PDA

View Full Version : Bespreking Jy het 'n wurm!!



Ta-An
Nov 29th 2008, 07:46 PM
Markus 9:44 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=41&CHAP=9&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=44) waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.

Jes 66:24 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=23&CHAP=66&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=24) En hulle sal uitgaan en die lyke sien van die mense wat teen My opgestaan het; want hulle wurm sal nie sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle sal afgryslik wees vir alle vlees.
Dit was my nogals 'n skok toe ek die nou die dag raaklees. ... :eek: ek is heel bewus van die onuitblusbare vuur..... maar wurm!!:o

Kan mens hiervan ook aflei dat die siel/gees van die ongelowige in sy liggaam agterbly na die dood, want die geredde persoon kry 'n verheerlikte liggaam...

Ons weet dat ver-rotte vlees deur die wurm opgevreet word, gered /ongered.... net dieselfde...

Dit bring my nou by 'n ander ding..... wanneer mens die wurm probeer vryspring deur verassing??? wat dan??

paidforinfull
Nov 30th 2008, 12:11 AM
Markus 9:44 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=41&CHAP=9&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=44) waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.

Jes 66:24 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=23&CHAP=66&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=24) En hulle sal uitgaan en die lyke sien van die mense wat teen My opgestaan het; want hulle wurm sal nie sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle sal afgryslik wees vir alle vlees.
Dit was my nogals 'n skok toe ek die nou die dag raaklees. ... :eek: ek is heel bewus van die onuitblusbare vuur..... maar wurm!!:o

Kan mens hiervan ook aflei dat die siel/gees van die ongelowige in sy liggaam agterbly na die dood, want die geredde persoon kry 'n verheerlikte liggaam...

Ons weet dat ver-rotte vlees deur die wurm opgevreet word, gered /ongered.... net dieselfde...

Dit bring my nou by 'n ander ding..... wanneer mens die wurm probeer vryspring deur verassing??? wat dan??


Hi Ta-An - in die Engelse vertaling van Openbaring 8:11 (NIV) staan daar:
Re 8:11 the name of the star is Wormwood. {That is, Bitterness} A third of the waters turned bitter, and many people died from the waters that had become bitter.

In die Afrikaanse Bybel praat dit net van 'bitterheid'. In elk geval, dis moontlik dat die wurm waarna in Markus verwys word dalk ook 'bitterheid' kan beteken. As dit wel die geval is kan dit beteken dat die wat in die hel is bitterheid ervaar.

Ek het nog nie tyd gehad om dit ordentlik na te vors nie, maar wou net hierdie moontlikheid met jou deel.
Blessings.

Ta-An
Nov 30th 2008, 07:33 AM
Dankie, ek aanvaar dat die Woord meer as net die letterlike betekenis het. Sien uit na jou verdere navorsing hieroor :idea:

Sonia Smit
Dec 2nd 2008, 01:54 PM
Hi daar,
Sover ek weet word daar van die fisiese wurm gepraat.
"sko'-lakes
Of uncertain derivative; a grub, maggot or earth worm: - worm."

Jes 66:24 praat oor die oorlog wat gevoer gaan word. Daar gaan mos oral liggame wees soos God se vyande uitgewis gaan word. Nou die wurm waarvan gepraat word, gaan dan vir baie lank leef van die liggame wat daar gaan wees want daar gaan so baie wees dat dit nie alles begrawe gaan word nie.

Alhoewel, dit kan ook dalk verwys na die toekomstige "punishment" wat die ongeredde persoon gaan kry - m.a.w. die hel.

Ons almal weet dat wanneer jy begrawe word jy 'n wurm het wat jou eet - ek weet dis nie 'n lekker prentjie nie. Ek dink ook dis hoekom mense eerder veras wil word want die prentjie van die wurm wat jou eet is vir hulle net te erg. Maar miskien moet mens anders na dit kyk. Wanneer jy wedergebore is en jy sterf kry jy 'n verheerlikte liggaam - 'n liggaam wat nie kan siek word en sterf nie.

Die feit dat die ongeredde se siel agterbly in sy liggaam is ek nie seker van nie. Mat 10:28 s: "En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel."

Ta-An
Dec 2nd 2008, 05:01 PM
Sonia, ek het nogals gedink aan die vretende wurm, wat nie klaar geet kry nie, 'n verlengde langer as nodige pyniging... en dan die siel wat dit bly voel :eek:,,,, want die vuur brand ook nie uit nie.... :help:

So wat is die doel van 'n onuitblusbare vuur en wurm wat nie klaar gevreet kry nie as dit nie 'voelbaar' is nie :hmm:

Ta-An
Dec 2nd 2008, 05:03 PM
Laat my dink aan dljc's onderskrif :
Hell....the nightmare you can't wake up from.

Eben
Dec 2nd 2008, 06:47 PM
Van die wurm wat ons sou h in ons weet ek nie. Mens word 6 voet onder die grond begrawe en 10 jaar later as hulle jou opgrawe is jy taamlik opgedroog en nie opgevreet nie. Daar is nie wurms so diep in die grond nie.

Maar van die wurms in die hel weet ek nie en wil ek nie weet nie. Christus het dan alles vir ons volbring en ons moet net glo. Hoe gaan ek dan nou bekommerd wees oor die oordeel. Ek is nie bestem tot die oordeel nie soos Paulus s in Thes 4
1Th 5:9 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus
1Th 5:10 wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.
1Th 5:11 Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
Dan lees ons in Kol ook hoe Paulus bid vir ons

Col 1:9 Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig,
Col 1:10 sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei,
Col 1:11 en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap,
Col 1:12 en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te h aan die erfdeel van die heiliges in die lig
Col 1:13 Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,
Col 1:14 in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.
Ek dink ons moet liewers ons hou by dit wat saak maak die dinge daar bo en nie besig bly met dinge wat nie saak maak nie.

Ek wil nie kritiseer nie maar net probeer uitlig dat ons so baie het om voor dankbaar te wees.
Liefde groete
Eben

Sonia Smit
Dec 3rd 2008, 09:22 AM
Eben, ek verwys spesifiek na die oorlog wat gevoer gaan word en dat daar nie meer grafte gaan wees nie want die dode tal gaan te groot wees. Wanneer iets doodgaan verrot dit as jy dit nie begrawe nie. M.a.w. jy kry allerhande goggas wat van die verrotte karkas lewe - 'n wurm is een van die goggas. Gewoonlik ook as jy 10 jaar later iets sou opgrawe dink ek sal jy net bene opgrawe, ek wil nie 'n dooie opgrawe 'n week na hy dood is nie want ek dink nie mens sal wil sien wat daar aangaan nie. Ek stem saam jou dat ons moet hou by die dinge wat saakmaak, maar gee dit jou nie meer rede om nie hel toe te gaan as jy dalk die dinge weet nie? Dis nie lekker om daaraan te dink nie.

Ta-An ek dink dit is 'n verwysing na hoe siele wat nie gered is nie dit in hel gaan ervaar. Ons weet nie wat daar met die siele gedoen word nie, baie dink aan hoe siele fisies ge"torture" word deur demone, ander dink dis die verlange wat die siele gaan ervaar om in die hemel te wees wat vir hulle hel gaan wees. Wat is die vuur wat nooit geblus gaan word nie? Dis juis dit - vuur brand - maak seer - ek kan nie in my gedagte dink hoe hierdie siele gaan "suffer" nie - en dis eintlik baie hartseer.

Die bybel s baie duidelik hoe dit vir ons in die hemel gaan wees. Dat ons God gaan loof en prys en dat dit die plek is waar ons graag wil wees. Maar ek het nog nie 'n vers raakgelees wat die hel so spesifiek beskryf nie. Indien iemand so vers(e) al gelees het sal ek graag dit wil h, asseblief.