PDA

View Full Version : Inligting Jesus se grafkleed



marline
Nov 20th 2008, 01:47 PM
Die feit dat Jesus die doek wat om sy kop was opgevou het is op twee uiteenlopende maniere verduidellik.

1. Volgens Joodse gebruik het 'n gas sy Taliet op 'n seker manier gevou as hy die gasheer se gasvryheid onaanvaarbaar gevind het. Jesus het die doek op die manier gevou om aan te dui dat Hy die graf nooit weer sou besoek nie.
2. Jesus het die doek gevou om aan te dui dat Hy weer kom.

Dit is seker nie van kardinale belang nie, maar waarom die twee verklarings? Of weet niemand regtig nie, en is dit weereens persoonlike opinies?

Eben
Nov 23rd 2008, 07:30 PM
Ek weet regtig nie waar dit in die Bybel staan van die doek wat so gevou is nie. Ek het nog nooit daarvan gehoor nie. Sal graag wil hoor waar dit staan.
Liefde groete
Eben

Willem
Nov 23rd 2008, 07:59 PM
Hello Eben en welkom hier.
Ek dink dit is met verwysing na:
Joh 20:4 En die twee het saam gehardloop, en die ander dissipel het vooruit gehardloop, vinniger as Petrus, en eerste by die graf gekom.
Joh 20:5 En terwyl hy neerbuk, sien hy die doeke lę; maar hy het nie ingegaan nie.
Joh 20:6 Toe kom Simon Petrus agter hom aan en gaan in die graf en sien die doeke lę;
Joh 20:7 en die doek wat op sy hoof was, sien hy nie by die doeke lę nie, maar opgerol op een plek afsonderlik.

DANKIE E-SWORD

Ta-An
Nov 23rd 2008, 08:25 PM
Indien jy verwys na 'n e-pos wat die rondtes doen,,,, gaan lees hier : http://www.truthorfiction.com/rumors/f/folded-napkin.htm

Alhoewel mens nogals graag sal wil weet hoekom die doeke op 'n sekere manier daar geplaas is... kyk selfs na die verskillended vertalings verskille :idea:

Eben
Nov 25th 2008, 01:14 AM
Die een verklaring wat ek gelees het is dat die kleed eintlik net so gelę het soos dit om Sy liggaam was. Die kopdoek was in die vorm van 'n "turban" gewees en die het soo in die vorm gelę.
Dit sluit aan by vers 8 wat sę:
Joh 20:8 Daarop het ook die ander dissipel wat eerste by die graf gekom het, ingegaan, en hy het gesien en geglo.
Dit was nie nodig dat die kleed losgemaak moes gewees het nie, Jesus het deur die kleed beweeg. Nie soos Lasurus in Hoostuk 11 nie:
Joh 11:44 En die oorledene het uitgekom, aan hande en voete met grafdoeke gebind, en sy gesig was toegedraai met ‘n doek. Jesus sę vir hulle: Maak hom los en laat hom gaan.

Weet nie maar vir my klink dit reg.
Liefde in Christus
Eben