PDA

View Full Version : Kolossense Week 3



Antonvs
Dec 1st 2008, 06:49 AM
Wie het nog stamina oor vir Week 3


Kies 'n Perikoop van omtrent 3-5 verse wat oor 'n enkele konsep handel b.v. Vrouens, Slawe, Kinders ens.

Kies slegs EEN onderwerp

Skryf 'n paragraaf / kort-lesing oor die "perikoop" van omtrent 240 woorde

in die paragraaf moet jy vir iemand verduidelik:

1. Wat is die kern van die Saak (een sin) - Onderstreep dit in jou paragraf
2. Wat is die onderliggende sake (80% van jou paragraaf se inhoud)
3. Wat is dit van belang vir ons vandag - m.a.w. wat ek en jy leer en doen nadat ons hierdie paragraaf gelees het.

MercyChild
Dec 8th 2008, 11:29 AM
Wie is God, en wie is hierdie Seun?

Kol 1:15-20 (Afrikaanse Nuwe Vertaling 1983)

15: Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping.
16: God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep.
17: Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand.
18: Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk. Hy is die oorsprong daarvan, Hy is die Eerste, die Een wat uit die dood opgestaan het, sodat Hy die eerste plek in die heelal inneem.
19: God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon
20 en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen.

Die wereld soveel verskillende gelowe en verskillende gode, dat dit mens sommer verwar en nooit weet wie of watter god die waarlike en enigste God is nie. In n verlore wereld is dit moeilik om te weet wie dit is waarna mens so in jou binneste hunker. Ek het die bogenoemde skrifte ontleed om vir dit vir my moontlik te maak om aan verlorenes duidelikheid te gee, aan wie die een ware God is. Ek is van die opinie dat dit moeilik is om iemand te oortuig waarom hy/sy hart en lewe vir Jesus moet gee, as ons nie eens weet wie Hy is nie. Daarom het ek besluit om die volgende verse te neem, te ontleed en ondersoek in te stel wie Jesus waarlik is. In my eie verlore toestand het selfs ek besef dat daar n God moet bestaan, maar kon nooit suksesvol in enige geloof vas staan nie, totdat ek die een Ware God leer ken het. Die God wat my geskep het, en die God wat oor my heers. Dit is hierdie God wat ek aan verlorenes wil bekend stel. Ek het ook van redinasie dat dit n goeie begin punt is vir enige nuwe Christen om te weet wie Jesus is.

Vers 15 - Wie is die beeld van die onsigbare God?
Volgens die skrif het Jesus Christus gekom om die beeld van God te openbaar. God se liefde is deur Jesus hier op aarde bekend gemaak. Jesus Christus was die afvaardiging van ons onsigbare God wat nie gesien kan word nie. Die woordjie beeld beteken vir my dat Jesus presies toon wie God is.

Die eersgeborne van alle bestaan
Volgens vers 15 het Jesus reeds bestaan voor die res van die hele skepping, gebore deur God. Hy was gebore voordat enige iets anders bestaan het.

Vers 16 - Deur Hom was alle dinge geskep
Joh 1:3 en Heb 1:2 bevestig ook dat alle dinge deur Hom bestaan het. Jesus is verhewe bo enige, en het voor enige van hulle bestaan Konings, heersers maghebbers en gesagvoerders is deur Hom geskep tot verheerliking van Hom. Ek dink die rede waarom hieride mense met gesag genoem is, is sodat die mens nie hulle moet vereer nie, maar Jesus moet eer, wat hulle geskape het.

Vers 16-17 Die begin van alle bestaan Vers 16-17
Bevestig weereens dat alle dinge sigbaar en onsigbaar, deur God geskep is in die aarde sowel as die Hemel. Maw al die diere, plante, mense, hemel wesens, en die onsigbare dink ek sal engele wees, en die troon van God, die Hemel waarvan ons lees.
Die verse bevestig dus God se skeppings krag. Alles is geskep vir Sy verheeliking.

Vers 18 Die Hoof van die kerk
Die kerk is die liggaam. Volgens die skrif beklemtoon dit dat God die fondasie, die outoriteit en die krag van die kerk is. Hy is eerste in alle dinge. Omdat Jesus homself as offer vir ons gegee het, en ons slegs deur Hom kan gaan, is Hy die hoof van die kerk. Jesus het vlees geword, en daarom word die kerk die liggaam genoem. Saam vorm ons baie dele van die liggaam, maar deur Jesus se dood en omdat Hy van die begin eerste was, is Hy die hoof, omdat Hy ons geskep het vir Sy verheeliking. Jesus het na die kruisdood die eerste plek in die hemele ingeneem, waar Hy aan die regterhand van God is, en geen ander kan hierdie plek inneem nie.

Vers 19 God woon in Christus
Al die perfektheid, krag en outoriteid van God woon in Christus. Hy het God se volle wese, maw alles wat God is, is Jesus. Jesus is dus bo alle dinge aangestel deur God, en ook die rede waarom Hy die hoof van die kerk is. Toe Jesus vlees geword het, het hy dieselfde versoekings as ons deurgegaan. Hy dieselfde dinge ondervind en gevoel soos enige ander mens. Die verskil maak dat Jesus perfek was en nie aan die satan oorgegee het nie. Geen ander mens kon dieselfde perfektheid en reinheid toon soos Jesus nie.

Vers 20- Die doel van die kruisdood
As gevolg van die mens se sondige lewe was daar n skeidsmuur tussen die mens en God. Die woordjie versoen, beteken om vrede te maak. Jesus se kruisiging was n vredesoffer tussen God en die mens, deur Sy bloed wat gevloei het vir ons sondes. Hierdie was die enigste manier sodat daar weer harmonie kon wees tussen God en die mens. Die vrede was herstel tussen die hemel en die aarde. Wanneer daar gepraat word van die hemele, is ek oortuig dat dit God insluit


In vandag se lewe is God nogsteeds eerste. Hy was reg van die begin. Daar is soveel nuwe leerstellings en wetenskaplikes wat ons op n dwaalspoor lei. Miskien is hierdie een van die redes waarom Paulus in hierdie selfde boek gewaarsku het dat ons nie mislei moet word nie. Jesus se kruisdood was nie net vir die mens van daardie era nie, maar agv die kruisdood het Hy ons verhouding met God versoen, sodat dit vir ons moontlik kan wees om deur Jesus na God die Vader toe te kan gaan. As gevolg van die mens se sondes het daar n skeidsmuur ontstaan tussen mens en God, en die enigste manier om die vrede te herstel was deur n bloedoffer, soos wat in die Ou Testament gedoen is. Jesus was die perfekte, vlekkelose offer, en daardeur kon ons versoening met God he.