PDA

View Full Version : Help asseblief Lanie se "sanity"



Lanie
Nov 20th 2008, 12:17 PM
Asseblief, groot asseblief, help my voor ek van my kop afgaan. :B

Moenie vir my lag nie, maar het iemand dalk raad vir 'n jack russell wat nie ophou blaf nie. Ek vrees huismoles want ek is omtrent 5 minute daarvan af om haar by die DBV te gaan aflaai...

Sonia Smit
Nov 20th 2008, 12:22 PM
As jy die jack russel met water spuit, help dit nie? Nou nie sop water nat nie, maar miskien met 'n water geweertjie of 'n spuit botteltjie?

MercyChild
Nov 20th 2008, 12:35 PM
Wat help vir Jack Russels...............Hmmmmm laat ek dink:hmm:

:idea: :idea: :idea: :idea:Ek gee aan jou my man se huis address en dan laai jy hom maar daar af, ek is vreeslik lief vir Jack Russeltjies.........:pp Ek sal mooi na hom kyk as ek terug is, belowe...........:spin:

Lanie
Nov 20th 2008, 12:41 PM
Moenie my "tempt" nie. Ons kom juis volgende naweek Joburg toe. :lol:

MercyChild
Nov 20th 2008, 12:51 PM
:PJong, wil jy die address he.................................O, nee, my man is 'n politikus in 'n bekende party, en ek is nie so seker of hy op die oomblik eers mooi na my ou worsie kyk nie.

Ander raad het ek ongelukkig nie. Vasbyt is al wat ek kan se(hehe). Ek bedoel jy, nie die hond nie!:rofl: :rofl: :rofl:

Sonia Smit
Nov 20th 2008, 02:02 PM
Blaf die hondjie nog so?

Lanie
Nov 20th 2008, 02:07 PM
Ja jong, ons bly in 'n sekuriteitskompleks en hulle is besig om langs ons te bou. En hier is blou-ape. So sy blaf een stryk deur....ek gaan vir my oorpluisies kry.

Sonia Smit
Nov 20th 2008, 02:16 PM
Ag tog! Ek kan dink dat dit nogal 'n gemors af kan gee! So die water idee gaan ook nie help nie! Jammer...

Die Filadelfieer
Nov 20th 2008, 02:36 PM
http://www.waffennoser.ch/img/glock_17_19_26.jpg

Lanie
Nov 20th 2008, 02:37 PM
Ek dink nou net aan iets...... Baie, baie jare terug toe ons nog dom onnosel was, het ons by 'n ou oom en tannie 'n tuinwoonstel gehuur. Die bure oorkant die pad het 'n hond gehad, ek kan nie eers onthou watse hond dit was nie, maar hy kon verskriklik tjank in die nag. Die ou tannie vertel toe vir ons as honde so blaf moet mens jou skoene wat jy die dag aangehad het onderstebo draai dan sal hulle ophou blaf. Nou wel, een aand toe tjank die hond weer so en Marius draai vir die grap sy skoene om..... en toe's daar doodse stilte. Soos Willem sal sê... ons het 'n sekere deel van ons anatomie afgeskrik en hy het dadelik sy skoene reggedraai.... Freaky!!!! :eek:

Lanie
Nov 20th 2008, 02:45 PM
Ag nee, wragtag Fila.... Sies vir jou, jy't 'n laaitie!!!!

Son of the South
Nov 20th 2008, 06:19 PM
Jaaaa! :rofl:

Ek wil eendag as ek groot is daai middelste ene hê. So, as julle nog nie geweet het wat om vir my te kry vir Krismis nie: helfte kan geldjies saamgooi vir so ene en die ander vir 'n kragopwekker. ;)

MercyChild
Nov 20th 2008, 06:22 PM
Hi Fila :rofl: :rofl: :rofl:

Uitstekende antwoord. Ek sal beslis 'n nota van hierdie een maak. :spin:

Lanie
Nov 20th 2008, 06:27 PM
Julle mense "scare" my. :crazy: Arme Jessie, sy gaan vannag hondjie-nagmerries kry van hierdie ooms en tannies se idees!!!

Ta-An
Nov 20th 2008, 06:28 PM
Ag nee, wragtag Fila.... Sies vir jou, jy't 'n laaitie!!!!
:rofl: :rofl: :rofl: :rofl: :rofl: :rofl: :rofl:

Die Filadelfieer
Nov 21st 2008, 10:28 AM
Ag nee, wragtag Fila.... Sies vir jou, jy't 'n laaitie!!!!

Jaaaaa Lanie, maar hy's nog te klein om die Glock oor te laai. ;)

Willem
Nov 21st 2008, 08:51 PM
:rofl::rofl::hug::cry::rofl::rofl::cry::cry:

Dankie! vanaand gaan ek so lekker slaap.

Fila..................ek het paar jaar terug so oor kat gevoel wat snags vir ons kom serenade het (koffie moer in die tuin as ek reg onthou het het toe gehelp)..... ...........en oppas vir te klein, ek sien vandag my 3+ jarige laatie het mooi uitgewerk hoe om sleutels te draai.... nou is geen kas meer veilig nie....:B:giveup:


Lanie, ja so kom my woorde terug na my... en op daai onderwerp miskien ander raad van ons Cousin , Barry Hilton wat ek eenkeer gehoor het oor honne wat blaf....

Sien, die probleem is die pressure wat jy nodig het om die blaf mee uit te druk... longe moet kan saamspan en lug uitstoot oor stembande.....

Toe se die couz' hy het so probleem gehad en tooe met stukkie strategiese pypie die backpressure van sy woef ge-equalize:rofl::rofl:
nou blaf sy hond so hees hees en kan hy tot reg agter jou sluip en dan so hees hees in jou oor kom fluister blaf:rofl:
Se die criminals het selfs kom kla dat hulle senuwees dit nie meer kan hou nie.........

Son of the South
Nov 22nd 2008, 07:10 AM
...koffie moer in die tuin as ek reg onthou het het toe gehelp...my 3+ jarige laatie het mooi uitgewerk hoe om sleutels te draai.... nou is geen kas meer veilig nie....Neeeee, neeee hou tog nou net op! Wie gaan nou hier kom opdroog? :rofl::rofl::rofl::rofl::rofl:

Was die koffie nog warm toe jy dit met soveel geweld op die kat gegooi het? :lol: Sies, stout, stoppitnounet SoS! Netnou kry ons nog 'n geelkaart vir al die kafpraatjies...

By die vuurwapen opleiding (wat ek moes doen om aansoek te doen vir my lisensie wat ek na 10 maande nog steeds nie het nie :mad:) het hulle vir ons so geleer: Jou wapen moet altyd onder jou direkte beheer wees. Wanneer jy dit in die kluis toesluit, dan is die kluis sleutel jou wapen. M.a.w. die kluissleutel moet opgepas word soos wat jy die vuurwapen self sou oppas en moet altyd 'onder jou direkte beheer' wees. Net so 'on the side'

mari
Nov 22nd 2008, 09:15 PM
My boetie se Jack Daniels help vir blaffende Jack Russels ! :o

Lanie
Nov 23rd 2008, 03:59 AM
My boetie se Jack Daniels help vir blaffende Jack Russels ! :o

Vir my of virrie woef?

Ta-An
Nov 23rd 2008, 04:59 PM
My my of virrie woef? Lanie, jy het nodig om die koek se resep te lees,,,, ek belowe jou dit sal help, hier is die resep ::

Doen gou die moeite om die resep te lees - al het jy geen intensie om die koek te bak nie!


Dis nog nie Kersfees nie, maar hier is solank 'n resep.

MET DIE SEISOEN WAT WEER AMPER OP ONS IS, MOET ONS BEGIN DINK DAARAAN OM TE

BAK!! MAAK SEKER JY LEES DIE METODE :-)

HIER IS DIE MAKLIKSTE RESEP OOIT !!!

KERSKOEK

Bestanddele:

-=-=-=-=-=-

1 koppie water

1 teelepel koeksoda

1 koppie suiker

1 teelepel sout

1 koppie bruinsuiker

Suurlemoensap

4 groot eiers

Neute

1 bottel brandewyn

2 koppies droëvrugte

Metode:

-=-=-=-=-=-

Proe die brandewyn om gehalte te toets. Neem 'n groot mengbak en proe weer

die brandewyn. Maak seker dis die beste gehalte, skink een koppie vol en

drink dit.

Herhaal. Skakel die menger aan. Klits een koppie botter in 'n donsige bak.

Voeg 'n teelepel suiker by. Klits weer. Maak seker die brandewyn is sjteeds

goed. Drink nog 'n koppie ... vir die wis en die onwis. Skakel die menger

af. Breek twee uiers, gooi dit en die droëvrugte by. Tel die vrugte van die

vloer af op. Meng die skakelaar aan. As die droëvrugte in die menger

vassjit, sjkroewedraaier dit losj. Proe die brandewyn vir gifterigheid. Sif

nou twee koppies sout. Of so iets. Wie gee om?? Proe die brandewyn. Sif die

suurlemoensap, dreineer die neute en gooi 'n tafel by. Dan 'n lepel sjuiker,

of sjo ietsj. Wat jy ook al kan kry. Sjmeer die oond. Draai die koekpan 360°

en moenie val nie. Menger die afskakel. Gooie die bak deurrie venster enne

drunkie laasjte brandewyn op. Gekersde Seënfees!!! .

En die blaf vannie honde is "past tense"

mari
Nov 23rd 2008, 07:51 PM
Vir my of virrie woef?

dis bleikbaar vir jou om uit te figure.......

... maar hou maar bietjie eenkant virrie koek as An se brannewyn dalkies opraak ......


:rofl: