PDA

View Full Version : Koekies bak



Ta-An
Dec 1st 2008, 06:58 PM
:confused
Ek het vandag iets snaaks agter gekom....
El ket die wit suiker met bruin suiker vervang..... en die tekstuur van die gemmer koekies wat ek gebak het was soveel stywer...??? Het julle al bruin suiker gebruik in klein koekies ipv wit suiker... ek dog mens vervang gelyke dele :hmm:

Lanie
Dec 2nd 2008, 05:40 AM
Ta-An,

Ek is besig om uit te pak en al my kombuisgoed is in nog in bokse, so ek kan dit nie gaan toets nie, maar in een van my gesondheids kookboeke vervang hulle alle witsuiker met bruinsuiker want hulle s bruinsuiker is ligter per volume as witsuiker.

Ta-An
Dec 2nd 2008, 12:26 PM
Ta-An,

Ek is besig om uit te pak en al my kombuisgoed is in nog in bokse, so ek kan dit nie gaan toets nie, maar in een van my gesondheids kookboeke vervang hulle alle witsuiker met bruinsuiker want hulle s bruinsuiker is ligter per volume as witsuiker.Wel dit wil dan s dat ek te min suiker gebruik het, dus inder waarheid minder 'vloeistof' wat dan 'n dror beslag maak..... :hmm: dit klink logies.... Dankie Lanie :pp

mari
Dec 3rd 2008, 10:52 AM
An....

ek gebruik altyd bruinsuiker in klapper & hawermout koekies en sommer meeste ander mengsels ook, gebruik net bietjie melk by......

...al gehoor van moerbykoekies ? ... nee, nee, nie die bessie soort nie.... die soort waar jy 'n basiese resep gebruik en dan watookal in die kas bygooi vir interessante mengsels :lol: ... bv, by die klapper en hawermout mengsel gooi dadels / neute / digestive bran of All bran vlokkies, selfs ricekrispies ! ( sit dan ook bietjie vloeistof by ).... gebruik heuning plaas van stroop .... ens .... ens.....

Ons gunsteling bly maar die Kook en Geniet se "Ouma Ellen koekies" ...... ( gooi ook bruinsuiker in plaas van wit, met bietjie ekstra melk - die koekies kom dan donkerder uit...... ) dis soveel pret om die deeg in allerande vormpies te druk of draai, ons maak ABC koeies of name deur die deeg in slangetjies te rol en in letters te vorm.... kleinman geniet dit nogal..... my ma het altyd 'n klomp van hierdie deeg gemaak en dit dan deur 'n vleismeuletjie met 'n "vormpie liniaal" vooraan gedruk..... my boetjies moes die slinger draai en deeg voer terwyl ek en ma die slangetjies vang, sny en op plaatjies uitpak..... ( as die seuns die snywerk sou doen, maak hulle altyd die wurms te lank en ongelyk, wat dan beteken iemand gaan baklei oor die langer en korter koekies ! ) ......

... ek soek hoeka na so 'n meultjie met die vorm "liniaal", maar kry dit deesdae nerens......

aai.... hoe maak dit my nou verlang.....

soetnis-groetnis
m

Ta-An
Dec 3rd 2008, 06:36 PM
... ek soek hoeka na so 'n meultjie met die vorm "liniaal", maar kry dit deesdae nerens......

As ek dit nou geweet het :rolleyes:......ek het in Aug. by 'n vlooi-mark een gesien vir R30..... ek kon die prys nie glo nie, het dit nie gekoop nie, anders kon ek dit vir jou pos..... die mark is net 1xper jaar, en indien hulle die meuletjie nog volgende jaar het, en ek onthou, sal ek hom vir jou aankoop :)

Ek het een van die wat jy soos 'n "gun" lyk, en jy die deeg uitpomp en sny.... ek moet s, jy ontwikkel so een arm met 'n gesonde spier ;)

mari
Dec 10th 2008, 11:43 AM
Jinne, An, nou gee jy my mos 'n idee...... :

as enigiemand hier dalk weet waar om so 'n meultjie met sy "attachments in die hande te kry, pm my 'seblief ! ....

( :idea: dalk kan ons so 'n draad hier in onse koffiekamer begin..... soms soek ons dinge wat ander damer mos net weet waar om te kry en ons kan mekaar so help ? ) ...

groetnis
m

Ta-An
Dec 17th 2008, 07:20 PM
Ek het weer gebak, die keer met witsuiker, en dit het wonderlik uitgekom,,,, soos Kompetisie wenners...

Maak my wonder, wie van julle bak, of het al vir kompetisie doeleindes gebak??

mari
Jan 16th 2009, 09:48 AM
... aan die krap in die kombuis met die doel om bietjie te bak en brou.......
mariebiskuitjies, kakao, versiersuiker, botter...... RESEP MISSING !!!!

het iemand die resep vir daai vreeslik versoekende sjokolade blokkies wat jy sommer so in 'n kastrol kook ?

soetegroete
m