PDA

View Full Version : Bespreking Exodus



marline
Dec 14th 2008, 07:11 PM
Ek wonder toe net, daar is aan die Israeliete manna, water, 'n vuurkolom en 'n wolkkolom gegee. 40 jaar het hulle deur die woestyn geswerf, het hulle klere nie gedaan geraak nie? Wat van hulle skoene? :blushsad:

Lanie
Dec 15th 2008, 04:21 AM
Hi Marline,

Al hulle vee het saam met hulle getrek so dalk het hulle bokvelletjies gedra. :idea: :lol:

marline
Dec 15th 2008, 07:14 AM
Hi Marline,

Al hulle vee het saam met hulle getrek so dalk het hulle bokvelletjies gedra. :idea: :lol:

Ja Ok?? Maar hoekom het hulle dan kwartels gekry? Hulle kon dan mos maar die bokkies eet wat hulle geslag het vir klere?:D

Sonia Smit
Dec 15th 2008, 08:07 AM
Ek glo dat hulle skoene ook nie gedaan geraak het nie. Ek dink dit moes seker die amazingste ding gewees het, die 40 jaar trek deur die woestyn. Dink nie dit was aldag lekker nie, maar dink net, die kinders het grootgeword in die klere wat hulle gedra het! God is groot!

Psalm
Jan 6th 2009, 12:15 PM
Vader voorsien!

Deut 29:5 "Ek ek het julle veertig jaar lank in die woestyn laat trek; julle klere het aan julle nie verslyt nie, ewemin jou skoen aan jou voet."

Neh 9:21 "En veertig jaat lank het U hulle onderhou in die woestyn; hulle het nie gebrek gehad nie; hulle klere het nie verslyt en hulle voete nie geswel nie."

marline
Jan 6th 2009, 12:45 PM
Dankie psalm, Jy's 'n ster!!!!:kiss: