PDA

View Full Version : Ma se laaste preek......

mari
Nov 24th 2008, 07:31 PM
GENADE

Genade is altyd 'n eenrigtingstraat van God na die mens.

Dit het niks met 'n wisselwerking te doen nie, dit is altyd 'n onverdiend en dit bly steeds 'n verrassing.

Dit is altyd God wat na ons uitreik, God wat Sy Liefde vir ons kom aanbied.

Ons is vir hom kosbaar, s Hy, ons naam is in sy handpalm gegraveer, wie aan ons vat, vat aan Sy oogappel!

Omdat Sy gende vir ons eindeloos is, stuur hy sy enigste Seun om ins ons plek aan die kruis te sterf, om in ons plek vir die sonde te betaal.

dit is genade in 'n neutedop :

JESUS STERF, SODAT JY KAN LEWE !!

En hierdie genade kry ons heeltemal gratis, ons kan dit maar net in dankbaarheid aanvaar en op ons beurt weer God se genade deurgee aan die mense wat ons lewenspad kruis.

----- Nina Smit -----

..... dit was my ma se versoek dat hierdie aanhaling op haar begrafnis program gedruk moes word....... en dit was die lewe wat sy gelei het en die boodskap wat sy uitgedra het..........

...... sy genade is vir ons genoeg........ ons genade behoort aan ons medemens dieselfde te weerspieel.......

..... sy kon net nie veroordeel nie, maar het ou Katrina in die kombuis en haar skoonma met dieselfde genade hanteer as ons, haar kroos....... die dominee en die tuinman het dieselfde glimlag en 'n koppie tee met tuisgebakte beskuit gekry...........

..... vandag mis ek haar spesiaal, want mre haar tweede verjaardag by Jesus....... sy sou 71 gewees het..... vir iemand wat op 35 vir die eerdte keer met kanker gediagnoseer is...... en dit daarna nog drie keer oorwin het, en eers die stryd verloor het op 69......... weet sy waarvan sy praat as sy "genade" aanhaal.....

..... 'n paar dae voor haar dood was dominee by haar bed by die huis om ons moet in te praat........ so in sy simpatieke gepreek maak sy hom stil en lig haar uitgeteerde arms in twee vuisies op..... " dominee, in di hand is liefde, en in di hand is genade, en dis al " ...... die dominee het nie verder gepreek nie - eers weer op haar dankseggingsdiens haar woorde weer aangehaal..............

haar verlangende, dankbare dogter
m

MercyChild
Nov 24th 2008, 09:34 PM
Hoe geseend is hierdie woorde sover ek lees. Genade geskenk aan jou dat jy mag weet dat jou ma as 'n gelowige in Christus gesterf het.

Die verlange is soms swaar, en my gebed is dat God self elke traan sal kom afvee wat jy agv verlange stort. Die gemis is soms groot, maar mag God jou nader trek in hierdie uur!:hug:

protea
Nov 25th 2008, 06:11 AM
Mari , DANKIE vir jou pos! Jou mamma se laaste preek is voorwaar die hele Evangelie! Ons as mens wil so graag iets DOEN om redding te verkry ,maar God se genade is n geskenk aan die mensdom en hoeveel van ons wil dit aanvaar en hoeveel wil dit 'verdien'? Dis elkeen se keuse. Ek glo julle het net die mooiste herinneringe aan jou mamma! :hug:

Willem
Nov 25th 2008, 11:07 PM
GENADE

Genade is altyd 'n eenrigtingstraat van God na die mens.

Dit het niks met 'n wisselwerking te doen nie, dit is altyd 'n onverdiend en dit bly steeds 'n verrassing.

Dit is altyd God wat na ons uitreik, God wat Sy Liefde vir ons kom aanbied.

Ons is vir hom kosbaar, s Hy, ons naam is in sy handpalm gegraveer, wie aan ons vat, vat aan Sy oogappel!

Omdat Sy gende vir ons eindeloos is, stuur hy sy enigste Seun om ins ons plek aan die kruis te sterf, om in ons plek vir die sonde te betaal.

dit is genade in 'n neutedop :

JESUS STERF, SODAT JY KAN LEWE !!

En hierdie genade kry ons heeltemal gratis, ons kan dit maar net in dankbaarheid aanvaar en op ons beurt weer God se genade deurgee aan die mense wat ons lewenspad kruis.

----- Nina Smit -----

..... vandag mis ek haar spesiaal, want mre haar tweede verjaardag by Jesus....... sy sou 71 gewees het..... vir iemand wat op 35 vir die eerdte keer met kanker gediagnoseer is...... en dit daarna nog drie keer oorwin het, en eers die stryd verloor het op 69......... weet sy waarvan sy praat as sy "genade" aanhaal.....

:cry: dis nou net oor jaar dat my ma ook van kanker huis toe is en nou toe ek jou post lees kry ek weer trane in my oe :):cry: Mis haar ook, maar kan darem se dat sy vir my gese het "dis alles net genade"

Haar kanker was vinnig+-2-3 jaar (is ma sleg met datusm tyd ens , julle weet mansmense...:rofl:) maar ek het die voorreg gehad om my baba dogter vir haar te wys en ook dat sy my kon seen.... ek het haar gevra daarvoor... dis al wat ek wou he voor sy huis toe gaan en :cry: dit was so hartswens wat sy Ons Vader gebid het dat dit my meer laat weemodig maak as die feit dat sy hemel toe is....

Sy het ook vir my vertel dat sy een aand bewus geword het van 'n teenwoordigheid by haar en te bang was om haar oe oop te maak , maar totale vrede gekry het toe sy 'n stem hoor wat haar naam se so asof om te troos en te vra hoekom is jy so bekommerd?

Haar begrafnis was "my genade is vir jou genoeg" en toe boul die ds ons om deur ons te herinner dat die Here besluit het Grace op Genadeberg sal le:pp:cry: 'n klein dingetjie , maar weer Hy is in beheer:pray:

So vir jou :hug: en my gebed dat Hy wat alles weet , jou sal troos en dat jy die resies sal voltooi om ook eendag weer by haar te wees.:pp En dat jy die goeie memrories en tye sal onthou en WEET dat jy haar trots maak en vra maar vir die Here om vir haar birthday wish te stuur, ek doen en ek weet Hy kan.

marline
Nov 26th 2008, 11:23 AM
Hi Mari. Is dit nou nie vreemd nie, my ma is ook 2 jaar terug op 25 Nov weg van ons af. Ook sy was diep gelowig, en baie siek van emfiseem. Maar ten spyte van haar swaar kry, het sy altyd Onse Vader geloof en geprys.

mari
Dec 15th 2008, 10:36 AM
Dis 2 jaar vandag.........

...... maar oor 'n week of twee eet ouma weer koek saam met Jesus, soos kleinman mos se ....

manieverster
Jan 16th 2009, 07:09 PM
My ma is al lank nie meer met ons nie. Jy weet, my ma was baie gesond al haar lewe lank maar eendag het sy net skielik siek geword en in 'n kwessie van twee dae was sy dood. Sy het 'n beroerte gekry en is sommer skielik dood. Iewers in die Bybel (een van die briewe in die Nuwe Testament) staan daar dat ons nie moet rou soos die wat geen hoop het nie maar ons weet dat deur Christus se dood en opstanding daar wel hoop is vir die ontslapenes. Vandag het ek wonderlike herinneringe aan haar en wanneer ek ook 'n mylpaal in my lewe behaal wens ek sy was daar om die te sien. Sy het ons ook altyd mooi geleer oor Jesus en seker gemaak dat ons gereeld in die kerk kom.:hug::cry:

protea
Jan 17th 2009, 01:06 PM
My mammie (ook n musiekonderwyseres)is in 1999 aan Parkinsons oorlede maar 3 dae voor haar dood het ek en sy die volgende musiekgesprek gehad: Ek het haar vertel van n koor wat n werk gesing het . In die middel van die werk was daar n sologedeelte deur n man gesing. Tydens die sologedeelte hoor die begeleidster maar die solosanger is nie heeltemal op die toonhoogte nie en die sanger se stem STYG wat toonhoogte en toonaard betref. (Gewoonlik sak die toonhoogte) Die begeleidster moes perfekte gehoor gehad het om dit te kon hoor en toe op die gegewe oomblik toe die koor weer moet inval na die sologedeelte, val die begeleidster presies in n toonaard n halwe toon hoer as die oorspronklike in en die oomblik is gered deur n BAIE begaafde begeleidster wat nie net die probleem kon identifiseer nie maar kon REGMAAK ook. En Mamma se toe in verwondering: 'Dit slaan my asem weg!' Sy was nog so helder dat sy elke woord begryp het wat ek haar vertel het en dit was vir my BAIE kosbaar....

mari
Jan 18th 2009, 01:14 PM
Manie... Protea....

dankie vir julle deel, herinneringe aan ons ma's is maar iets kosbaar .....

dit sou vandag my ouers se 45e huweliksherdenking gewees het........ my pa is nou nie juis van die romantiese soort nie, maar elke maand op die 18e het hy iewers vir haar blomme "georganise" .... al was dit 'n roos uit buurman se tuin........ die 18e Janunrie was dit 'n blom vir elke jaar saam.....

.... ek onthou, toe ons nog kinders was, het mamma altyd 'n "kersligete" voorbery op die 18e en pa het darem gesorg dat hy daardie aand nie te laat werk nie.... in later dae is die TV summier afgesit vir die geleentheid ......... ons kinders het altyd gehelp tafeldek met die mooi breekgoed ens...... dit was ook die enigste dag wat sy 'n glasie wyn saam met pa sou klink ( Hanepootjie ) .......... as die datum op 'n Sondag was, is die ete vir Saterdagaand gekook ( sy het vas geglo niemand mag werk op Sondae nie - ma ingesluit, so toebroodjies was ons sondagkos ! )
....... aai - die verlang ! .......

( PS : oupa is Julie laas jaar weer getroud.... myse stiefma is net 'n maand of wat ouer as ek, 3 jaar jonger as Ouboet ! ........ !!!! :eek: !!!!! ........ )

manieverster
Jan 18th 2009, 04:42 PM

Ja-nee, dis maar moelik. Na my ma oorlede is het my pa ook begin uitkyk en hy het 'n dame gevind (gelukkig nie so jonk nie) en wou toe met haar trou want jy sien hy kon dit nie vat om alleen te wees nie. Ongelukkig het dit ook toe nie uitgewerk nie en hy het daarna 'n hele paar gehad maar niemand wou trou nie. Jy sien, die meeste weduwee tannies kry hulle oorlede manne se pensioen en as hulle trou verloor hulle dit. Dit was vir my pa teveel en het homself uiteindelik dood getreur.