PDA

View Full Version : Vrede vir die huis



Willem
Nov 23rd 2008, 08:16 PM
Sommer net gou vraag wat ek al lankal oor wonner:
Luk 10:5 En in watter huis julle ook al mag ingaan, s eers: Vrede vir hierdie huis!
Luk 10:6 En as dr n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer.

Is dit iets wat mens vandag nog kan doen? Want Sy vrede , as dit dieselfde is, is ....................net God kon die hartseer van my ma se dood in 'n oogwink vervang met Sy vrede wat Hy gee:amen::yes:

As ek daai vrede vir mense kan gee, wow wat 'n voorreg:pp
Nou wonner ek of dit raad van God is wat ons kan gebruik deur vir mense so te groet as ons by hulle kom i.p.v "Hallo"

Sonia Smit
Nov 24th 2008, 07:22 AM
Hi Willem,

My man groet baie mense so in plaas van hallo of bye. Jy sal nogal verbaas wees hoe mense partykeer op dit reageer, en glo my jy kry ook baie positiewe reaksies by mense (dit was ons ondervinding).

Willem
Nov 25th 2008, 10:49 PM
Dankie Sonia,

Miskien sal dit ook geleentheid gee om te getuig eendag en sal mense dan weet en onthou , jy is ernstig oor Jesus? Sold out? oorgegee.... in alles?

MercyChild
Nov 26th 2008, 08:31 PM
Hi Willem

Dit was 'n wonderlike gedagte wat jy vorendag gebring het, sit mens nogal aan die wonder. Ek gaan hierdie woorde beslis op die proef stel!;)