PDA

View Full Version : Inligting Kragopwekkers - nie vir sissies



Son of the South
Dec 4th 2008, 10:33 AM
Nee Kosie, hierdie draad het nie 'n diep versteekte geestelike betekenis nie. As elektriese ingenerd wil ek maar net in die lig van die huidige kragsituasie 'n paar dingetjies rondom kragopwekkers uitwys.

Kyk, almal is nie arm soos ons nie, party mense hŤt 'n geld. Sulke mense betaal deskundiges om groot diesel kragopwekkers permanent te kom installeer wat aan alle voorsiene en onvoorsiene kragbehoeftes voldoen. Sulke kragopwekkers word so bedraad dat dit deel vorm van die permanente bedrading installasie en word daarom ook gedek deur 'n Nakoming Sertifikaat vir die installasie wat sÍ dat alles veilig is. Hierdie generators maak ook gewoonlik 'n outomatiese oorskakeling wanner ESKOM net oŽ knip. Ek praat nie met hulle nie. In die algemeen val meeste van ons NIE in hierdie kategorie nie. Ons koop maar klein draagbare kragopwekkertjies en gaan trek maar die tou as die krag te lank afbly.

Alhoewel klein draagbare kragopwekkers baie algemeen beskikbaar is en deur elke Piet en sy pel verkoop word, is die goed GEVAARLIK en is mense meestal oningelig oor die korrekte gebruik daarvan.

Die GROOTSTE GEVAAR met die verkeerde gebruik van die goed is koolstof monoksied vergiftiging. Bewerings word gemaak dat party kragopwekkers dieselfde koolstof monoksied kan afgee as ses motor enjins wat gelyktydig luier. Kragopwekkers moet nooit in 'n ongeventileerde area (of selfs net in 'n gedeeltelik geslote area) gebruik word nie. Koolstofmonoksied is een van daai gasse wat nie gesien of geruik kan word nie en wat jou kanse op oudword drasties verlaag. So, sit die ding buite; geen mens of dier kan saam met hom huishou nie.

Die tweede belangrike ding is om nooit jou kragopwekker in te prop by 'n muursok nie. Jy moet hom ook nooit laat armdruk met ESKOM nie. In die eerste plek kan jou kragopwekkertjie dalk skielik oor die dak trek as die ESKOM krag weer aankom. Verder kan jy die lewens van jou bure of ESKOM werkers in gevaar stel deurdat jou kragopwekker dele van die netwerk (terug) van krag voorsien wat dan nou veronderstel is om af te wees. Wanneer die hoofskakelaar afgeskakel word en die kragopwekker by 'n muursok ingeprop word, dan is jou aardlek, wat dalk nog jou bas moet red, nie in die stroombaan nie. Verder, hoe gaan jy hom inprop? Deur 'n prop aan die draad te sit natuurlik. En daai oop lewendige punte is dalk vir jou voor die hand liggend, maar wat van Klein-Kosie? Nee, slegte idee. Koop in die eerste plek ene wat 'n aardlek eenheid het (wetgewing sal dit in die toekoms vereis) of laat 'n bekwame elektrisŽn vir jou ene aanbring. Prop nou die apparate wat jy van krag wil voorsien by die kragopwekker in.

Derdens moet die brandstof alleenlik opgevul word in 'n goed geventileerde area, terwyl die generator af is en afgekoel is. Of is jy ook een van daai McGyvers wat petrol uit 'n kannetjie op die braaivleis vuur gooi? Oppas, eendag gaan jy nog leer blaf.

Laastens kan jou buurman dalk uit jaloesie of uit pure irritasie op jou beginne losbrand...

OK, so ten minste maak ons nou nie meert onsself dood nie, maar kan mens die ding ooit gebruik?

Mens kry generators en jy kry generators. Soos met alles in die lewe moet jy jouself afvra: wat wil jy met die ding doen. As jy 'n kontrakteur is wat kraggereedskap wil gebruik waar daar nie krag beskikbaar is nie, dan kan jy amper enige ene gebruik. Sodra jy elektroniese toerusting (of selfs net gewone buisligte) wil kraggee, dan het jy een van daai fÍnsie soort nodig wat 'n suiwer sinusoÔdale golfvorm uitgee. As jy nie weet waarvan ek nou praat nie, moenie nou worrie nie, maar onthou dan ten minste om die verkoopsman daarmee uit te boul. Selfs al beweer hulle hy is ook hoe goed, gebruik maar in elk geval stuwings beveiliging (Surge Protection Devices) op alle elektroniese apparate. As jy gedink het ESKOM veroorsaak stuwings op die toevoer, dan het jy nog nie gesien as jy self vragte aan en afskakel op jou eie kragopwekkertjie nie.

Hoe groot moet hy wees? Nie te klein nie: Die vermoŽ wat op die ding met groot helderkleurige plakkers aangedui word is heel dikwels die maksimum vermoŽ wat slegs vir kort tydjies gelewer kan word. Gaan kyk in sy boekie wat die aanbevole maksimum vir langdurige gebruik is. Onthou ook om goed soos elektriese motors se aansitstroom (wat heelwat groter is as sy aangeslane grootte) in ag te neem. Daai klein 650 W goedjies kom dikwels nie die mas op om 'n yskasmotor te laat aansit nie. Nie te groot nie: Die aanbeveling is om 'n kragopwekker nooit teen minder as 30% van sy vermoŽ te laat werk nie. Wanneer enige enjin vry loop sonder las, dan begin die suiers sweepslag in die silinders en is daar verhoogde sluitasie. Afrikaans: hy gaan nie hou nie. Die generator moet ook volspoed loop voordat jy die krag beginne tap en jy moet ook weer alles eers afskakel voor jy hom stop.

Watter kleur, maak, ens.? Wat is die kleur van jou geld? Die regte Honda generatortjies is van die beteres, maar het jy nou al gesien wat hulle kos? Jy gaan vir jou 'n pasaangeertjie saam met hom moet koop. So, koop dan nou maar een van die beste namaaksels wat op die Honda gebasseer is en leef daarmee saam dat hy dalk nie langer gaan hou as jy nie.

Laastens, die aankoop is nog net die begin van jou ellendes. Nou kom jy agter die ding kan suip, beter as jou swaertjie op 'n visvangtrip. Energiekostes is nie net maal so een en 'n half nie. Dit kos sommer maklik tien keer wat jou gewone ESKOM krag kos. So, moenie verbaas wees as jou energie begroting vir die hele maand sommer in die eerste drie dae die gees gaf nie.

So, liewe kinders, dit is hoekom ek nog nie self ene het nie.

CFJ
Dec 4th 2008, 11:44 AM
Ek weet feitlik nie een van hierdie goed wat jy hier sÍ nie SOS, maar so in my onkunde het ek ook nie een nie, nie omdat ek iets weet nie, maar omdat ek heel moontlik net soos jy voel hieroor... o ja, ek het geweet daar is nie genoeg in my bank rekening nie, toe ek sien wat kos 'n taamlike groterige dieselaangedrewe geldvreter...

Die Filadelfieer
Dec 4th 2008, 11:53 AM
Goeie artikel SOS !
Self het ek 'n 5KvA Honda kloon, ( As jy my vra wat is die maak gaan my antwoord wees 'n geel ene. ;) ) en die outjie gedra hom nogals baie goed. Ek stem heeltemal saam met jou in terme van die ekonomiese sy, en wil byvoeg dat die nood baie erg moet druk voor iemand regtig egtig 'n kragopwekker nodig gaan hÍ. Ja, dit is lekker om die tv en 'n paar ligte aan te hÍ terwyl buurvrou langsaan amper die huis afbrand met 'n omgevalde kers, maar teen watse koste ? (Jou koste, nie die buurvrou sinne nie) .
My omstandighede is ietwat anders as dorpsjapies sin omrede ek my water uit 'n boorgat kry. Ek het wel 'n druktenk wat die huis voer, maar het nodig dat 'n pomp so nou en dan die tenk moet vol maak. Dit is natuurlik 'n luuksheid wat julle dorpenaars nie besit nie, want julle het geen beheer oor die water toevoer na die woonbuurte toe nie. As die dorp se reservoir leeg is, is hy leeg.
Ten spyte van die feit dat ek wel 'n opwekker het, gaan skakel ek nie die ding aan elke keer as die krag hik nie. Dit is baie lekkerder om buite te gaan sit en na die sterretjies te kyk, of 'n olielampie (met sitronella vir die goggas) aan te steek en 'n koffietjie in my ou geduikte blik-ketel op die braaier te maak.
Dit is ook my raad vir ons komende beurtkrag sessies in Januarie : Maak dit familietyd !





Die tweede belangrike ding is om nooit jou kragopwekker in te prop by 'n muursok nie.

uuhhmm ..... oops ! :blush:


(ns : ek het wel battery-aangedrewe ligte wat self aangaan as die krag af is, maar dit is slegs om nie my toon te stamp oppad na die ketel toe nie, en om my laaitjietie wat nou op sy wegkruipertjie-stadium is op te spoor. )

Ta-An
Dec 4th 2008, 03:53 PM
Die tweede belangrike ding is om nooit jou kragopwekker in te prop by 'n muursok nie.
Nou hoe op aarde kry jy dan krag in jou huis?? :hmm:

Gelukkig was my man op 'Tek' gewees, hy weet van hierdie soort goeterse :pp

Ek het so 'n genommerde lys... (wat nou op soek is !!)
1.Doen sus
2.Dan so

marline
Dec 5th 2008, 04:21 AM
Ek het so 'n genommerde lys... (wat nou op soek is !!)
1.Doen sus
2.Dan so

Ek het ook so lys met instruksies!:D
Sonder dit blaas ek sekerlik die huis, generator en bure se huis op.:lol:

Son of the South
Dec 5th 2008, 04:39 AM
Nou hoe op aarde kry jy dan krag in jou huis?? :hmm:

Dis juis die ding: Draagbare kragopwekkers is nie eintlik ontwerp om jou huis krag te gee nie.

Die korrekte manier (lees $$$) as jy jou huis wil kraggee is om 'n gekwalifiseerde elektrisiŽn te kry (wat weer vir jou 'n Nakomings Sertifikaat kan uitreik) om vir jou 'n permanente fasiliteit te skep vir die veilige opkoppel van jou kragopwekker wat voldoen aan die bedradingsregulasies.

Die beste sal wees as 'n aparte verdeelbord geskep word waarop al die stroombane wat van noodkrag voorsien moet word gekoppel is. Tipies word net deel van die elektriese installasie van noodkrag voorsien. Tensy jy dit weereens kan bekostig, sal jy byvoorbeeld nie wil hÍ dat iets soos jou geyser op noodkrag moet wees nie. Die elektrisiŽn moet dan ook 'n drie posisie dubbel pool oorgooi skakelaar installeer op die noodkrag verdeelbord. (Posisie 1 = ESKOM, Posisie 2 = Af, Posisie 3 = Kragopwekker. Dubbel pool - m.a.w. dit onderbreek beide die lewendige en neutraal geleiers.)

So fasiliteit mag dalk geld kos, maar dit kan lewens spaar en dit sal jou in staat stel om die oorswaai na kragopwekker krag veilig en maklik te doen, selfs al is manlief nie tuis nie.

Willem
Dec 5th 2008, 08:02 AM
:note:

SOS is SOOOO Reg!

Oppas vir die portables! die hoeveelheid rook en CO2 wat hulle uitblaas is :eek:

Ons moes begin van jaar een vir Skakelbord kry en hy kon net die' dra, maar die mense het gekla van die reuk en soms effe hoofpyn gekry as wind verkeerd gewaai het ! ( ons het baie spasie in die gebou en die ding was buite op balkon gewees -- so oppas ! )

Nou groot monster in basement wat hele gebou trek , en moes nog net 4 keer aankom.

Wat ek wil weet ( nou gaan ek die ingenerd darem ma misbruik :rofl: ma hy moet verskoon want ek is ok 'n nerd , net nie inge nie :rofl: )

Kan mens die ligte na led downlights oorskakel om van inverter te trek terwyl krag af is ? en belangrikste watter gevare is nou weer met inverters en batterye betrokke ? weet die goete gee ook gasse af ma my nerdgeit trek meer na mense help om te print en so aan... die res verbeel ek my ma oor :spin:

Ta-An
Dec 5th 2008, 09:01 AM
... selfs al is manlief nie tuis nie.Veral as manlief nie tuis is nie :idea:

Son of the South
Dec 5th 2008, 12:21 PM
:note:

Kan mens die ligte na led downlights oorskakel om van inverter te trek terwyl krag af is ? en belangrikste watter gevare is nou weer met inverters en batterye betrokke ? weet die goete gee ook gasse af ma my nerdgeit trek meer na mense help om te print en so aan... die res verbeel ek my ma oor :spin:Hi Willem. Ek weet okkie alles nie hoor!

Lig uitstraal diode (LUD) of sommer LED lamp ligte is deesdae die in mode-ding. Ja, ons eie konferensie kamer by die kantoor het gewone buisligte vir helder lig en LED downlighters (sien, ek weet byvoorbeeld nie wat is goeie afrikaans hiervoor nie) vir sagte lig. Ons LED ligte se stroombaan word deur 'n omskakelaar (inverter) voorsien wat van batterye af werk. LED ligte is alreeds wyd beskikbaar, maar is nogals duur. Oulik om kliŽnte mee te beÔndruk by die kantoor, maar ek het nog nie sulkes in my sitkamer by die huis nie.

Die gas waarna jy verwys is seker maar die waterstofgas wat alle loodsuur batterye afgee wanneer dit herlaai word. Waterstofgas is nie so nadelig vir jou om in te asem nie, tensy jy 'n skelm dampie gaan maak in 'n batterykamer. Jy kan dalk ook eendag leer blaf: Woef!

Uninterruptible Power Supplies (UPSe, Afrikaans??) is 'n goeie opsie, maar is weereens BAAAAIE duur. Die maksimum aanvraag bepaal die grootte van die UPS en die tydsduur waarvoor hy moet aanhou krag lewer bepaal hoeveel batterye. Op die beste is dit bedoel om 'n paar minute krag te gee sodat belangrike prosesse veilig gestop kan word (soos om jou laaste forum plasing te stoor) voor die krag heeltemal afgaan. Tensy jou Oom 'n olie sheik is, kan jy hierdie opsie maar op jou maag skryf.

marline
Dec 7th 2008, 06:01 PM
Kom ons kyk bietjie hoekom het ons kragopwekkers? Dit is nou behalwe omdat die krag af is.:rofl:

Ek moet my hare blaas, en my sepies kyk. Tee maak ek sommer op die gasstofie.

Son of the South
Dec 7th 2008, 07:55 PM
Kom ons kyk bietjie hoekom het ons kragopwekkers? Dit is nou behalwe omdat die krag af is.:rofl:

Ek moet my hare blaas, en my sepies kyk. Tee maak ek sommer op die gasstofie.Soos ek sÍ, party mense hťt geld en hulle kan dit ook nie wegsteek nie. ;) As jy 'n kragopwekker sien as 'n meganisme om jou gemak te verleng en jy het die geld, dan is dit seker maar jou saak.

Nee, my grootste bekommernis is my vrieskaste. Sonder krag kan ons maar die sepies los en boesman TV (kampvuur) kyk. Die ding is dat as die krag te lank af is, dan sal die vrieskaste later ontdooi. So, as die krag lank af bly, dan braai ons almal eerste by my huis, hůůr! :idea:

Willem
Dec 7th 2008, 09:41 PM
Hi Willem. Ek weet okkie alles nie hoor!

:idea: DIS net WYSE OUENS wat dit se!



Die gas waarna jy verwys is seker maar die waterstofgas wat alle loodsuur batterye afgee wanneer dit herlaai word. Waterstofgas is nie so nadelig vir jou om in te asem nie, tensy jy 'n skelm dampie gaan maak in 'n batterykamer. Jy kan dalk ook eendag leer blaf: Woef!

Te min longe oor vir rook :pp maar die wat ek het werk baie goed dankie!


Uninterruptible Power Supplies (UPSe, Afrikaans??) is 'n goeie opsie, maar is weereens BAAAAIE duur.

WEET ek die nie, jy sal op jou rug val as jy weet wat hulle charge vir 5kva wat net 30 minute gee:eek:

Wat ek eintlik wil weet is of dit moontlik is om inverter en kar-battery te koppel aan stroombaan wat ligte op is en die van hoof db te verwyder?

Sien die hoof van die huis ;) ( ek is al lank getroud en is eerder happy as reg :rofl:) het besluit ons moet baie van die downlights he en die goed blaas so elke nou en dan as dit warm word of hulle jaar oud is op die birthday party of so ( weet nie of hulle die verkeerde kersies uitblaas nie ...:rofl: ) toe kyk ek wat dit kos om die te vervang en led in te sit en ek reken dit sal na so 2 jaar begin in swart gaan ( beancounter alert! ek werk te veel met die':rofl: ) plus die lektrisiteit sal minder wees en as ek nog inverter aansit kan ons sawens in stilte sit en kaart speel en stoei met laaitie oppie mat:hmm:

mari
Dec 9th 2008, 09:29 AM
Kom ons kyk bietjie hoekom het ons kragopwekkers? Dit is nou behalwe omdat die krag af is.:rofl:

Ek moet my hare blaas, en my sepies kyk. Tee maak ek sommer op die gasstofie.


Ja SOS...... ons is ook een van daai honda copi verkopers ( die bloues;) ) maar doenne dit darem so tussen die scooters en baaiks deur, so kan die goed darem service..... en onthou tog, 'n chinaman sal enigiets aan enigiemand verkoop, so doen maar huiswerk oor jou suplier t.o.v. parte en diens....... die gehalte hang baie van jou invoerder af en naverkope diens van jou agent is belangrik........


marline.... ons het so 'n kleintjie verkoop, net 750 kWa .... hier inne suide het die kraggies so rapsie voor half sewe afgegaan ( al het die skidule 6nm gese - net genoeg tyd om jou hoopvol te maak.... ) ...... en die meeste van hierdie outjies was dan vir 'n lig of twee en die TV..... die blou dwergies is toe sommer "sewende Laan Specials" gedoop - want Eskom het gegaan net voor die geliefde wysie wou begin......:rofl:..... maar die tiekies is darem ook portable genoeg en raas darem nie te veel nie, so gaan lekker saam kamp.....

m