PDA

View Full Version : Die HEMEL wat leer die Woord



Grace Life
Nov 26th 2008, 01:45 PM
Iemand het hierdie drie vrae aan my gestel en ek antwoord graag daarop .


Die drie vrae wat gevra is :


1 Wat is die hemel ?
2 Hoe kom mens daar ?
3 Wie kan soontoe gaan ?


Om die plasings kort en maklik verstaanbaar te maak , gaan ek probeer om een vraag op 'n slag te antwoord . As dit ingewikkeld raak terwyl ons met mekaar daaroor gesels ,sal ek dit ook in korter gedagtes opbreek .


Dankie vir hierdie vrae . Ek dink hulle kom op 'n goeie tyd in my geestelike lewe aangesien ek lanklaas regtig weer indringend die konsepte oor die hemel in die Woord bestudeer het .


Soos altyd hou ek daarvan om alle menslike leerstellinge en idees en konsepte oor die onderwerp ,wat in boeke ,lesings ,preke ens, weergegee is vir eers eenkant toe te skuif en die Woord as enigste gespreksgenoot deur die Heilige Gees te ervaar .


Dit maak my altyd opgewonde om dit so te doen . Dit is soos iemand wat sy/haar 4x4 gepak het en nou 'n gebied gaan binnery waar daar baie avonture verwag word .


Ek dink ek hou die plasings kort . Ek sal hulle nommer ,sodat dit maklik gevolg kan word .


Kom ek noem hierdie inleiding HEMEL #1 .


Ek begin in Genesis . Ek het reeds alles oor die onderwerp in die Woord gelees ,sodat ek perspektief kan hou en elke vers kan oorweeg in die geheel wat ek waargeneem het .


Ek dink sommer ook hardop en vra weer die vrae wat in my gemoed opgekom het toe ek alles gelees het in die plasing .


Ek weet dit maak die plasings lank ,maar ek sal die volle teks aanhaal . Ek doen dit omdat mens geneig is om nie elke teksverwysing te gaan opsoek nie . Mens verloor dan maklik die draad van dit wat ges word . Ek werk uit die Ou Afrikaanse Vertaling . Dit klink so oud , so ek hou eerder daarvan om van die Eerste Afrikaanse Vertaling te praat .


Wat is die HEMEL


Gen 1:1 AOV
(1) In die begin het God die hemel en die aarde geskape.


Waar was God toe Hy die hemel en die aarde geskape het ?
Was Hy in 'n ander hemel ,of was Hy in die hemel wat Hy geskape het .


Ek dink Hy was in 'n ander hemel of plek toe Hy die aarde en die hemel geskep het


Hoekom dink ek so ?


Die rede is dat ek bietjie verder ook gelees het van die HOOGSTE HEMELE . Maw. 'n plek wat hor is as die hemel wat ons kan sien . Met hor kan ook verstaan word dat dit 'n plek is wat nie noodwendig in hoogte ,hor is nie ,maar in metafories in omvang en kwaliteit hor ,groter ,wyer is .


So ek dink Hy het die hemel geskep wat ons kan sien en sintuiglik ervaar .


Gen 1:8 AOV
(8) En God het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was mre, die tweede dag.


God praat uit die hemel wat gesien kan word ,met die Israeliete .


Exo 20:22 AOV
(22) Toe s die HERE vir Moses: So moet jy met die kinders van Israel spreek: Julle het self gesien dat Ek met julle van die hemel af gespreek het.


Exo 34:29 AOV
(29) En toe Moses van die berg Sinai afdaaldie twee tafels van die Getuienis was in die hand van Moses toe hy van die berg afdaal het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig blink omdat hy met Hom gespreek het nie.


Die Heerlikheid van God kan in Moses gesien word omdat God met Hom (uit die hemel ) op die berg gespreek het .


Die Heerlikheid van God kan gesien word van die aarde af terwyl Hy uit die hemel spreek .


Exo 24:15-18 AOV
(15) Toe Moses die berg opklim, het n wolk die berg oordek.
(16) En die heerlikheid van die HERE het op die berg Sinai gebly, en die wolk het dit ses dae lank oordek. En op die sewende dag het Hy na Moses geroep uit die wolk.
(17) En die verskyning van die HERE se heerlikheid was in die o van die kinders van Israel soos n verterende vuur op die top van die berg.
(18) En Moses het binne-in die wolk ingegaan en die berg opgeklim. En Moses was op die berg veertig dae en veertig nagte.


Moses kon binne in hierdie wolk waar God praat, ingaan .


Exo 20:22 AOV


Toe s die HERE vir Moses: So moet jy met die kinders van Israel spreek: Julle het self gesien dat Ek met julle van die hemel af gespreek het.


As ek weer na hierdie vers kyk ,dan lyk dit vir my op hierdie stadium of Moses werklik IN die hemel kon ingaan vanwaar God gespreek het .


Kom ons aanvaar God het NABY Moses gekom .


Dit kan wees dat daar nog 'n hor hemel is en dat Moses byvoorbeeld nie daarin kon gaan nie . Dit kan ook wees dat Moses daar was . Ek weet nie ,ons sal moet kyk !


Ons gesels weer ! .Die plasing is reeds lank .