PDA

View Full Version : Gebed is die antwoord op alles



MercyChild
Nov 15th 2008, 03:22 PM
Hi almal, wil net gou vlugtig deel.

Ek is nie die perfekte mens nie, en maak soms baie verkeerde keuses. Ek het 'n geweldige innerlike stryd gehad om te kies tussen reg en verkeerd. Ek is so nuut in Christus en weet nie altyd of die keuses wat ek maak reg is nie.

Ek het die afgelope week 'n baie moeilike tyd deurgegaan. Het nie altyd iemand gehad om dit mee te deel nie.
Ek het altyd geweet gebed werk, maar was nie seker of ons moet bid oor onnodige klein goedjies is die lewe nie.

Ek het baie mense gehad wat saam met my gebid het, sommer vir baie dinge, en sommige goed was volgens my sommer nietige ou sakies.

Ek het met mense oor die Bybel begin gesels en sommer moedeloos geword, omdat ek nie al die kennis het nie, en ek het gedink dit gaan my 'n leeftyd neem om die Bybel deur te lees.

Wat ek eintlik wil deel, is dat God deur hierdie week elke liewe gebed van my en hulle wat saam gebid het verhoor het. Hoe weet ek dit? Ek was vir twee dae geweldig siek, en het voor keuses te staan gekom waarop ek nie antwoorde gehad het nie. Ek was so siek en moedeloos dat ek niks vir myself kon doen nie, ek kon nie eens behoorlik uit die bed opstaan nie. Ek het besluit dat ek nie net so in die bed kan le nie, en die Woord begin lees. Eers kon ek nie my oe oophou nie, maar ek het aanhou lees. Dit is ongeveer 1 uur terug. Ek is alweer op my voete en doenig op die internet.

Ek wil graag elkeen met die volgende inspireer. As die storms om jou woed, en die winde van omstandighede aanhoudend waai, as dit voel of daar geen uitweg is nie, of as jy antwoorde soek. GOD IS OP DIE TROON!

Deur Gebed en 'n verhouding met die Vader, sal Hy in elke behoefte voorsien. Ek moes leer met eerste handse ondervinding, en is so dankbaar in Hom.

Soms verstaan ons nie die Vader se tydsberekening nie, en ek wou onmiddelike resultate he, maar stelselmatig was my gebede beantwoord en op die regte tyd het God vir my die regte antwoorde gegee.

Kom ons maak soos Paulus ons beveel het: :pray:BID SONDER OPHOU!

paidforinfull
Nov 15th 2008, 04:23 PM
Amen en Amen, Linda. Prys die Here!
Geen gebed of probleem is te klein of te groot vir onse Heer nie.

(Bly om te sien jy is weer hier op die forum doenig - dis gans te stil en vervelig as jy nie hier rond is nie ;) )

Blessings.

CFJ
Nov 15th 2008, 05:08 PM
Dankie Linda, ek sit met trane en lees en besef skielik dat God jou reeds as instrument gebruik. Ek het 'n geweldige groot saak wat ek met iemand moet uitklaar en het geen ander uitweg, as gebed nie. Met die lees van jou getuienis het jy my geÔnspireer om met passie te bid en op God te vertrou. Hier is 'n gedig wat ek in 2002 geskryf het oor God se wil en ons bekommernisse wat soms soveel onnodige stres en drama kan veroorsaak. Mens moet net vertrou en tot my beskaming moet ek vra, hoeveel keer was ek nie al skuldig gewees nie?


U wil

Laat U wil geskied, net U wil
dankie dat ek kan bid
eers dan val alles in gelid
dis so vervelig as ek vra
wat ek nee en wat ek ja
maar as ek U maar net vertrou
dan gee U altyd nou
dit o HERE, is U wil

2 Mei 2002, 3:30

MercyChild
Nov 15th 2008, 06:17 PM
Liewe CFJ

Ek hoop van hart nie dat jy ooit opgehou skryf het nie. Die gedig is regtig pragtig, en daar le soveel waarde daarin. Wat ookal jou saak is, ek bid saam met jou. Dis mos wat ons as Christene moet doen!

Glo dat God jou die antwoord en uitweg sal gee op jou saak!
Sterkte!:hug:

Ta-An
Nov 15th 2008, 06:31 PM
Man meisiekind....
(Ek mag jou maar so noem want ek is oud genoeg om jou ma te wees...)

Jy is darm so oulik :idea:

Mag die Here van die leerskare sy engele opdrag gee om oor jou die waak te hou!! :pray:

Jy is 'n juweel geskik vir die kroon van Jesus :idea:

Ta-An
Nov 15th 2008, 06:35 PM
Linda jy laat my dink aan die liedjie uit my kinderkrans dae.... ek kan nie meer al die woorde onthou nie, maar laat ek probeer....

As Hy weer kom, as Hy weer kom, kom haal Hy Sy pÍrels, al Sy pÍrels fraaie pÍrels vir Jesus se kroon
Ja die kinder gesiggies soos die hemel se liggies..........

En jy prescious kind van die Hemelse Vader,,,, is vir my 'n kosbare pÍrel vir Sy kroon

CFJ
Nov 15th 2008, 06:48 PM
Liewe CFJ

Ek hoop van hart nie dat jy ooit opgehou skryf het nie. Die gedig is regtig pragtig, en daar le soveel waarde daarin. Wat ookal jou saak is, ek bid saam met jou. Dis mos wat ons as Christene moet doen!

Glo dat God jou die antwoord en uitweg sal gee op jou saak!
Sterkte!:hug:

Dankie Linda! Ons beÔnvloed mekaar soms op spesiale maniere en word vir mekaar geleen op besonderse maniere en besonderse tye. Hier is 'n gedig wat ek spesiaal vir iemand geskryf het, omdat sy so impak op my lewe gehad het en vir my as mens op daardie stadium baie beteken het, maar ek kan dit vir jou ook gee, want jy laat my ook aan hierdie vriendin van my dink...



Een uit ‘n miljoen!

Jy, is een uit ‘n miljoen
dis waarmee ek wil versoen
net een, tog net een
dit is die een, aan my verleen

Baie meet op ‘n ander skaal
as hul net kan sien – hoe hulle faal
al is jy fisies tien uit tien
niemand, het dit inelk geval verdien

Maar een skaal, ja net een
die is ‘n skaal wat krag verleen
hierdie skaal – oneindige seisoen
die een van – een uit ‘n miljoen!

12 Mei 2002, 11:45

protea
Nov 15th 2008, 07:13 PM
Linda , dankie vir jou pragtige getuienis! Jy laat my dink aan ons oudste en 3e dogter . Hulle het nie geweet waarvoor om te gaan studeer nie. Hulle maats het gese: Julle is gebore onderwyseresse maar hulle het net viervoet vasgesteek , want Mamma , ouma , oupa en die hele familie aan my kant was in die onderwys... Hulle het nie met genetika rekening gehou nie , sien!;) Nietemin , ek het net vir hulle vir die Here gegee en gese : Here , ek kan nie my kinders in n rigting in dwing nie en sal ook nooit , maar maak U wil aan hulle bekend. Op n stadium was ousus vir almal kwaad behalwe vir Ma , want Ma se dan niks.... Ma bid net:pray: Een Vrydagmiddag het ousus net tuisgekom en gese: Mamma , Suzie het my gevra wat ek gaan swot en toe se ek onderwys .... Moeder se toe so kalm as moontlik : Sus , ek glo jy neem n ingeligde besluit.Maar intussen hop my hartjie soos n bal in my binneste! En sy is vandag n Eng gr 1 en 2 gekombineerde juffrou vandag en baie gelukkig. Dieselfde met klynsis wat dieselfde kursus as ousus gaan loop. Ons is net ouers wat God se wil oor hulle kinders afbid : Nie ons wil nie Here maar U volmaakte wil!:pray: Slegs dan kan ons almal gelukkig wees as ons in U perfekte wil wandel:pray:

MercyChild
Nov 15th 2008, 08:12 PM
Sjoe, dis darem maar "grate" om kind van God te wees. Ek wil dankie se aan elkeen wat my ge inspireer het met hul woorde, en ek weet nou, sou ek iets kort kom, kan ek DIT VAN GOD AF BID. Kom ons bid ook vir mekaar. :pray::pray::pray::pray::pray::pray::pray:

Dis seker vir my die heerlikste gevoel om te sien hoe mense so baie mooi dinge met mekaar deel, en dit omdat DIE VADER ons aan mekaar kleef. Dankie aan al die inspirerende boodskappies. Dis regtig wonderlik om te sien en te ervaar hoe God in elkeen se hart werk. GEBED mense is die ding wat ons sal deurdra. Ons verhouding met GOD is wat ons volkome mens maak!:rofl: