PDA

View Full Version : Issak was deur Rebekka en Jakop om die bos gelei, was dit verkeerd in die oŽ van God?



RR van Wyk
Nov 21st 2008, 08:20 AM
In Genesis 27 lees ons hoe Rebekka en Jakop vir Issak kul, deurdat Jakop homself as sy broer voorhou om sy pa se seŽn te kan ontvang.
Dit laat nogal baie vrae ontstaan vir my...

God was lief vir Jakop, maar Sy gevoel teenoor Esau was 'n ander storie. Issak, hulle pa was 'n man van God. Sou God maar net Rebekka en Jakop laat wegkom daarmee?

Die seŽn wat op Jakop uitgespreek was, het later gerealiseer, sy nageslag was taamlik voorspoedig(die seŽn wat vir Esau bedoel was)

Toe Esau en sy pa uitgevind het dat hulle gekul was, was hulle natuurlik baie ongelukkig. Esau het sy pa gesmeek om vir hom tog ook te seŽn.
Issak was baie lief vir Esau, juis hoekom ek ook nie kan verstaan hoe Issak so 'n ongunstige seŽn oor Esau kon uitspreek.

Nog voor die geboorte van Jakop en Esau, het God aan Rebekka gesÍ dat sy gaan geboorte skenk aan twee verskillende volke, dat die een sterker gaan wees as die ander en dat die oudste onderdanig gaan wees aan die jongste. Dit was later vervul.

Sou God toelaat dat Issak om die bos gelei word net om bogenoemde te vevul?

Ek hoop enigiemand kan hierop uitbrei en inset daarop lewer.

Willem
Nov 21st 2008, 08:31 PM
Hi RR,
***
Nog voor die geboorte van Jakop en Esau, het God aan Rebekka gesÍ dat sy gaan geboorte skenk aan twee verskillende volke, dat die een sterker gaan wees as die ander en dat die oudste onderdanig gaan wees aan die jongste. Dit was later vervul.

Sou God toelaat dat Issak om die bos gelei word net om bogenoemde te vevul?

Ek hoop enigiemand kan hierop uitbrei en inset daarop lewer.
***
Ek verstaan dat God alles weet en dit beteken ook dat hy reeds weet wat ek gaan doen oor 20 jaar ( as ek dan nog hier is :hmm:), so ek verstaan dat Hy reeds geweet het wat sy gaan doen en besluit.

Dat hy goed toelaat is verseker, Ons het vrye keuse of ons glo dat Christus die Seun van God is of nie, of ons Hom as Verlosser wil aanneem of nie. ( Tip vir enige iemand wat nog nie besluit het nie, dis BAIE GOEIE BESLUIT ;), die alternatief is hel :eek:)

So Hy het bloot gese wat Hy reeds geweet het gaan gebeur en nie toegelaat dat Isak om bos gelei word net om die profesie te vervul nie.DIS ALWETEND.....

Wat amazing is, is dat God vrye keuse vir elke een gegee het en met elke liewe besluit wat elke een van ons elke dag neem en ons mind kan change ( soos net die vroulike geslag kan :):hug:) weet Hy nog steeds reeds alles met al daai miljone der biljoene moontlike besluite en gevolge wat elke oomblik van elke dag afspeel..........:pp:pp:pp

Ons Vader wat in die Hemel is is waaragtig GOD!

RR van Wyk
Nov 22nd 2008, 05:38 AM
Dankie Willem, dit is 'n uitstekende antwoord en help my baie!!

Elke persoon het sy eie vrye wil en Rebekka en Jakop het hul vrye wil toegepas in hierdie opsig. God het toegalaat dat hulle hul eie besluit neem.

Ek sien dit wat hulle gedoen het egter as sonde en hulle moes tog sekerlik aan die einde aanspreeklikheid aanvaar het daarvoor.

Dankie, dit maak nou so bietjie meer sin!! :)

Sonia Smit
Nov 24th 2008, 07:44 AM
Hi RR,

Baie keer gee God ons eintlik waarskuwings. Ek dink dit was dalk in 'n mate 'n waarskuwing aan Rebekka gewees, dat God eintlik vir haar gesÍ het dat dit aan haar toedoen gaan wees dat dit sal gebeur. En tog het dit so gebeur. Rebekka het eintlik toegelaat dat daar onmin tussen die twee broers ontstaan het. Ons doen dit ook partykeer. God gee vir ons waarskuwings, hetsy in drome of in verse in die Bybel, en dan kan ons kies wat ons met die inligting wil maak.

Ons sien in die stuk dat Isak nie dadelik geglo het dat Jakob Esau is nie, want hy het hom aan sy stem uitgeken, maar tog toe Isak aan Jadob vat het hy gevoel dat dit Esau is, weens die harigheid aan sy hande en nek. Ons moet ook in gedagte hou dat Isak nie baie goed kon sien nie.

Isak het getwyfel, maar het bewys nodig gehad om te glo dat Jakob Esau is. Doen ons dit nie ook nie? Dit wat ons nie kan sien nie, wil ons eers bewyse hÍ want ons twyfel daarin? En dan kry ons valse bewyse wat ons om die bos lei en dan maak ons die verkeerde besluit? Hoe maklik is dit vir Satan om ons om die bos te lei?