PDA

View Full Version : Bespreking 'n Wet voor DIE Wet ?



Die Filadelfieer
Dec 1st 2008, 09:31 AM
In Genesis 26 staan die volgende :



Genesis 26:3 Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seŽn; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het.
4 En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseŽn word;
5 omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.
6 So het Isak dan in Gerar gebly.



Wat is die implikasie van hierdie teks ? Was daar 'n Wet voor die gebooie wat aan Moses oorhandig is ?

Meer liberale teoloŽ gebruik tekste soos hierdie om aan te toon dat Genesis inderdaad tydens die verstrooiing van Israel "uitgedink" is, (want die Wet waarvan ons weet was toe beskikbaar) maar ek koop dit nie.

Iets om in gedagte te hou : buite Bybelse bronne wys vir ons dat skrif baie ouer is as wat eers gereken was, daar is om die waarheid te sÍ skrif wat pre-Abrahamieties dateer.

Willem
Dec 1st 2008, 07:25 PM
Hi Fila,

ek onthou iewers gelees dat die Here se wet in jou hart geskryf moet word en dat die 10 gebooie in ons alaml se hart reeds is en ons reg van verkeerd weet. KAN nie onthou of iemand dit so uitgele het of verduidelik het of of dit in Woord staan nie, maar miskien mag dit die "Wette" wees?

Groete

Philip dT
Dec 2nd 2008, 07:47 AM
In Genesis 26 staan die volgende :



Wat is die implikasie van hierdie teks ? Was daar 'n Wet voor die gebooie wat aan Moses oorhandig is ?

Meer liberale teoloŽ gebruik tekste soos hierdie om aan te toon dat Genesis inderdaad tydens die verstrooiing van Israel "uitgedink" is, (want die Wet waarvan ons weet was toe beskikbaar) maar ek koop dit nie.

Iets om in gedagte te hou : buite Bybelse bronne wys vir ons dat skrif baie ouer is as wat eers gereken was, daar is om die waarheid te sÍ skrif wat pre-Abrahamieties dateer.

Soos ek dit verstaan, verwys dit nie na 'n geskrewe wet nie, maar God se instruksies aan Abraham, waarvan die gebod van die besnydenis een van die vernaamstes is:

Vanuit die voorafgaande konteks blyk dit ook duidelik dat Abraham bepaalde opdragte en instruksies van God ontvang het, bv.

Gen 12:4 "Toe het Abram weggetrek soos die HERE hom gesÍ het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf en sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran."

Gen 17:23 "Daarop neem Abraham sy seun Ismael en almal wat in sy huis gebore is, en almal wat met sy geld gekoop is, almal wat manlik was onder die mense in die huis van Abraham, en hy het die vlees van hulle voorhuid nog op daardie selfde dag besny, soos God met hom gespreek het."

Gen 18:19 "Want Ek het hom verkies, dat hy aan sy kinders en sy huis nŠ hom bevel sou gee dat hulle die weg van die HERE moet hou om geregtigheid en reg te doen; sodat die HERE oor Abraham kan bring wat Hy oor hom gespreek het."

Gen 22:16-18 "Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, (17) dat Ek jou ryklik sal seŽn en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem. (18) En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseŽn word, omdat jy na my stem geluister het."

Eben
Dec 2nd 2008, 06:27 PM
Ek dink daar was wette reg van die begin af. God het die mens sekere opdragte gegee en sekere beperkinge op hom geplaas wat die mens toe oortree het.
Gen 3:1 Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sÍ vir die vrou: Is dit ook so dat God gesÍ het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?
Gen 3:2 En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet,
Gen 3:3 maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesÍ: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.
Gen 3:4 Toe sÍ die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;
Gen 3:5 maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oŽ sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.
Gen 3:6 Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy Ďn lus was vir die oŽ, ja, Ďn boom wat Ďn mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geŽet.

Selfs daarna toe Kain en Abel elkeen 'n offer gebring het, het Kain nie volgens die voorskrif 'n bloedoffer gebring nie maar van die gesaaides wat hy geoes het. Ons lees weliswaar nie van die spesifieke opdrag nie maar uit die konteks is dit duidelik dat daar wel sulke voorskrifte was. Altans dit is soos dit vir my lyk.
Liefde groete
Eben