PDA

View Full Version : Het bye 'tande'?



protea
Nov 23rd 2008, 12:39 PM
Aan die kuierkant van ons huis het ons werklik n probleem met n klein swermpie bye wat by n luggat onder die vloer ingekruip het en toe daar nes gemaak het. En verlede Saterdagaand 8uur toe al die bye 'gedoek' en 'gebottel' is toe verf ek om al die luggate om die huis en 'plak' n plastiekgaas op al die luggate en verf dit goed vas sodat dit kan droogword na Sondag. (Ek het gedink dis meer omgewingsvriendelik as gif!) Sondagoggend op pad kerk toe , toe sien ek my plan werk baie goed , maar onder kerktyd , moes hulle n manier gekry het om n GAT daarin te maak en toe ons tuis kom , toe in-en-uit hulle weer tog te gesellig ... Nou is my probleem nog nie opgelos nie.... Wie het raad daarvoor?:help: My man se dat bye tot n gaatjie deur hout kan vreet in n korf waarvan die opening te klein is vir hom om deur te kruip. Moes ek die gaasgedeelte ook toegeverf het aanvanklik?

Lanie
Nov 23rd 2008, 01:55 PM
Protea,

Kry 'n byeboer... Hulle kom na jou huis toe en lok die bye weg. Moet asseblief nie gif spuit nie....

protea
Nov 23rd 2008, 04:06 PM
Lanie , omdat ek so allergies is vir bye, het ek vir Hubby gese dis nou een ding waarmee ek hom NIE op die plaas gaan help nie. Daarom het hy toe die bye deel aan n bye boer verhuur en die plaas is vol korwe. Die bye is al weggelok maar hulle kom net weer terug. En omdat dit so n klein swermpie is , het ek baie sinistere bedoelings met hulle...:cry: Dis nou hulle of ek...

CFJ
Nov 23rd 2008, 04:19 PM
protea,

Ek weet regtig nie of bye tande het nie, maar miskien kan jy iemand vra wat al 'n bekgeveg met 'n by gehad het, so een sal weet of 'n by kan byt... :lol:

CFJ
Nov 23rd 2008, 04:27 PM
Toe ek klein was, was my beste vriend vir 'n lang ruk, 'n Damara, sy naam was Maleagi gewees. Hy het altyd vir my gesÍ dat 'n by byt en dan wys ek hom daarop 'n by steek, hy byt nie. "Nee", het hy dan bevestigend gesÍ, "'n by, hy byt!". Dan vra ek hom, nou hoe byt hy Maleagi? "Met die g..:blush: sam", het hy geantwoord... :) :D

protea
Nov 23rd 2008, 08:01 PM
:lol: Ek weet nie of bye WEET wie allergies is nie ,maar hulle soek my bloed en tussen n hele groep , het die een by die ander dag om die hoek kom zirts en my kom steek. Ek was glad nie eers die agitator met die blik gif innie hand nie...:(

Die Filadelfieer
Nov 24th 2008, 06:16 AM
Ek het ook al gesien hoe 'n swerm bye deur hout, en selfs sement en bakstene 'n gat maak, so ek neem aan hulle het dalk baie skerp bekkies om dit mee te kan doen. Glo nie hulle het "tande" nie. Ek sal vir die Biologie onnie wat daar by my bly gaan vra.

Die Filadelfieer
Nov 24th 2008, 06:23 AM
Volgens hierdie prentjies wil dit voorkom asof bye perdalks wel tande het :


http://school.discoveryeducation.com/clipart/images/bee_color.gif




http://www.dvdrama.com/imagescrit/bee_movie_haut1.jpg

Sonia Smit
Nov 24th 2008, 07:58 AM
Omdat bye mos gewoonlik in 'n kolonie is, het hulle nie spesifieke werkers wat die gat-grawe ding doen nie?

protea
Nov 24th 2008, 11:44 AM
Dan was my vraag glad nie so vergesog soos ek gedink het nie... Fotos verskaf die wetenskaplike 'bewyse' dat bye tande het. Nou weet ons almal. :bounce:Dankie Fila!