PDA

View Full Version : Die stal en die kudde



David2
Nov 16th 2008, 02:15 PM
Wie is die stal, wie is die ander stal (blykbaar is daar meer as een stal) en wie is die kudde?


Joh. 10:16 "Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder".

marline
Nov 16th 2008, 03:36 PM
Ek haal gou vir jou die verklaring uit die Dakes aan" I have other sheep (Gentiles) which are not of this (jewish) fold. " Lees ook vers 16.

MercyChild
Nov 18th 2008, 03:48 PM
Sjoe, maar hierdie afrikaanse forum maak my geweldig lees. EK is nie seker of my antwoord reg is nie. Ek reken die een stal sal wees vir hulle wat reeds tot redding gekom het, en die ander onbekeerd. Dit is duidelik dat daar twee groepe is. God het in die Woord gese dat Hy nie net vir die Jood gekom het nie maar vir almal.

:blush:Ag ek is net nie so seker nie, help my asb reg as ek verkeerd is, ek brand van nuuskurigheid, die vraag het my ook mooi aan die dink.:hmm:

Die Filadelfieer
Nov 21st 2008, 11:10 AM
Israel se stal en die heiden Christene se stal ?
Wys dit perdalks op die behoud van 'n werklike fisiese Israel ? :hmm:

Goeie vraag hierdie ene David !

Sonia Smit
Nov 21st 2008, 11:23 AM
"..ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie..."

Kan dit dalk nie die Engele wees nie? Dat hierdie stal waarvan Jesus praat die aarde is en die ander stal die hemele is nie?

Een kudde - is dit nie dalk wanneer ons almal by ons Hemelse Vader is saam met die Engele nie?

Eben
Nov 21st 2008, 07:57 PM
Hi David,
Ek is nou nie n kenner van Grieks nie maar soos ek verstaan is die word ander vertaal uit die Grieks allos wat beteken ander van dieselfde soort. Soos ek die vers dan verstaan is daar ander skape wat ook in hierdie stal moet inkom. Die stal dink ek kan dalk kerk wees. Met ander woorde Israel. So hier word gepraat van ander Israelliete wat sal bygevoeg word.
Ek glo nie dat hier van die lede van die Liggaam gepraat word nie. Daar word nooit na die gelowige heidene verwys as skape nie. Dit was deur die geskiedenis altyd Israel wat as skape voorgestel word.
Weet nie of dit reg is nie maar wat s die ander.
Eben

Sonia Smit
Nov 24th 2008, 07:52 AM
Dit maak nogal sin. Maar my vraag, sal dit nou al die Jode wees? Israel is God se uitverkore volk. Waar pas die Jode in? Die Romeine? Die Grieke? Wie is Israel vandag?

Eben
Nov 26th 2008, 07:38 PM
Ek reken dat die Israel wat ons vandag so baie van hoor die Israel is wat die Bybel van praat. Daar kan nie enige twyfel oor wees nie. Hulle is sedert 1948 weer erken as 'n nasie. Dit is een van die tekens, die terugkeer van die Jode. Hulle staan apart van die res van die wreld of die heidene.
Ek glo nie dat hulle almal gered sal word nie maar soos ons lees in Rom 11:5 :
Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade.

Die ander volke soos die Grieke en Romeine maak deel uit van die LIggaam.

Lees Romeine 11 baie mooi. Ek plaas net hierdie vers maar as jy die hele een mooi lees sal jy verstaan.

Rom 11:25 Want ek wil nie h, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;
Rom 11:26 en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;
Rom 11:27 en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem.
Rom 11:28 Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders.

OK meer as een maar dit maak my so opgewonde.
Liefde in Christus
Eben

Ta-An
Nov 26th 2008, 07:52 PM
Ek verstaan so : Die Jode wat Christus aan neem as Messias en Nie Jode wat Chritus aanneem as Messias