PDA

View Full Version : Help asseblief Gebed: Dringende gebed nodig



Sonia Smit
Dec 12th 2008, 07:12 AM
Hi julle,
Vanoggend oppad werk toe kry my man 'n oproep, een van hulle "demo" motors is gesteel by een van die werknemers se huis. Die man het die motor van die vloer afgetrek sonder om prosedure te volg, met die gevolg die motor het nie 'n tracker ingehad nie.

My man het my gebel en gesÍ sy hoofdame dryg om hom te laat afdank, hulle probeer dit nou sy skuld maak. Bid asseblief dringend vir hom!

Dankie julle :hug:

MercyChild
Dec 12th 2008, 07:14 AM
............:pray::pray:.................Ek dra julle op in gebed............:pray::pray:

Son of the South
Dec 12th 2008, 07:20 AM
Mag God vir julle alles ten goede laat meewerk.

Sonia Smit
Dec 12th 2008, 07:55 AM
Het sopas uitgevind my man moet Maandag gaan vir 'n verhoor. Vader hou asseblief U hand oor ons gesin in Jesus se Naam. Amen

protea
Dec 14th 2008, 06:01 AM
Sonia , ons bid vir julle die Here se kalmte , vrede en wysheid toe . Hy sal vir julle woorde in julle mond le, julle fladderende harte laat bedaar en julle Sy krag gee om deur hierdie krisis te kom ! Die Here is by julle elke oomblik van julle lewens en ook in julle donkerste uur en krisis. Ons bid julle sterkte toe!:hug:

marline
Dec 15th 2008, 04:31 AM
Hi Sonia, Ek bid vanmore baie hard vir julle. Ek kan my net indink watse benoude dag voorle. Onthou net, alles wat met ons gebeur, gebeur met 'n doel. Partykeer word ons uit ons 'comfort zone' uitgeruk, sodat ons ontvanklik kan wees vir 'n ander opdrag. :pray:

Sonia Smit
Dec 15th 2008, 07:03 AM
Hi julle almal,
Ek wil vir julle baie dankie sÍ vir julle gebede en bystand. Ek en my man het baie oor die saak gebid en gepraat en ons los dit nou in die Here se hande. Goeie nuus is dat hulle die motor gekry het, geen skade het nie, die man wie die motor gebruik het se golfstokke en als is nog net so in die motor. My man se verhoor is uitgestel na Donderdag toe, en sy senior gaan vra vir 'n ligter "straf" vir my man. Die man wat die motor gebruik het blameer almal om hom en probeer dit almal se skuld maak, tot die onskuldige drywertjie word nou by dit ingesleep en beskuldig dat hulle die motor wou steel (inside job soos hy dit nou noem). Die storie klop nie heeltemal vir ons nie, maar ons weet dis dalk nie vir ons om nou te verstaan nie.

My man het oor die naweek baie woord gekry en iemand (weet nie wie nie) het vir hom 'n baie gepaste sms gestuur en gisteraand het ons pastoor op die spot iets gesÍ in sy preek. Ons weet ons het die Here se steun en ek weet dat ons julle steun ook het. Dit is nie altyd lekker om so uit jou comfort zone uitgeruk te word nie (partykeer het ons dit nodig), maar dis soos jy sÍ marline, dit maak ons ontvanklik vir 'n ander opdrag wat aan ons gelewer word. Baie dankie julle!

marline
Dec 18th 2008, 02:14 PM
Hallo Sonia, Hoe het dit toe met jou man se saak gegaan? Laat weet ons asb hoe dit met julle huisgesin gaan?

Sonia Smit
Dec 19th 2008, 07:30 AM
Hi daar,

My man het bedank. Hulle het besluit om voort te gaan met die saak, en die DP het sy supervisor belet om hom te verdedig. Toe het hy maar besluit hy sal eerder bedank voordat hy 'n afdanking agter sy naam het, en hy dan gaan sukkel om ander werk te kry. Hulle is almal op goeie voet uitmekaar uit en sy supervisor het gesÍ hy kan hom enige tyd opgee as verwysing.

Hy het al sy CV ook deurgestuur vir 'n ander werk, maar hy oorweeg dit om uit die motor industrie te beweeg.

Ek ondersteun hom 100% want ek weet die besluite wat hy moet neem, neem hy nie ligtelik nie en ek weet dat God ons bystaan. Ek is nie bekommerd nie want die Woord sÍ waar een deur vir ons toe gaan, maak die Here 2 ander oop. Is dit nie wonderlik hoe ons op God se beloftes kan staatmaak nie!

marline
Dec 19th 2008, 07:44 AM
Ja Sonia, dit is so waar. Partykeer vind mens uit wat die Heer se doel is met 'n ding, maar ander kere weer nie. Ek glo mens moet jou nie kop daaroor breek nie, want ons weet verseker, G_D stap met ons 'n pad. Heerlike dag vir julle.

Sonia Smit
Dec 19th 2008, 08:02 AM
Baie dankie vir als! :hug: Dis lekker om vriende te hÍ wat jou kan bemoedig.

Julle moet 'n geseŽnde Desember hÍ en voorspoed vir 2009. Ons sluit vandag af by die werk en ek het nie rekenaar by die huis nie. Ek sal julle almal in die nuwe jaar weer sien!

Mooi bly! En baie Jesus Liefde!:hug:

MercyChild
Dec 19th 2008, 08:10 AM
Hi Sonja

Ek :pray::pray: nogsteed vir julle.................
Ek bid dat God vir julle deure sal open wat julle nog nooit kon bid of dink het nie. Ek bid dat Hy julle die krag sal gee deur hierdie tyd. Ek bid ook dat Hy hierdie sittuasie sal gebruik om julle nader te trek, en dat wanneer julle die eindresultaat sien, aan Hom al die eer mag gee..........

Goed gaan, en God seen:hug::hug::hug:

protea
Dec 19th 2008, 12:59 PM
Sonia, julle pad vorentoe gaan vir julle onbekend wees , maar weet verseker dat die Here elke tree van die roete ken , Hy julle oor elke 'klip' sal help en julle 'hoogtes' sal laat bestyg waarvan julle nie sou van kon droom nie. Mag Hy ook vir julle die 'vrede van God wat alle verstand te bowe gaan' gee wetende dat julle is waar Hy julle wil he. :kiss: Ons bly bid vir julle.

Sonia Smit
Jan 13th 2009, 11:42 AM
Hi julle,
Dis nou die nuwe jaar en ons is sterk op dreef en opsoek na ander werk vir my man. Ek wil asseblief vra dat julle nie ophou bid nie. Ek weet dat God vir ons uitkoms sal gee!

Dankie julle! :hug:

marline
Jan 13th 2009, 11:53 AM
Hi Soja. Welkom terug!!!!! Mag jou man spoedig 'n wonderlike werk uit die Hand van die Here ontvang.:pray::pray:

protea
Jan 13th 2009, 11:56 AM
Ek het aangeneem hy het al werk gekry toe ons niks meer van jou hoor nie? Maar aan die ander kant , so baie van die maatskappye het maar eers onlangs weer begin werk na die vakansie. Ons bid weer vir julle! By die Here is NIKS onmoontlik nie!

Sonia Smit
Jan 14th 2009, 08:35 AM
Baie dankie vir julle almal se ondersteuning! Ek was maar so stil want ek het nie 'n rekenaar by die huis nie toe kon ek vir 'n rukkie nie opkom nie. Het dit baie gemis hoor! En toe ons weer begin werk toe is die ark oop.

Ons het sy CV na verskeie firmas toe gestuur, maar het nog niks gehoor nie. Ons is dalk bietje te haastig, maar ons bly hoop. Weereens baie dankie vir julle almal! :hug:

MercyChild
Jan 14th 2009, 09:28 AM
Hi Sonja, bid nog saam met jou..................:pray::pray::pray:

marline
Jan 14th 2009, 09:43 AM
Ons het sy CV na verskeie firmas toe gestuur, maar het nog niks gehoor nie. Ons is dalk bietje te haastig, maar ons bly hoop. Weereens baie dankie vir julle almal! :hug:

Sonja, ook my man is al 'n rukkie op soek na werk en my sussie stuur toe hierdie wonderlike boodskap vir my: Sondag se boodskap het gegaan oor die dood van Lazarus en dat Jesus 4 dae gewag het voordat hy Bethanie toe gegaan het. Hy moes wag, sodat die mense die omvang van die wonderwerk kon besef. As hy dadelik gegaan het sou hulle gese het Lazarus slaap of is in 'n koma, maar toe is hy 4 dae dood en het al geruik. Jesus het geweet die Here kon net verheerlik word deur geduld en om te wag. Wat ek vir jou wil se, wees geduldig, en luister na die stem van die Heilige Gees in jou .

Dit het baie vertroosting aan my gebring, en ek hoop dit doen dieselfde vir jou. en :pray::pray::pray:

Sonia Smit
Jan 16th 2009, 12:20 PM
Ek wil vir julle almal baie dankie se. My man het vanoggend vir 'n onderhoud gegaan en hy het die werk gekry. Hy moet nog nie Bestuurder by die tak gaan sien waar hy gaan werk, dan sal ons hoor wanneer hy moet begin. Op die stadium is dit mixed emotions!

Weereens baie dankie vir julle almal wat vir ons bid! :hug:

marline
Jan 16th 2009, 01:15 PM
Ek wil vir julle almal baie dankie se. My man het vanoggend vir 'n onderhoud gegaan en hy het die werk gekry. Hy moet nog nie Bestuurder by die tak gaan sien waar hy gaan werk, dan sal ons hoor wanneer hy moet begin. Op die stadium is dit mixed emotions!

Weereens baie dankie vir julle almal wat vir ons bid! :hug:

Hi Sonia, dis wonderlike nuus. Ek is saam met julle dankbaar, "Dankie Heer vir hierdie wonderlike uitkoms."

Anel Frylinck
Jan 16th 2009, 03:38 PM
Ek wil vir julle almal baie dankie se. My man het vanoggend vir 'n onderhoud gegaan en hy het die werk gekry. Hy moet nog nie Bestuurder by die tak gaan sien waar hy gaan werk, dan sal ons hoor wanneer hy moet begin. Op die stadium is dit mixed emotions!

Weereens baie dankie vir julle almal wat vir ons bid! :hug:

Jislaaikit Sonia, ek het nou eers jou hele storie gelees - ek is maar bietjie blond soms!!!! Ek is bitter bly vir julle. En ja, God maak nooit deure toe as daar nie reeds ander deure wawyd oopstaan nie. En daarvan kan ek ook getuig, maar dit vir 'n ander keer!!!

You go, girl:pp:pp:pp
En se so vir jou man ook!!!!!!

protea
Jan 16th 2009, 05:38 PM
Sonia, ek is seker julle is ook sprakeloos van dankbaarheid! Ons Here is die God van die leermagte wat voorsien op die regte oomblik en ons loof Hom as ons Anker en ons Rots!

Anel Frylinck
Jan 16th 2009, 05:56 PM
Sonia, ek is seker julle is ook sprakeloos van dankbaarheid! Ons Here is die God van die leermagte wat voorsien op die regte oomblik en ons loof Hom as ons Anker en ons Rots!

Hallo daar Protea,

Ek het jou eerste indrukke gelees van die boek "die Shack". Vir my het die boek baie beteken, al is dit maar net om my afhanklikheid van die Drie-enige God beter te verstaan, en weer vir my te bevestig hoe min ek die grootheid van God se liefde regtig verstaan. Ek sien Sy liefde vir ons as so groot soos al die sterre in die heelal - en hoe groot is dit nie???? Ek kan regtig nie die grootheid van Sy liefde bepaal nie. Woooow;)

Lanie
Jan 17th 2009, 04:39 AM
You go, girl:pp:pp:pp
En se so vir jou man ook!!!!!!

:rofl: Ek dink nie Sonia moet dit vir haar man sÍ nie..... :P


Sonia, ek prys ons wonderlike, wyse Here saam met julle!!! En enige bekommernisse wat jy mag hÍ oor veranderings in julle lewens agv die nuwe werk, neem dit ook na Hom toe en Hy sal jou vrede gee...
:pp :pp :pp

Anel Frylinck
Jan 17th 2009, 09:26 AM
:rofl: Ek dink nie Sonia moet dit vir haar man sÍ nie..... :P


Sonia, ek prys ons wonderlike, wyse Here saam met julle!!! En enige bekommernisse wat jy mag hÍ oor veranderings in julle lewens agv die nuwe werk, neem dit ook na Hom toe en Hy sal jou vrede gee...
:pp :pp :pp

Ag, my liewe Lanie, ek bedoel Sonia moet vir haar man se "You go Boy"!!!:hug:
Nogtans is ek baie bly vir hulle uitkoms!!!;)

Sonia Smit
Jan 23rd 2009, 12:15 PM
Hi julle almal,
Ek het baie slegte nuus. My man kon nie die werk aanvaar nie. Ek was so bly om te hoor dat hy die werk gekry het, maar die omstandighede waaronder hy sou gewerk het sou beteken dat hy sy Here opsy moes skuif. Dit is nagdiens werk en hy sou 4 nagte gewerk het dan 2 nagte af gewees het, dan weer 4 nagte, ens.

Ons sou nooit kerk toe kon gaan nie! Ons is so betrokke deur die week met die werk van die Here, dat dit vir ons 'n baie groot probleem sou gewees het.

Ons hou nog goeie moed dat God iets op sy pad sal stuur wat vir Hom en my man sal vreugde bring.

Baie dankie vir julle almal se gelukwensing, maar ek was toe nou so hele rukkie nie hier gewees nie en lees als nou eers. :hug:

clarize
Jul 7th 2009, 07:57 AM
Gister midag kom ek van die werk af by my "vriend" se huis en hy se vir my dat hy sy huis kan verloor en nog nie werk in gekry het om sy skild te betaal nie en hulle die huis wil vat,ek vra dat almal asb saam sal bid dat God hom n uit weg sal gee en dat hy vinnag werk sal in kry en nie sy bly plek sal verloor nie...hy wil net moet op gee en ek bid dat hy nie sal doen nie en sal weet God is daar vir hom!

Dankie Clarize

Mia Ashton
Jul 7th 2009, 08:13 AM
Liewe Clarize
Welkom hier by ons en wees verseker op hierdie forum is daar mense wat werklik vir jou vriend sal bid. Dit is ongelooflik hoe baie mense swaar kry in hierdie tyd. Ek dink veral vir ons Christene is dit 'n tyd van toetsing. My dogter is ook in 'n benarde finansiele posisie en ek kan net vir jou dieselfde teks gee van ons Heer vir my 'n paar oggende gelede op die hart gele het.

Ek was ook moedeloos, maar ons Vader laat vaar nooit die werk van Sy hande nie en ek bid nou dadelik dat jou vriend en jy versterk sal word.

Lees Ps. 62.
Net by God vind ek rus,
van Hom kom my redding.
Net Hy is my rots en my redding,
my veilige vesting,
sodat ek vas en stewig staan.
V.6
Net by God vind ek rus,
want op hom vertrou ek.
Net Hy is my rots en my redding,
my veilige vesting,
sodat ek stewig staan.

Baie sterkte vir julle twee.
Liefde
Mia

CFJ
Jul 7th 2009, 08:34 AM
Gister midag kom ek van die werk af by my "vriend" se huis en hy se vir my dat hy sy huis kan verloor en nog nie werk in gekry het om sy skild te betaal nie en hulle die huis wil vat,ek vra dat almal asb saam sal bid dat God hom n uit weg sal gee en dat hy vinnag werk sal in kry en nie sy bly plek sal verloor nie...hy wil net moet op gee en ek bid dat hy nie sal doen nie en sal weet God is daar vir hom!

Dankie Clarize

Welkom by ons Clarize! Weet verseker dat Jesus ons nie as wese agter gelaat het nie en dat ons elkeen toegang tot ons Trooster het (Joh 14:16-18). Weet ook dat God altyd vir ons sal sorg en ons nooit, soos in nooit bekommerd hoef te wees nie. God kan wonderbaarlik beskik dat hy die huis behou, maar selfs al verloor jou vriend sy huis, is dit nog nie die einde nie, maar 'n nuwe vars begin waar God bly sorg, net op 'n ander manier as wat hy gewoond aan was... (Mat 6:30-34) :pray:

Die Filadelfieer
Jul 7th 2009, 10:22 AM
Net by God vind ek rus,
van Hom kom my redding.
Net Hy is my rots en my redding,
my veilige vesting,
sodat ek vas en stewig staan.
V.6
Net by God vind ek rus,
want op hom vertrou ek.
Net Hy is my rots en my redding,
my veilige vesting,
sodat ek stewig staan.




Dit is presies wat ek vandag nodig gehad het, baie dankie Mia.