PDA

View Full Version : Twee broers en 'n oop graf : spesiale oomblike in die Bybel.



Die Filadelfieer
Nov 25th 2008, 11:43 AM
Partykeer maak mens se gedagtes darem snaakse draaie, veral as ek so deur die geskiedenis van Genesis lees. Dit was wilde wreld gewees daardie, waar God se toorn hele valeie verwoes het, en beide Bybelse en buite Bybelse bronne vertel van wreedhede gepleeg deur mense wat ons onself nie kan indink nie. Dan lees mens van oomblike, beskryf in slegs 'n paar woorde, wat die menslikheid van hierdie geskiedkundige figure weer na vore bring. Ek lees gisteraand so 'n oomblik raak :



Gen 25:9 En sy seuns Isak en Ismael het hom begrawe in die spelonk van Magpla, in die stuk grond van Efron, die seun van Sohar, die Hetiet, wat oos van Mamre l,
10 die stuk grond wat Abraham van die seuns van Het gekoop het. Daar is Abraham begrawe en sy vrou Sara.



Isak en Ismael, herenig met die dood van hulle vader Abraham. Het hulle voor dit met mekaar kontak gehad ? Was dit inderdaad die dood van hulle pa wat die twee weer in kontak met mekaar gebring het ?
Ons lees dat beide God se sen oor hulle gehad het, alhoewel Hy gekies het om die Verlosser uit Isak se nageslag voor te bring. Mens kan maar net wonder oor die gesprek tussen hierdie twee. Was God se onderskeie beloftes aan hulle dalk die aanknoping ?

Het julle ook sulke "oomblike" wat mens normaalweg verby lees ?

MercyChild
Nov 25th 2008, 11:59 AM
Sjoe, dis darem maar heerlik as 'n mens sulke dinge raak lees, en so gaaf van jou om dit met ons (my) te deel. :pp

Ek lees beslis baie inligting mis, maar man, die dag as God wil he ons moet raaklees wat Hy wil he ons moet lees, is dit darem Amazing hoeveel inligting 'n mens uit die Woord kan kry!

Ek het waarlik geniet dat jy die oop graf met ons gedeel het!:)