PDA

View Full Version : Help asseblief Waarom 6 dae?

MercyChild
Dec 14th 2008, 12:19 AM
Ek het 'n baie interessante "clip" raakgeloop.

http://www.youtube.com/watch?v=58ATwgiPn9M

Ek weet nie veel van die eindtyd nie, en het vele van die drade op die forum gelees. Ek weet dat volgens die Bybel dat Jesus weer sal kom, maar ek is nie so seker waar om te begin om meer te weet oor die eindtyd nie.

Die clip hierbo het baie inligting en ek het gehou van wat ek hoor, maar is hierdie teorie reg? :help::eek::help:

Son of the South
Dec 14th 2008, 08:34 AM
Sjoe Linda, jy waag dit tussen die leeus!

:note: 'n Paar plasings op Youtube in reaksie op die video waarna jy verwys is deur uitgesproke Sataniste geplaas en is nie goeie leesstof vir iemand met 'n skoon gewete nie. :note:

As mens so deur die vorige plasings op Lighuis kyk, dan dink ek ons is dit eens dat die tweede koms van Christus nie baie ver kan wees nie. Die teorie kan waar wees of nie, maar een ding is seker: Hy kom om ons te haal! :pp

MercyChild
Dec 14th 2008, 01:30 PM
Gits, dankie vir die vriendelike waarskuwing. Die inligting het vir my so reg geklink
Miskien is hierdie onderwerp net nie vir my nie. Ek het die Bybel probeer lees aangaande dit, maar sjoe ek maak amper geen kop of stert uit nie............:B:o:o

bennie
Dec 14th 2008, 03:19 PM

linda.

Daar is baie teorie oor die eind tye. Wat jy op youtube gesien het is maar net een. Dit is 'n komplekse onderwerp, maar tog vind ek dat dit die dieper dinge vanGod behels. Sedert ek die eintye begin bestudeer het, het 'n hele nuwe werald oor Gog vir my oopgegaan. Ny pastoor glo dit is a gawe van God om 'n passie daarvoor tebesit. Ek dink ek stem saam met hom. Nie almal will dit bestudeer nie. God het vir ons almal gawes gegee, en as die joune is, bid daar oor. God sal vir jou wys in watter rigting jy moet gaan daarmee.
Sterkte
bennie

protea
Dec 14th 2008, 04:59 PM
Bennie,
Ek sien nerens in die Bybel waar n passie om die eindtye te bestudeer as n gawe van God gesien word nie. WEL die onderskeiding om te weet wat is waarheid en wat is die leuen. Want in die eindtydbestudering kry jy soveel menings en opinies dat mens gou verward raak as jy nie die influistering van die Heilige Gees het om jou te leer en te lei in die volle waarheid nie. In die Bybel word vir ons die inligting gegee wat die Here wil he ons moet weet.Natuurlik sou die mens meer wou weet, maar die Here gee ons net die inligting wat ons nodig het. Oppas vir menings en opinies van mense wat beweer dat die Here nou kwansuis vir hulle 'inside information' gegee het . TOETS die inligting en bewerings van mense aan die Woord van God. DIT is n rotsvaste maatstaf.

RR van Wyk
Dec 15th 2008, 06:31 AM
Hi almal,
Al die profetiese boekke, veral Daniel, het vir my die hoofdoel om te wys dat die bybel wel die woord van ons lewende God is. Die meerderheid van Daniel se profesiee het reeds splaasgevind, in verstommende akkuraatheid en detail. Geen ander bron kan die toekoms so akkuraat uitl nie.
Al probleem is dat mens nie heeltemal seker is wat bv. openbaring vir ons wil s, omdat die gebeure in baie gevalle so ver in die toekoms is. Dit is waar al die verskillende menings vandaan kom. Hoe nader ons egter aan die vervulling van die gebeure kom, hoe duideliker word als!!
Hou maar net 'n oog oor wreldgebeure, alles sal wel met tyd duideliker word!

Eben
Dec 15th 2008, 07:36 PM
Die feit dat God ses dae gebruik het om die wreld te skape het te make met die toekoms. Ek glo dat as Hy wou, hy dit alles oombliklik laat gebeur het. Hy is immers almagtig.Maar dit bly nie net by ses dae nie maar die sewende dag het Hy gerus van sy werke. Dit is die Sabbat.
Lees in Heb.4

Heb 4:4 Want Hy het rens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus;
Heb 4:5 en nou hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.
Heb 4:6 Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie,
Heb 4:7 bepaal Hy weer n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos ges is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.
Heb 4:8 Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van n ander dag daarn spreek nie.
Heb 4:9 Daar bly dus n sabbatsrus oor vir die volk van God;
Heb 4:10 want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.
Heb 4:11 Laat ons ons dan beywer om in te gaan in di rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.
Ek verstaan dat daar 'n verband tussen die skepping en die tydsverloop van God se plan vir die wreld is. Dit beteken vir my dat daar ses "dae" van arbeid is en daar sal 'n "dag" van rus wees. Die dag van rus glo ek is die millenium dus 'n duisend jaar en die ses dae van werk sal dan ses duisend jaar wees. Die volgende vraag is wanneer is die ses duisend jaar verby. Ek dink ons leef in die laaste jare van die ses duisend jaar. Ons kan net nie presies s wanneer dit verby is nie totdat dit gebeur het nie. Ek raak baie opgewonde!!

MercyChild
Dec 15th 2008, 09:58 PM
Baie dankie Eben, ek dink jy beantwoord my vraag.:hug: Wat ek wou weet of ons werklik in die eindtyd leef. Ek wou graag weet, dit beteken dus dat daar nie meer tyd oor is om te speel nie, en dat ons so spoedig as moontlik die evangelie aan ander moet deel.

bennie
Dec 15th 2008, 10:10 PM
Die feit dat God ses dae gebruik het om die wreld te skape het te make met die toekoms. Ek glo dat as Hy wou, hy dit alles oombliklik laat gebeur het. Hy is immers almagtig.Maar dit bly nie net by ses dae nie maar die sewende dag het Hy gerus van sy werke. Dit is die Sabbat.
Lees in Heb.4

Heb 4:4 Want Hy het rens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus;
Heb 4:5 en nou hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.
Heb 4:6 Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie,
Heb 4:7 bepaal Hy weer n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos ges is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.
Heb 4:8 Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van n ander dag daarn spreek nie.
Heb 4:9 Daar bly dus n sabbatsrus oor vir die volk van God;
Heb 4:10 want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.
Heb 4:11 Laat ons ons dan beywer om in te gaan in di rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.
Ek verstaan dat daar 'n verband tussen die skepping en die tydsverloop van God se plan vir die wreld is. Dit beteken vir my dat daar ses "dae" van arbeid is en daar sal 'n "dag" van rus wees. Die dag van rus glo ek is die millenium dus 'n duisend jaar en die ses dae van werk sal dan ses duisend jaar wees. Die volgende vraag is wanneer is die ses duisend jaar verby. Ek dink ons leef in die laaste jare van die ses duisend jaar. Ons kan net nie presies s wanneer dit verby is nie totdat dit gebeur het nie. Ek raak baie opgewonde!!

eben

ek kom tot dieselfde conclusion. Ek glo God het 'n spesifieke tydperk gegee vir sonde om in te wemel. Na die tydperk sal daar geen meer sonde wees nie.:pp. Ek dink die akuraatheid van wanneer die 6000 jaar tot 'n einde kom kan bereken word. Nie die presiese dag nie, maar die seisoen.
God het 'n plan, dit is in die Bybel, en Hy het dit vir ons gegee.

bennie

MercyChild
Dec 15th 2008, 10:15 PM
Sjoe mense, ek raak mos nou vir jou benoud. Dink ek het net betyds tot bekering gekom, maar my kommer is dat daar so baie is waarvoor ek lief is wat nog nie tot bekering gekom het nie. Ek wil nie he hulle moet agterbly as dit die geval is nie. Bid dan asb saam met my vir my familie se bekering!:pray:

protea
Dec 16th 2008, 01:17 PM
Linda , ek deel jou besorgdheid oor familie en vriende wat nog nie vir Jesus as Saligmaker erken het nie. Maar ongelukkig kan ons nie daardie allerbelangrikste keuse VIR hulle maak nie.
So n paar jaar gelede het ons n brief gekry en die persoon wat die adres opgeskrywe het , het nie geweet dat 'Toekomst' ons plaasnaam is nie en toe kry ons die adres so op die koevert: Mnr en Mev Protea
'Toekomst' straat
Bredasdorp.
Van daardie dag af is 'Toekomst' straat se mense op my gebedslysie. Dit sluit al die plaasmense so al langs die berg in , al hulle familie en vriende en vriende se vriende en natuurlik ons Lighuisvriende en ek wonder hoeveel mense 'Toekomst' straat se gebed al insluit... So jy en jou familie en vriende is ook hierby ingesluit:hug:

MercyChild
Dec 16th 2008, 01:48 PM

Dankie Protea:hug::hug:

Ta-An
Dec 19th 2008, 08:43 PM
Omdat dit lei tot die dag van perfeksie, die sewende dag :)

Stephanus
Dec 20th 2008, 05:53 AM
Eben, jy s onder andere "Ons kan net nie presies s wanneer dit verby is nie totdat dit gebeur het nie."
Miskien het Mattheus 24:14 die antwoord op die presiese datum? Mattheus 24:14 lees as volg "En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wreld tot n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom."