PDA

View Full Version : Help asseblief Bediening: Uitreik na Lesotho



CFJ
Dec 10th 2008, 07:32 PM
Hallo mense, ek gaan julle mis van Vrydag af (die 12de), want ons is 'n spannetjie van so 8 mense wat tot volgende Saterdag die 20ste in Lesotho sal wees op 'n uitreik. Bid asseblief vir ons en dat God ons wysheid en die nodige krag sal gee, terwyl ons daar is. Bid ook vir eenheid tussen ons en dat God se eer heeltyd eerste gestel sal word.

MercyChild
Dec 10th 2008, 07:36 PM
Bid vir jou, en dat die Here sommer baie deure vir julle sal oopmaak vir siele wen. Geniet die geseende tyd daar. Mag dit vir julle sommer 'n groot blessing wees!:hug:

Sonia Smit
Dec 11th 2008, 07:02 AM
Julle moet 'n voorspoedige reis hÍ en ek bid die beskermende bloed van Jesus oor julle.

Vader trek asseblief 'n bloedkrink om elke motorvoertuig wat die pad na Lesotho gaan aandurf. Vader ek vra ook dat U die groepie sal lei deur U kosbare Gees en dat daar eenheid in Jesus sal wees. Here, ek wil vir U dankie sÍ dat U die groepie toerus met die nodige kennis en dat U hulle krag sal voorsien om U werk te voltooi. Ek bid dit als in die wonderlike Naam van Jesus Christus. Amen

marline
Dec 11th 2008, 01:57 PM
Hi CFJ, Julle goedjies is seker al gepak, net reg om die lang rit aan te durf. Met Die Vader wat waak oor julle, kan als net goed gaan. Mag julle 'n vrugbare sending he.:pray::pray:

Ta-An
Dec 11th 2008, 02:08 PM
Mag julle goeie saad gaan saai :pray:

Willem
Dec 12th 2008, 01:37 PM
"en van die saad het in goeie grond geval":pp

Dankie Vader dat U woord getrou is en dat dit nou ook sal gebeur.

sterkte Ferdi.

protea
Dec 13th 2008, 02:16 PM
Ons bid dat die 'grond' reeds voorberei sal wees en dat die Heilige Gees die ontkieming en die groei van die 'saad' sal gee.:pray:

marline
Dec 23rd 2008, 04:38 AM
Nou gaan jy ons vertel hoe dit met julle gegaan het? Van al die wonderlike werke wat julle ervaar het? :):)

CFJ
Dec 23rd 2008, 05:21 AM
Nou gaan jy ons vertel hoe dit met julle gegaan het? Van al die wonderlike werke wat julle ervaar het? :):)

Ek doen dit graag Marline! Dit verstom mens hoe ontvanklik die mense vir die Evangelie is en iets wat ek glad nie besef het nie, is dat in die omgewing van die berge waar ons was, 'n gebied is waar ongeveer 30 duisend mense bly, wat of nog nie werklik bereik is met die Evangelie nie of wat dit graag wil hoor maar niemand reik na hulle uit nie. Selfs in die gebied waar ons was, is daar mense wat nog nooit buite daardie gebeid was nie en dit geld vir die meerderheid van die mense en dit wys maar net hoe afgeleŽ sekere dele kan wees.

Ons plan is (meer spesifiek ons leier, Anton Mostert s'n) om met 'n volgende uitreik te kyk na die moontlikheid om met perde of heel moontlik te voet, die berge in te vaar en te sien wat daar aangaan. Ek kan ongelukkig nie goed perdry nie en sal maar eers sien of dit 'n moontlikheid kan wees. Die ander ding wat mens ook eers besef as jy daar is, is dat die lug geweldig dun is (tussen 2500 en meer 3000 meter bo seespieŽl) en mens sukkel die eerste paar dae om asem te haal en word ongelooflik gou moeg, maar dit is gelukkig nie onoorkomlik nie. Die Here het genadiglik beskik dat een van die swart tolke wat tans nog opgelei word as 'n pastoor, 'n hart het vir hierdie mense in afgeleŽ gebiede en alles dui daarop dat daar nog sulke braak gebiede in Lesotho is. Sy hart lÍ daarin om kerke te plant en dan aan te beweeg. Mens sal hom graag wil ondersteun en die toekoms sal wys hoe, soos wat die Here elkeen sal lei en dring om te doen.

Nog iets wat mens nogal oorweldig, is die lower-groen omgewing. Die hele Lesotho (of eerder waar ons was) lyk soos 'n massiewe grasperk en alles, letterlik alles is een kleur groen. Alhoewel dit mooi is, raak dit nogal te veel vir sommiges, want daar is baie min kontras in kleur, want tot die berge is tot op die hoogste top, so groen soos wat dit in die valleie is. Dit reŽn elke dag sekere tye van die jaar en daar is water wat skrik vir niks. Oor hierdie rede bou Suid Afrika op hoofsaaklik eie koste en ook gedeelde koste met die buiteland (Europa), damme in Lesotho en word meeste van hierdie water Gauteng toe herlei. Ons was juis by die Katse dam en dit was nogal insiggewend hoe groot hierdie projek is en dat daar blykbaar nog 4 fases oor is met 'n dam of 3 wat nog gebou moet word.

marline
Dec 23rd 2008, 05:34 AM
Dit is nogal vreemd dat in ons hedendaagse tyd mense nog nooit met die Evangelie bedien is nie. Ek wonder nou net, hoe werk die Evangelie saam met mense se tradisies?
Dit klink my julle het 'n wonderlike verreikende tyd gehad, dankie vir die inligting.
:idea:Miskien moet jy by 'n perdry skool aansluit voor julle weer gaan, dit gaan baaaaie makliker wees as stap, en julle sal 'n groter veld kan dek. As als so groen is, is daar sommer oral kos vir die perde ook. Ek wou nou voorstel dat julle 'n ekstra perd vat wat Bybels kan dra, maar die mense kan seker nie lees nie. Sommer 'n ou grappie!!!

Ta-An
Dec 23rd 2008, 07:34 AM
Ek wou nou voorstel dat julle 'n ekstra perd vat wat Bybels kan dra, maar die mense kan seker nie lees nie. Sommer 'n ou grappie!!! Nou nie om die draad te derail nie... maar ek het iets baie interesant gehoor gister toe ek na tweedehandes 'ou' Bybels gaan siek het.... Jammer, maar die "Swatrmense" het al ons Bybels opgekoop om saam te vat 'Huistoe'...:pp G_d is besig om te werk in die lewens van almal wat Hom soek.

marline
Dec 23rd 2008, 11:46 AM
Nou nie om die draad te derail nie... maar ek het iets baie interesant gehoor gister toe ek na tweedehandes 'ou' Bybels gaan siek het.... Jammer, maar die "Swatrmense" het al ons Bybels opgekoop om saam te vat 'Huistoe'...:pp G_d is besig om te werk in die lewens van almal wat Hom soek.
Wow, en hier dog ek die meeste mense op sulke verafgelee plekke kan nie lees nie! Ek vra om verskoning. Wys jou net, mens moet nie net aannames maak nie.:blushsad:

Ta-An
Dec 23rd 2008, 06:42 PM
Wow, en hier dog ek die meeste mense op sulke verafgelee plekke kan nie lees nie! Ek vra om verskoning. Wys jou net, mens moet nie net aannames maak nie.:blushsad:My tuinjong van Malawi, kan Engels en 3 swart tale vlot lees, skryf en praat :)

protea
Dec 23rd 2008, 07:05 PM
Ferdie , wat is die Sothos se ingesteldheid wanneer hulle moet kies tussen die Christendom en voorvaderaanbidding? Baie Zoeloevroue het aan ons kerk se uitreik op Misinga ook gese dat hulle eers hulle mans moes vra voordat hulle Jesus as hulle Saligmaker kon aanvaar. Het julle ook sulke insidente teegekom? Daar was baie Zoeloes wat beide die Christendom en ook nog voorvaderaanbidding 'beoefen' het. Het julle dit onder die Sothos ook gekry?

CFJ
Dec 23rd 2008, 07:18 PM
Ferdie , wat is die Sothos se ingesteldheid wanneer hulle moet kies tussen die Christendom en voorvaderaanbidding? Baie Zoeloevroue het aan ons kerk se uitreik op Misinga ook gese dat hulle eers hulle mans moes vra voordat hulle Jesus as hulle Saligmaker kon aanvaar. Het julle ook sulke insidente teegekom? Daar was baie Zoeloes wat beide die Christendom en ook nog voorvaderaanbidding 'beoefen' het. Het julle dit onder die Sothos ook gekry?

Hi Mona,

Volgens die mense wat al daar was, is voorvaderaanbidding redelik volop, maar hierdie jaar het ons werklik min met dit te doen gekry. Daar was 'n vrou wat bepaald demoon besete was en sy sou ons die voorlaaste dag kom sien, maar het toe nooit opgedaag nie, andersins was dit regtig 'n betreklike mak uitreik, maar tog veeleisend.

CFJ
Dec 30th 2008, 11:07 AM
Mense, daar is werklik 'n groot behoefte aan veral medewerkers en arbeiders in Lesotho en elkeen wat so gelei word, kan kyk hoe die Here jou wys om betrokke te raak. Die beplanning is om April 2009 weer uit te reik na dieselfde gebied. Mens wil probeer om voor die winter te gaan want die paaie is redelik onbegaanbaar in die winter en dit is maar bitterlik koud daar.

Ek sal julle op hoogte hou maar wou net eers die behoefte in die algemeen aanspreek.

Willem
Jan 4th 2009, 09:01 PM
Hi Ferdi,

hoeveel kom julle donkerskool tee? Dis nou die inisiasie proses.

Het laas week 3 donkerskole in 150 km in 3 uur teegekom.

Pa se hulle sukkel maar met die Amos , so ons moet maar die mense in ons gebede opdra.

Sal sien hoe sake staan die jaar, miskine kan ek gaan help.

Groete
Willem

riavanwyk
Jan 8th 2009, 09:23 AM
Hallo mense, ek gaan julle mis van Vrydag af (die 12de), want ons is 'n spannetjie van so 8 mense wat tot volgende Saterdag die 20ste in Lesotho sal wees op 'n uitreik. Bid asseblief vir ons en dat God ons wysheid en die nodige krag sal gee, terwyl ons daar is. Bid ook vir eenheid tussen ons en dat God se eer heeltyd eerste gestel sal word.
mag 1Kronike 4 : 10 in hierdie tyd seŽ vier dat God julle anker sal wees en dat die belofte absoluut waar sal wees in julle uitreik.
Alle seŽn Ria

Thomas Marx
Jan 8th 2009, 11:41 AM
Ek wonder nou: het die koning al sy Koning ontmoet?:hmm:

CFJ
Jan 9th 2009, 06:13 AM
Hi Ferdi,

hoeveel kom julle donkerskool tee? Dis nou die inisiasie proses.

Het laas week 3 donkerskole in 150 km in 3 uur teegekom.

Pa se hulle sukkel maar met die Amos , so ons moet maar die mense in ons gebede opdra.

Sal sien hoe sake staan die jaar, miskine kan ek gaan help.

Groete
Willem

Dankie Willem, jammer dat ek nou eers terugkom na jou toe. Die tyd van die jaar wat ons daar was, het ons nie met dit te doen gekry nie, die inisiasies.

Ek sal jou op hoogte hou van die volgende uitreik.

CFJ
Jan 9th 2009, 06:34 AM
Ek wonder nou: het die koning al sy Koning ontmoet?:hmm:

Hi Thomas,

Jy meen of die koning van Lesotho al vir Jesus ken? Ek weet nie, maar wat vir my nogal interessant was, was dat baie van die mense waar ons was, glad nie vir Nelson Mandela ken of eers weet van hom nie, maar almal ken darem Lesotho se koning. Meeste waar ons was is Rooms Katolieke en hulle weet van Jesus, maar hulle het in vÍrreweg die meeste gevalle, nog nie die Koning van die konings ontmoet nie.