PDA

View Full Version : Jan Fiskale is die konings op ons werf.



protea
Dec 6th 2008, 01:25 PM
Julle ken seker die Jan Fiskaal voeltjies ook as die Laksmanne omdat hulle hulle prooi so aan die hakiesdrade 'ophang' (veral sprinkane) Hier is n hele paar broeipare op die werf en elke paar het sy eie gebied . Hulle jaag veral die spreeus weg want dis HULLE area. Hulle lyk kompleet soos 2 vliegtuigies wat n 'in-vlug-herbunkering' doen en die spreeus laaik dit NIKS...
Verlede jaar het hulle ons n les in kinderopvoeding gegee want jongboet(of sus) het hier op die wasgoedpale gesit en skreeu: BRING VIR MY KOS! Maar moeder en vader fiskaal het met sulke stywe ruggies syyyyyntoe gekyk, die skreeuende 'tiener' n ignore gekap en met skrefiesoe oor die vlakte getuur.... Hulle hele houding het gese : Maar boeta, jy is nou mooi groot om jou eie potjie te krap. Na n week se geskree was boeta se keel of te seer of hy was te honger en toe het hy nie meer op die paal sit en skree nie....
Vanoggend hoor ek die Jan Fiskale is so ontsteld en toe ek uitkyk , toe sien ek daar is n boomslang wat te smaaklik die een Jan Fiskaal nessie se eiers in die Norfolk den opeet. Jy sien behoorlik die bobbeltjies soos die eiertjies afbeweeg in die slang se lyf .Maar die Jan Fiskaal en n pel verklaar oorlog en duik af op die slang en herhaaldelik pik hulle na sy kop soveel so dat die slang letterlik verdryf is oor die grasperk tot in die kampie langs die huis se lang gras.
Dit het my so laat dink hoe wonderlik die Vader die natuur geskape het met elke diertjie se instink en sy manier van oorlog maak . As die Vader so sorg vir die natuur , hoeveel te meer nie vir ons wat die kroon van sy skepping is nie!

Die Filadelfieer
Dec 9th 2008, 09:35 AM
Ai Protea,
Ek wik en weeg al lank of ek nie vir my 'n Karoo plasie moet aanskaf nie. Jou pos maak my sommer lus om eiendomsagente te begin bel ............

protea
Dec 9th 2008, 07:20 PM
O nou praat jy van my geboortegrond!
Die Rooms Katolieke Kerk het blykbaar die gesegde : Laat ons n kind tot en met sy 7 e jaar onderrig en hy is RK vir die res van sy lewe. Dieselfde geld vir die Karoo. Ek het op Laingsburg grootgeword (my pa was onderwyser )en my man op n plaas in die Montagu distrik en as ons nou moet kies waar ons vakansie wil hou ,is ons eerste keuse altyd erens waar dit droog is soos bv Namibie of Gamkaskloof (die Hel) waar ons gereelde gesigte is. Die Karoo is in ons bloed . Ons kinders wat in die Tsitsikamma grootgeword het deel glad nie ons passie vir die Karoo nie. Kan ek vir jou advertensies vir Karooplase stuur:idea:

Die Filadelfieer
Dec 10th 2008, 05:33 AM
Kan ek vir jou advertensies vir Karooplase stuur:idea:

Ai, ek het gister bietjie op die web rond geswerf en geloer na die pryse, maar maggies die plekke is duur ! Ek het regtig gedink met die volstruisplaag en lastige skaap probleme gaan die plekkies bietjie goedkoper wees. :D
Ek stem saam met jou Protea, daar is net iets aan die Karoo, en die plek roep mens of stoot mens weg. Ek sal eendag as ek groot is wel my plasie daar gaan uitsoek.

protea
Dec 10th 2008, 11:53 AM
Fila , die rede waarom die klein Karoo plasies sulke groot pryse het deesdae is eerstens omdat n stadshuis baiekeer dieselfde prys het as die plasie (en wie gaan nou in die stad bly as jy kan wegvlug?) en tweedens is die ouens wat die klein wegvlugplekkies koop nie noodwendig finansieel afhanklik van n inkomste uit die plaas nie . Hulle gaan 'speel' net naweke en vakansies daar. Dis juis n groot bekommernis in boerderygeledere want ongediertebeheer, om maar een aspek te noem, word nie meer gehandhaaf as daar een kommersiele boer se tussen 5 naweekboere bly nie . Lg is nie gepla nie want hulle ly nie skade nie. Dis heeltemal n ander boerderyprofiel as so n paar dekades gelede.