PDA

View Full Version : Benodig raad "Aangesig"



Ta-An
Nov 21st 2008, 03:43 PM
Gee my bietjie 'n mooi Afrikaanse woord vir "Aangesig" ;) soos in Numeri 6:24 Die HERE sal jou seŽn en jou behoed;

25 die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;

26 die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.

Ta-An
Nov 21st 2008, 04:24 PM
En hier ook 2 KorinthŽrs

4:6 Want God wat gesÍ het dat daar uit duisternis lig moet skyn--dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.

MercyChild
Nov 21st 2008, 04:32 PM
:confusedSjoe ek het nou al oral rond gekrap en gekyk, ek kry net nie 'n meer gepaste woord nie. Die verklaring daarvan is om te verskyn of oor ons te skyn, maar verder kan ek glad nie help nie............

Jammer:dunno:

paidforinfull
Nov 21st 2008, 04:40 PM
Haai A:

Sover ek weet kan die alleenstaande woord 'Aangesig' eintlik nie met 'n ander woord vervang word nie (miskien net 'gesig'), maar

'Aangesig oor jou laat skyn' beteking seen (bless).

My Afrikaans is nou nie sooooo goed nie, en dis al waaraan ek kan dink.

Lekker dag, en mag God se Aangesig oor jou skyn :)

Willem
Nov 21st 2008, 08:37 PM
Hi ACCM,

Beknopte varkalrende wooordeboek se:

aan'gesig, -te. gesig; Teenwoordigheid van God;van ~tot~ , persoonlik, privaat; iemand met twee~te, 'n vals persoon

ek het baie gedink en die teenwoordigheid van God is naaste wat ek self dit as verstaan; ander woord..... sal nuwe ene moet wees:idea:

Son of the South
Nov 22nd 2008, 07:36 AM
Gee my bietjie 'n mooi Afrikaanse woord vir "Aangesig" ;) soos in Numeri 6:24 Die HERE sal jou seŽn en jou behoed;

25 die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;

26 die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.In Die Bybel met verklarende aantekeninge (1958) sÍ hulle by hierdie gedeeltes: " ...die aangesig van die Here is Sy persoonlikheid wat tot die mens gerig is."

Vers 25 en 26 kan dan vir my net so wel lees: "Die HERE sal sy goedheid vir jou wys en...". So kan mens enige een van God se karaktereienskappe invervang, maar dit sal nie die volle betekenis van Sy persoonlikheid weergee nie. :hmm:

paidforinfull
Nov 22nd 2008, 10:48 AM
In Die Bybel met verklarende aantekeninge (1958) sÍ hulle by hierdie gedeeltes: " ...die aangesig van die Here is Sy persoonlikheid wat tot die mens gerig is."

Vers 25 en 26 kan dan vir my net so wel lees: "Die HERE sal sy goedheid vir jou wys en...". So kan mens enige een van God se karaktereienskappe invervang, maar dit sal nie die volle betekenis van Sy persoonlikheid weergee nie. :hmm:

Ag, hierdie is so pragtig - ek hou daarvan.
Dankie.

David2
Nov 22nd 2008, 11:23 AM
Ta-An
Ja, dit gaan oor die persoon van Jesus Christus.
Paulus was 'n nederige man. Sy bediening het nie gegaan oor 'n "Fan-club" wat hy vir homself op die been gebring het nie. Baie swak persone se lewe bestaan daaruit om hulle te skaar by 'n sterk of beroemde persoon en baie sterkes misbruik hierdie tendens om vir hulleself 'n koninkryk op te bou. Paulus was hiervan bewus en het dit vermy.

Nee, sÍ Paulus, God het in ons bedeling met 'n geweldige wonderlike nuwe openbaring vorendag gekom. Hy wat Paulus is neem nie krediet vir die groot nuwe verlossingswaarheid wat hy verkondig het nie. "Want God wat gesÍ het dat daar uit duisternis lig moet skyn-dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God ..." En hierdie groot waarheid wat Paulus tot in die uithoeke van die bekende wÍreld geneem het, gaan net oor Een Persoon, Jesus Christus. Dit is sy aangesig of persoon wat dit alles geskep, aan ons bedien, en tot op die laaste dag in stand sal hou. Jesus Christus is die "aangesig" wat God vir hierdie wonderbare groot evangelie gegee het.

In die kleinere weet ons ook dat groot maatskappye gewoonlik 'n gesig probeer koppel aan hulle naam en reeks produkte. Maar Jesus Christus se aangesig is nie net gekoppel aan die genade-boodskap van ons dispensasie nie, Hy is baie meer. Hy is die Formeerder, draer, bedienaar en ook die voleinder daarvan.

Ta-An
Nov 22nd 2008, 07:31 PM
David..... amper dog ek jy kan my gedagtes hier lees ;)

Vir my het dit te doen met die kennis oor die heerlikheid (glory) van Jesus Christus .... en daardie kennis wat 'n lig in ons harte is ....:hmm: en dan die genade (goekeuring) wat ons in G_d se oŽ vind omdat ons oor hierdie kennis beskik...?? :hmm:


Ek is besig om die Aaronic Blessing in Afrikaans oor te skryf.... 'n vertaling en ook 'n interpretasie....

Veral as mens ook kyk na die eerste reÍl daarvan, ,,, wat die woord seÍn betken.... en bewaring.... soveel meer as net die geskrewe woord!!