PDA

View Full Version : Wip ek nou vir my vandag!



Lanie
Dec 10th 2008, 02:46 PM
Ek steek toe uiteindelik my kop vandag tussen die bokse uit en besluit om my nuwe tuisdorp se naaste winkelsentrum te gaan verken. En boekwurm wat ek is, haas ek my eerste na die boekwinkel want ek was al voorheen daar en weet hulle het 'n groot verskeidenheid christelike leesstof en bybels. Ek loop dwarsdeur die winkel en sien nie 'n enkele bybel of christelike boek nie. "No mam, we don't keep any of those books anymore." 'n Tannie sÍ toe vir my dit was in die koerant dat hulle alle christelike leesstof van hulle rakke verwyder want dit verkoop nie!!!!! :B :B :B :B :B AAAAAAAAARRRRRRRRGGGGGGHHHHHH!!!!!!!!

Die Filadelfieer
Dec 11th 2008, 08:21 AM
Phil het 'n plekkie daar iewers waar hy sy boeke koop, hoor bietjie by hom waar dit is... en sterkte met die nuwe dorp Lanie !

Phil Fourie
Dec 14th 2008, 07:56 PM
Ek gaan dit sommer reguit se, dit is by Facination Books gewees ne!

Toemaar, as ek terug is van verlof af, sal ek saam met myse dominus daar instap met die evangelie, en moontlik gaan dit 'n uit die vuur rukkery wees ;)

Maar intussentyd gaan klop maar aan by PNA net op met die trappe, of jy kan kan net oorkant die Checkers sentrum, oorkant die pad van CNA af na Shalom boekwinkel toe gaan, hulle behoort jou te kan uithelp of bestel wat jy nodig het ;)

Groete en welkom in die beste dorp in die land :)