PDA

View Full Version : Verklarende Bybel



Lanie
Nov 24th 2008, 12:12 PM
Kry mens nog 'n ordentlike verklarende Bybel in die AOV te koop? Ek het tot nou nog net die Bybel in Praktyk gehad. Ek kyk ook na die ESV se nuwe studiebybel (al sukkel ek maar bietjie as die Brits te ingewikkeld raak) maar sukkel om dit hier in die middel van nrens op te spoor en kalahari is nie behulpsaam nie. Ek voel dis tyd dat ek bietjie my horisonne verbreed.... :D Wat sal julle aanbeveel?

Phil Fourie
Nov 24th 2008, 12:38 PM
John MacArthur se Study Bible, gebasseer op die NKJV vertaling. Werklik baie goed en ek kan dit vir jou met vrymoedigheid aanbeveel. Ongelukkig in Brits, maar dit is nie moeilik verstaanbaar nie en lees lekker saam met die Ou Afrikaanse Vertaling ;)

Groete
Phil

Lanie
Nov 24th 2008, 01:08 PM
Dankie Phil, ek sal gaan soek as ons Johannesburg toe gaan vir kerstyd. Ander sal ek dalk maar op boetie Anton se knoppie moet druk...;)

Phil Fourie
Nov 24th 2008, 01:30 PM
CUM behoort hom te he Lanie ;)

Son of the South
Nov 24th 2008, 02:05 PM
Ek is in 'n baie bevoorregte posisie om Die Bybel met verklarende aantekeninge (1958) te h. Ek het dit so 10 jaar terug by 'n pastoor vriend geruil vir 'n Bybel in Praktyk. Behalwe dat die Bybel in Praktyk op die nuwe vertaling gebasseer is (en ek toe reeds verlief was op die ou vertaling) het ek ook gefrustreerd geraak omdat dit nie bevredigende antwoorde op my vrae (op daardie spesifieke stadium oor die Heilige Gees) gebied het nie. Ek dink nog steeds ek het die beter deel van daardie transaksie gekry. Miskien loop mens nog van hulle raak waar hulle op iemand se rak stof opgaar? Dit bestaan uit drie sulke groot swart bundels.

Die Filadelfieer
Nov 24th 2008, 02:13 PM
Die enigste goeie ding wat ek van my kopie van die Bybel in Praktyk kan s is dat dit 'n pragtige leer omslag het. Ek stem saam met Phil wat die Mcarthur Study Bible betref (kyk dat dit die KJV is !), en dan natuurlik die Thomson's Chain Reference Bible (KJV) as jy DIEP wil ploeg.

SOS, jy is baie gelukkig om nog 'n '58 Verklarende Bybel te kan h....stel jy belang om te ruil vir my eersgeborene ?

CFJ
Nov 24th 2008, 03:00 PM
Ek is in 'n baie bevoorregte posisie om Die Bybel met verklarende aantekeninge (1958) te h. Ek het dit so 10 jaar terug by 'n pastoor vriend geruil vir 'n Bybel in Praktyk. Behalwe dat die Bybel in Praktyk op die nuwe vertaling gebasseer is (en ek toe reeds verlief was op die ou vertaling) het ek ook gefrustreerd geraak omdat dit nie bevredigende antwoorde op my vrae (op daardie spesifieke stadium oor die Heilige Gees) gebied het nie. Ek dink nog steeds ek het die beter deel van daardie transaksie gekry. Miskien loop mens nog van hulle raak waar hulle op iemand se rak stof opgaar? Dit bestaan uit drie sulke groot swart bundels.

Ek is self gelukkig om so stel te kan h, maar mens kry hierdie stelle redelik maklik in die hande. Meeste mense wat by ons adverteer hiervoor, spoor dit betreklik maklik op.

Ta-An
Nov 24th 2008, 05:28 PM
SOS, jy is baie gelukkig om nog 'n '58 Verklarende Bybel te kan h....stel jy belang om te ruil vir my eersgeborene ?FILA!! :B
Ek hoop jy verwys na jou eerste Bybel en nie jou eersgeborene soos jy s nie.... dit klink baie soos 'n pop lensiesop die :o

Lanie
Nov 24th 2008, 05:45 PM
Ek is self gelukkig om so stel te kan h, maar mens kry hierdie stelle redelik maklik in die hande. Meeste mense wat by ons adverteer hiervoor, spoor dit betreklik maklik op.

Waar adverteer ek?

CFJ
Nov 24th 2008, 06:30 PM
Waar adverteer ek?

Lanie,

My eie stel het ek sommer in 'n plaaslike koerantjie voor ge-adverteer. Ander mense wat ook wou weet hoe ek myne gekry het, het toe dieselfde gedoen en elke een waarvan ek weet, het reggekom. Probeer in jou plaaslike koerant en as jy meer as een stel kry, laat weet my, want ek sal graag nog 'n stel wil kry. Soos SOS geskryf het, dit is 'n stel van 3 boeke en is genommer, deel 1, deel 2 en deel 3. Dis 'n swart omslag en lyk basies soos ons normale swart Bybel.

Die Filadelfieer
Nov 25th 2008, 06:32 AM
Nee jitte Ferdi, hier by ons is dit so skaars soos hoendertande (of is dit nou bytande ? ) , ek het al tevergeefs probeer om so 'n stel in die hande te kry. :cry:

Phil Fourie
Nov 25th 2008, 07:09 AM
Kom ek vind vir julle uit, dan laat weet ek julle, ek het goeie connections ;)

Maar ja, my geld is nogsteeds op die MacArthur en in NKJV is hy fine

Lanie
Nov 25th 2008, 07:54 AM
Kom ek vind vir julle uit, dan laat weet ek julle, ek het goeie connections ;)

Oeeeeeee, jy sal my dag, week, maand en jaar maak...

(My tannie-hulle het 'n stel maar wil nie byt om te verkoop nie - (al staan dit al vir jare op die boekrak en stof vergaar...)

CFJ
Nov 25th 2008, 08:37 AM
Nee jitte Ferdi, hier by ons is dit so skaars soos hoendertande (of is dit nou bytande ? ) , ek het al tevergeefs probeer om so 'n stel in die hande te kry. :cry:

Ek sal weer hier by my rond adverteer... en dalk, net dalk, kry iemand 'n krimisboks... :D

Die Filadelfieer
Nov 25th 2008, 08:53 AM
Ek sal weer hier by my rond adverteer... en dalk, net dalk, kry iemand 'n krimisboks... :D


Dit sal inderdaad 'n groot persent wees Ferdi. Jy moet laat weet van die advertensie en ander kostes sodat ek dit sommer in jou rekening kan inbetaal.

Ta-An
Nov 25th 2008, 09:08 AM
Laat weet maar hoeveel julle kry :idea:

CFJ
Nov 25th 2008, 11:09 AM
Dit sal inderdaad 'n groot persent wees Ferdi. Jy moet laat weet van die advertensie en ander kostes sodat ek dit sommer in jou rekening kan inbetaal.

Ek s jou wat, as ek so stel kry, dan ruil ek hulle vir die crocs wat daar by jou l..., dit kos jou niks, behalwe vir 'n paar crocs, sulke groenes, onthou jy... :idea:

Die Filadelfieer
Nov 25th 2008, 11:18 AM
Ek s jou wat, as ek so stel kry, dan ruil ek hulle vir die crocs wat daar by jou l..., dit kos jou niks, behalwe vir 'n paar crocs, sulke groenes, onthou jy... :idea:

Jy sal my nie glo nie, maar jou crocs l nog net so op die tafeltjie soos jy dit gelos het....maar dit is sulke lelike skoene ek het gedink jy het dit moedswillig daar gelos ! :D

Phil Fourie
Nov 25th 2008, 12:16 PM
Dit sal inderdaad 'n groot persent wees Ferdi. Jy moet laat weet van die advertensie en ander kostes sodat ek dit sommer in jou rekening kan inbetaal.

Ek het sy rekeningbesonderhede as jy dit wil he :saint:

Dit is Phil F ........................ :lol:

CFJ
Nov 25th 2008, 12:20 PM
Jy sal my nie glo nie, maar jou crocs l nog net so op die tafeltjie soos jy dit gelos het....maar dit is sulke lelike skoene ek het gedink jy het dit moedswillig daar gelos ! :D

Ruik hulle nog oraait.... :hmm:

Ta-An
Nov 25th 2008, 02:57 PM
Ek kom nou net van CUM en Gospel Direct af... hulle het nie eens 'n cooking clue waarvan ek praat toe ek hierna vra nie :rolleyes:

By Gospel Direct s een so ewe vir my... We don't sell Old translation Afrikaans Bibles... en daar staan dit lewensgroot op die rak :eek:

Wel CUM gee Sondag -25% afslag op jou aankope..... as jy op Sondag shop..

Lanie
Nov 25th 2008, 03:19 PM
Wel CUM gee Sondag -25% afslag op jou aankope..... as jy op Sondag shop..

:eek: - Wat sou oupa Moses nie daarvan te s gehad het nie....:lol:

Roelof
Nov 25th 2008, 03:31 PM
Lanie

e-Sword op die Internet het 'n pragtige stel gratis "Commentaries" wat jy kan aflaai en stoor. Ek het hulle almal.

Dan gebruik ek ook die Life Application KJV weergawe, New Spirit Filled Life Bible in NKJV weergawe

Ongelukkig vertrou ek nie die 1983 Afrikaanse weergawe nie en het dus geen Afr Studie-Bybel nie

Die Filadelfieer
Nov 26th 2008, 11:17 AM
By Gospel Direct s een so ewe vir my... We don't sell Old translation Afrikaans Bibles... en daar staan dit lewensgroot op die rak :eek:



Dit is nou vir jou klientediens hoor ! ;)
Ek kom agter dat Afrikaans al hoe meer gedemoniseer word in hierdie landjie van ons, by party instansies wil hulle jou skaars help as jy Afrikaans praat.


Ferdi,
Ter will van ons vriendskap : Ja. Soos vars geplukte daisies.

marline
Dec 9th 2008, 04:35 AM
Ek stem saam met Phil wat die Mcarthur Study Bible betref (kyk dat dit die KJV is !), en dan natuurlik die Thomson's Chain Reference Bible (KJV) as jy DIEP wil ploeg.

Ek het die "Dake Annotated reference Bible KJV". Sou jy se die Thomson's sal 'n aanvulling tot hierdie studie bybel wees. Ek sou nie graag 'n Bybel koop wat dieselfde as die Dake's is nie.

CFJ
Dec 9th 2008, 01:00 PM
Ek het die "Dake Annotated reference Bible KJV". Sou jy se die Thomson's sal 'n aanvulling tot hierdie studie bybel wees. Ek sou nie graag 'n Bybel koop wat dieselfde as die Dake's is nie.

Marline,

In my eie ondervinding is die Thomson's Chain Reference Bible in 'n klas van sy eie. Dit is verseker een van die heel beste studie Bybels beskikbaar, omdat dit suiwer gaan oor verwysings en kruisverwysings van tekse en gedeeltes oor amper elke denkbare of relevante onderwerp, daarom die naam, "Chain Reference Bible". Daar is geen kommentaar wat gelewer word deur die skrywer nie en Skrif word deur hierdie verwysings metode gebruik om Skrif te verklaar.

marline
Dec 9th 2008, 01:22 PM
Dankie CFJ, Ek dink my volgende studie Bybel sal die Thomson's wees. Ek het bietjie gaan Google, en die naslaan Bybel lyk werklik interressant. Ek sien Loots verkoop dit, het nog nie by cum gekyk nie. Sal bietjie daar gaan draai.

marline
Dec 11th 2008, 02:33 PM
Ek gaan toe Cum boeke toe vandag, en kry vir my die ESV Study Bible. Saam met die Bybel kry ek toe 'n kode waar ek dit op my rekenaar kan aflaai ook. Ek is baie in my skik daarmee, nog nie baie in diepte ingegaan nie, maar so vinnig lyk dit my ek gaan hom nog baaaaie gebruik.:pp