J/Bay Bible Church - Past. W.F. ?

Grace Life
Nov 15th 2008, 07:00 AM
Hi Anton . Dit is goed om van jou te hoor . Ek is bekend met Jeffreys Bay Bible Church . Wynand Fourie is hulle leier. Hulle beskou hulleself as 'n evangeliesie ,nie-denominasionele kerk . Ek het al met hulle kontak gemaak ,maar dit is maar stil . Ek weet nie deesdae baie van hulle af nie .

Groetnis

Willem
Nov 16th 2008, 10:36 PM
Goeie nuus is dit nie ?

Skuus vir die lang plasing . Ek wou na 'n kwart bladsy al volstaan met my antwoord ,maar dit het nou so uitgekom .

Sterkte !

WOW ... ek is te moeg om nou te kan dink en lees, maar sal beslis weer die moet lees en miskien baie vrae moet vrae omte begryp of miskien baie genade om te begryp; maar dit maak SO sin en half ...REGTIG!?

Grace Life
Nov 18th 2008, 02:55 PM
WOW ... ek is te moeg om nou te kan dink en lees, maar sal beslis weer die moet lees en miskien baie vrae moet vrae omte begryp of miskien baie genade om te begryp; maar dit maak SO sin en half ...REGTIG!?

Ok Willem . Dankie dat jy my 'n guns gedoen het deur die plasing ten minste deur te lees . Ek waardeer dit ,glo my .

Wat praat hulle alles " 'n goeie begrip het 'n halwe woord nodig "
Dan kan mens seker ook se " 'n halwe (vakerige ,maar verstaanbare) begrip het 'n goeie woord nodig "

Staan sterk !
Groetnis

Willem
Nov 18th 2008, 09:03 PM
Hoekom ? Eenvoudig omdat die Woord jou die waarborg gee dat dit waarin jy 'n ander oordeel jy jouself ook verseker gaan oordeel .

Die verhouding daarvan is oneweredig s die Bybel . Jy het die balk in jou oog en jou naaste het die splinter . Dit is nie 'n splinter wat 'n balk kan sien nie ,nee dit is altyd 'n balk wat 'n splinter sien . Die grootste nadeel in oordeel l altyd aan jou kant ! Tragies .!
Nog nooit so daaraan gedink nie, maar...



Mark 11:25-26 AOV
(25) En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.
(26) Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.


Dis miskien my grootste stryd, om te onthou in die mallemeule van vandag se wereld dat , behalwe vir die voorreg om enige tyd tot God te nader , wat ek net deur genade gekry het , God ook vir my se dat ek moet ook vergewe om net so ook vergewe te word. Gaan saam met die wat se dat sonde 'n muur tussen my en God bou en ek daai sondes moet soek en bely voor ek heilig kan nader tot God



Joh 20:23 AOV
(23) As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou.

Ek weet wat jy bedoel... ek kan sondes vergewe omdat Hy in my Sy Gees gesit het en ek deur Hom in staat is om dit REGTIG te kan vergewe...
WOW Ek kan dit wat iemand teen my gesondig het vergewe en God sal dit "eer"? ( Hy sal my vergifnis erken en ook daai sonde as vegewe beskou ?)

Se nou vir my daar is nie 'n God wat regverdig is en Sy Gees in ons gegee het om ons in staat te stel om iemand te kan vergewe nie!:pp



Ek het uitgevind daar is 'n kragtige manier om iemand te help om van hulle splinters ontslae te raak (en my balke!)
1 Sorteer eers my balk by die Kruis uit . Ok dit is gedoen !
2 Vergewe my naaste van harte sodat hy/sy kan loskom van die greep van sonde .

Matt 16:19 AOV
(19) En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.

Ek het dus enorme krag tot my beskikking om iemand te help . Ek gaan dit nie verruil vir 'n pot lensiesop ,naamlik tydelike vlees bevrediging om jou te oordeel en daarna self beter te voel omdat ek kwansuis so regverdig en reg is nie .

Hand 10:42-45 AOV
(42) En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode.
(43) Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang.
(44) En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.

"n manier van evangelie verkondig? Bely my sondes en draai weg daarvan af en vergewe soos wat Christus gedoen het . "Ek vergewe jou want ek is vergewe en het dit nie verdien nie en tog het Jesus vir my en jou aan die kruis gesterf"



As ek in Sy Naam spreek het dit presies dieselfde krag en effek asof Hy dit Self gespreek het . 'n Enorme gedagte ! . Kyk na die Woord .


Ek verstaan die stuk van die verlamde ens nie so lekker nie, maar daar is die stukkie wat se dat as ons enige iets in Sy naam vra sal Hy dit vir ons gee.? Miskien selfde idee? Okk die geloof sien kom laaste week paar keer op,... Jonathan in 1sam 13/14? iewers wat Fillistyne sommer net aanval in geloof dat God kan...
Jesus wat die dissipels vra waar is julle geloof na hy die see stil gemaak het...




Mark 2:5-11 AOV
(5) En toe Jesus hulle geloof sien, s Hy vir die verlamde: Seun, jou sondes is jou vergewe!
(6) En sommige van die skrifgeleerdes het daar gesit en in hulle harte geredeneer:
(7) Waarom praat hierdie man so godslasterlik? Wie kan sondes vergewe behalwe Een, naamlik God?
(8) En Jesus het dadelik in sy gees geweet dat hulle by hulleself so redeneer, en Hy s vir hulle: Wat redeneer julle oor hierdie dinge in jul harte?
(9) Wat is makliker, om vir die verlamde te s: Die sondes is jou vergewe! of om te s: Staan op en neem jou bed op en loop?
(10) Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op die aarde sondes te vergewes Hy vir die verlamde man:
(11) Ek s vir jou: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.

Toe Jesus HULLE geloof sien s Hy VIR DIE VERLAMDE....! Hulle was nie afgesit deur leerstellinge van hulle tyd wat geleer het dat as iemand iets oorkom of siek is dit is omdat hy/sy sonde doen nie . Hulle geloof in die verlamde se geregtigheid om genees te word bring sy vergifnis van sonde en genesing van sy siekte voort !

Ok.. dink ek verstaan so bietjie nou..



As Jesus Christus vir my klein is ,is hulle sondes en ellende vir my lewensgroot . As Christus vir my groot is , is hulle vergifnis en oorwinning in Sy Naam vanselfsprekend .

Amen as mens dit maar net altyd kan onthou... daai dvd van Louie Giglio het nogal baie gehelp om dit vleeslik tuis te bring en die Here het self my laat weet Hy is werklik en nie net boek idee nie, en nie net werklik nie maar GOD... ek dink nou ek moet ook dankie se dat dit so sag gedoen was want as dit meer was sou ek heel moontlik mal / uitgebrand of dood gewees het.. Ons Vader weet PRESIES wat ons nodig het:pp:pray::pp:pray:



Efes 4:32 AOV
(32) Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het. ( hoe? ,onvoorwaardelik en met krag)
Jak 5:15 AOV
(15) En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.

Goeie nuus is dit nie ?

Great nuus en dankie hiervoor, party keer dink ek moet minder tyd hier spandeer en dan kom sulke antwoorde op oor goed wat mens mee sukkel

Grace Life
Nov 19th 2008, 02:52 PM
Hi Willem , Ek hou van jou egtheid . Ek is opgewonde oor jou verhouding met Jesus . Duisend dankies dat jy weer 'n keer die Skrifte wat ek aangehaal kom ondersoek het . Mens kry nie elke dag sulke toegewydheid en opregtheid nie . Soms kom vra mense agterna vrae of kritiseer of bedank jou vir wat jy geskryf het ,sonder dat hulle die minste verwys na die Woord waaruit die gedagtes gevloei het .
Hulle praat met jou asof jy nooit naby die Woord was nie . "Not good "
Die Woord wat die gedagtes en gees rig is baie belangriker as wat geskryf is . Die Woord het Sy eie krag .

Ek waardeer dit baie dat jou vertrek punte almal uit die Woord kom . Dit wys waar jou fokus is .

Ek wil net effens verduidelik op een punt ,naamlik :
Quote:
Originally Posted by Grace Life http://bibleforums.org/images/buttons/viewpost.gif (http://bibleforums.org/showthread.php?p=1864537#post1864537)
Mark 11:25-26 AOV
(25) En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.
(26) Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.

Jy skryf Willem :

"Dis miskien my grootste stryd, om te onthou in die mallemeule van vandag se wereld dat , behalwe vir die voorreg om enige tyd tot God te nader , wat ek net deur genade gekry het , God ook vir my se dat ek moet ook vergewe om net so ook vergewe te word. Gaan saam met die wat se dat sonde 'n muur tussen my en God bou en ek daai sondes moet soek en bely voor ek heilig kan nader tot God "

God het 'n onbeskryflike groot Liefde vir alle mense . God se begeerte is dat jy heilig en sonder enige gebrek voor Hom in liefde moet wees . (Efes 1 :4 ). As mens ander mense nie wil vergewe nie is daar 'n gesindheids probleem in jou hart . Die gesindheid gaan veroorsaak dat jy self ook nie gaan begryp dat God jou vergewe HET deur Jesus Christus nie . Dit veroorsaak dat jy nie vrymoedigheid het in God se teenwoordigheid nie . Hy verwyder jou nie van Hom af nie . Jy self veroorsaak dat jy Hom nie meer kan ervaar as jou Vader nie . Uit liefde vir jou sal die Heilige Gees vir jou wys waar jou gesindheids of harts probleem is . Uit liefde vir God bely jy dit en jou vrymoedigheid voor God gaan weer op soos die helder son . Vergifnis van iemand anders en krag in gebed is baie nou verwant aan mekaar .

Seen vir jou Willem !

Willem
Nov 19th 2008, 08:59 PM
Hi Willem , Ek hou van jou egtheid . !
Dankie as dit so oorkom, maar dis nie van my nie, dit moet HG wees wat dit doen...:pray:... ek het geskrik toe Hy my gewys het dat Hy werklik waaragtig God is en rerig is en nie net in boeke nie... dit maak dit maklik om van ander goed te vergeet en ek wil net weet en leer en Sy wil doen en nie weer wegraak nie.... ek was vir seker op pad om tjop op kole te word:o:cry::help:




God het 'n onbeskryflike groot Liefde vir alle mense . God se begeerte is dat jy heilig en sonder enige gebrek voor Hom in liefde moet wees . (Efes 1 :4 ). As mens ander mense nie wil vergewe nie is daar 'n gesindheids probleem in jou hart . Die gesindheid gaan veroorsaak dat jy self ook nie gaan begryp dat God jou vergewe HET deur Jesus Christus nie . Dit veroorsaak dat jy nie vrymoedigheid het in God se teenwoordigheid nie . Hy verwyder jou nie van Hom af nie . Jy self veroorsaak dat jy Hom nie meer kan ervaar as jou Vader nie . Uit liefde vir jou sal die Heilige Gees vir jou wys waar jou gesindheids of harts probleem is . Uit liefde vir God bely jy dit en jou vrymoedigheid voor God gaan weer op soos die helder son . Vergifnis van iemand anders en krag in gebed is baie nou verwant aan mekaar .

:hmm: weer vasgeval in self wil doen..:blush: i.p.v dankie te se dat ALLES reeds gedoen is en ke net na Hom moet gaan met alles( insluitend my screw-ups en ongehoorsaamheid en vir Hom gee om my te verander )

Dankie vir die Heilig in Liefde, dis die sleutel, ek kan nie self heilig wees nie, maar is reeds in Christus heilig. :pray::pp:pray: nou moet ek net onthou:B .... NEE nou moet ek net glo? dat ek heilig in Jesus is en tot God nader en my sondes bely wat die Gees my van sal oortuig:pp:pp

WEER EENS... wees julle heilig want Ek is heilig ( 1Petrus 1:13-25 )
Die Woord is altyd waar en verskaf altyd antwoorde :pray:

Grace Life
Nov 20th 2008, 08:17 AM
Dankie Willem , Jy stel dit baie akkuraat volgens die Woord . Ja ,dit is verseker die Heilige Gees wat jou daartoe instaat maak . Op hierdie manier is jou toekoms in Hom 'n toekoms waar God Sy Hand oor jou sal hou . Wat HY in jou begin het ,sal HY klaarmaak staan in die Woord geskrywe .


Groete