PDA

View Full Version : Kan jy hekel??



Ta-An
Dec 2nd 2008, 07:04 PM
kyk na hierdie besonderse skoenlapper patroon :pp http://www.geocities.com/cherilynm/butterfly.html

Lanie
Dec 3rd 2008, 03:55 AM
Dis pragtig Ta-An! My dogtertjies sal mal wees daaroor. Ek kan nie hekel om my lewe te red nie maar dink net hoe mooi sal dit wees as mens so klomp skoenlappers aanmekaar werk vir 'n deken. :idea:

Sonia Smit
Dec 3rd 2008, 08:09 AM
Ek gaan dit vir my ma gee om vir sussetjie te hekel want ek kan ook nie hekel om my lewe te red nie, my vingers koek in die hekelgare! :lol:
Baie dankie Ta-An! :hug:

Ta-An
Dec 5th 2008, 08:53 AM
wat is 'n 'dtr' ?? :hmm:

protea
Dec 5th 2008, 05:05 PM
Ek lei af jy druk die hekelpen in die 13 e kettingstekie vanaf die pen in hierdie geval , maar ek hoop nie ek help jou van die wal af in die sloot nie. Die 'slst' is n slipstitch maar hoe jy dit maak weet ek nie.....
My ouma het so n reuse vergrootglas gehad met n toutjie om die nek en met 2 penne wat so op jou 'nennetjies' druk en onder die vergrootglas het sy tot in haar 80's die fynste borduur- en hekelwerk gedoen. Ek soek nou so een om my maskara aan te sit...:idea:

Ta-An
Dec 5th 2008, 07:15 PM
Ek soek nou so een om my maskara aan te sit...:idea::rofl: .