PDA

View Full Version : Die Skaal



MercyChild
Dec 10th 2008, 08:40 PM
Ag ek moes net.........ek kon dit nie vir myself hou nie.:rofl:

Was een van julle al bly om op die skaal te klim en te sien dat jy 'n volle 10 kilogram opgetel het?. Ironies ne, ek weet.

Wel ek was vandag te bly om te sien ek is swaarder as ooit.....lol:rofl:
Ek het nogal gewonder wat met my klere aangaan, en het die skaal probeer. Ek is nog net so 4 kilos onder gewig, dan is ek ook al weer behoorlik mens............lol:pp

Ta-An
Dec 10th 2008, 09:03 PM
Dit is wonderlike nuus :pp
Want dit beteken die gif is uit jou liggaam uit...of al te minste, dit is afwesig in jou liggaam, en jy het weer eetlus!! :pp

Ek sal jou so 4kg van myne gee :)

marline
Dec 11th 2008, 06:03 AM
Ek het ook 3 wat jy kan kry!:rofl: Dis 'n baie goeie teken, en nou voel jy seker ook baie gesonder en met meer energie. Nou kort jy nog net SA son, dan is jy A-for away.:rofl:

MercyChild
Dec 11th 2008, 08:22 AM
Maar julle oplossings klink vir my so reg, nou dis wat ek sal doen. Ek sal Ta-An se 4 kg's van en Marline se heerlike SA son. :rofl:
Sjoe, ek kan amper nie meer wag om net huistoe te gaan nie...........

paidforinfull
Dec 16th 2008, 01:33 AM
Dis nou regtig wonderlik nuus, MercyChild. Te maar is ook nie gesond nie.

(Ek het vir jaaare lank tussen 46 en 49 kg geweeg, en het eers sedert ek 'n wedergebore Christen is gewig opgetel. Nou kan jy ook maar so 5 van myne kry :) ).

Prys die Here - jy word nou gesond!

Ta-An
Dec 17th 2008, 06:54 PM
MercyChild, jy is verondestel om die pakkie te aanvaar en nie terug te stuur nie :rolleyes:, daar sal nou 5 kg met installments by jou opdaag :pp

MercyChild
Dec 17th 2008, 08:47 PM
Linda, jy is verondestel om die pakkie te aanvaar en nie terug te stuur nie :rolleyes:, daar sal nou 5 kg met installments by jou opdaag :pp

lol..................ek belowe ek sal nie terugstuur nie, ek bring dit dan saam met my huistoe...........gits ek hoop hulle laat my op die vliegtuig met hierdie vreeslike gewig...............:lol::lol: