PDA

View Full Version : Geloftedag ?



mari
Dec 15th 2008, 10:30 AM
:help: kan iemand bietjie lig skyn op 'n dilemma ??... :

Gedurende die vormingstyd van dit wat later onse landjie hier aan die suidpunt van Afrika geword het, het 'n klein groepie Voortrekkers van aangesig tot aangesig gekom met 'n oormag....... 'n gelofte is in geloof gemaak dat, as die Here hulle oorwinning in die stryd bied, die dag as Sabbat tot Sy eer gehou sou word vir geslagte wat kom......

.... ek self is direk in die nageslag van daardie groepie vegmanne ( oupagrootjie se groot-oom was daar ) ........

.... hoe moet ons vandag die 16e Desember beskou ....... wat is my verantwoordelikheid as Suid Afrikaanse Christen ?

.... as kind het ons die dag onderhou as Sabbat en daar was selfs nog kerkdiense...... maar toe apartheid val, het die dag se betekenis verander........ en vandag lyk selfs die sabbat boonop anders .....

hoe nou gemaak ?

groetnis
m

mari
Dec 15th 2008, 01:19 PM
BLOEDRIVIER GELOFTE
(1838)
Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n Sabbat sal deurbring, en dat ons 'n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal s dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.

Die 1838 gelofte soos deur die digter W.E.G.Louw in Afrikaans vertaal. Die gelofte was die eerste keer op 9 Desember 1838 afgel en elke aand herhaal tot 15 Desember 1838

Die Filadelfieer
Dec 15th 2008, 02:00 PM
Ek self maak 'n punt daarvan om ten minste kerk toe te gaan op die 16de, al is dit nou net om die samesyn met gelowiges te geniet op hierdie geskiedkundige dag. Geloftedag het niks met 'n politieke ideologie te doen nie, apartheid ingesluit, al is daar sekere partye wat die twee begrippe bymekaar wil uitbring.

protea
Dec 15th 2008, 03:44 PM
Ek voel geweldig sterk oor Geloftedag en voel dat ons huidige regering probeer om die Afrikaner van sy identiteit te wil beroof deur die dag se naam na Versoeningsdag te verander. Dit het met versoening o so heeltemal NIKS te doen nie. Dis n handjievol Voortrekkers wat n gelofte aan God gemaak het om ,as Hy vir hulle die oorwinning gee,die dag as dankdag sal vier , hulle vir Hom n kerkgebou sal oprig en ook die nageslag sal inlig en onderrig oor wat presies by die Slag van Bloedrivier gebeur het. n Volk is hier van uitwissing gered. Ons is ook lief om n Geloftedagviering by te woon,maar nou word in baie kerke versoening op daardie dag verkondig . Nou wat nou gemaak?

paidforinfull
Dec 15th 2008, 06:19 PM
Die Suid-Afrikaanse gemeente hier in Asuncion, Paraguay gaan more-aand (Des. 16) bymekaar kom vir 'n Geloftedag diens / biduur waartydens ons vir Suid-Afrika gaan intree (veral vir die beskerming en voorsiening van al God se kinders in Suid-Afrika).

Ons voel nie Geloftedag het iets met politiek te doen nie, maar is eerder 'n dag van danksegging dat God Sy kinders (van alle rasse) beskerm het op daardie geskiedkundige dag.

Blessings.

David2
Dec 15th 2008, 06:28 PM
As historiese gedenkdag, volksfees en dag om dankie te s vir die uitredding wat gekom het, voel ek baie positief oor geloftedag. Oor die beginsel of 'n volk die reg het om 'n gelofte aan God af te l, het ek twyfel. Geloftes bestaan net in die ou bedeling in die Bybel. Dit het gegaan oor 'n volk wat in verbond met God was (daar is nou nie meer so iets nie) en wat by wyse van 'n gelofte sy verbond hernu het. Ek neem die voortrekkers egter nie kwalik dat hulle 'n "gelofte" afgel het nie. Hulle het dit in goedertrou en geloof gedoen en ek glo God het daardie "gelofte" as 'n ernstige gebed ontvang en dit ook beantwoord. Nie 'n enkeling, volk, organisasie of 'n kerk is vandag in die posisie om met God te "bargain" en te s "as U dit doen, sal ons dat doen". Dit werk nie vandag so nie. Alles is nou net genade.

paidforinfull
Dec 15th 2008, 06:58 PM
As historiese gedenkdag, volksfees en dag om dankie te s vir die uitredding wat gekom het, voel ek baie positief oor geloftedag. Oor die beginsel of 'n volk die reg het om 'n gelofte aan God af te l, het ek twyfel. Geloftes bestaan net in die ou bedeling in die Bybel. Dit het gegaan oor 'n volk wat in verbond met God was (daar is nou nie meer so iets nie) en wat by wyse van 'n gelofte sy verbond hernu het. Ek neem die voortrekkers egter nie kwalik dat hulle 'n "gelofte" afgel het nie. Hulle het dit in goedertrou en geloof gedoen en ek glo God het daardie "gelofte" as 'n ernstige gebed ontvang en dit ook beantwoord. Nie 'n enkeling, volk, organisasie of 'n kerk is vandag in die posisie om met God te "bargain" en te s "as U dit doen, dal ons dat doen". Dit werk nie vandag so nie. Alles is nou net genade.

Wat jy se is heeltemal waar, David2.

Hierdie is 'n ernstige saak, want ons voorouers het nou wel (reg of verkeerd) 'n gelofte afgele, en deur dit te doen 'n "burden" op hulle nageslagte gesit wat geeer moet word.

Eben
Dec 15th 2008, 07:51 PM
Ek weet nie so mooi nie. Paulus leer ons dat al die insettinge soos ons lees in Kol.2 uitgedien is.
Col 2:16 Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie,
Col 2:17 wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.
Col 2:18 Laat niemand julle van jul prys beroof nie, al sou hy behae h in nederigheid en verering van die engele en indring in wat hy nie gesien het nie, en sonder oorsaak opgeblase wees deur sy vleeslike gesindheid,
Col 2:19 en nie vashou aan die Hoof nie, uit wie die hele liggaam deur die gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word en so met goddelike groei groot word.


As ons s dat die Voortrekkers 'n gelofte afgel het en ons moet dit gehoorsaam dan moet ons mos die ander voorskrifte, wat Paulus hier in Kol. beskryf as uitgedien, ook gehoorsaam?

paidforinfull
Dec 15th 2008, 07:58 PM
Ek weet nie so mooi nie. Paulus leer ons dat al die insettinge soos ons lees in Kol.2
Col 2:16 Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot n fees of nuwemaan of sabbat nie,
Col 2:17 wat n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.
Col 2:18 Laat niemand julle van jul prys beroof nie, al sou hy behae h in nederigheid en verering van die engele en indring in wat hy nie gesien het nie, en sonder oorsaak opgeblase wees deur sy vleeslike gesindheid,
Col 2:19 en nie vashou aan die Hoof nie, uit wie die hele liggaam deur die gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word en so met goddelike groei groot word.


As ons s dat die Voortrekkers 'n gelofte afgel het en ons moet dit gehoorsaam dan moet ons mos die ander voorskrifte, wat Paulus hier in Kol. beskryf as uitgedien, ook gehoorsaam?





Ja-nee ('n wonderlike Afrikaanse woord :) ) .

Ek is met jou, Eben, maar tog, 'n gelofte is 'n gelofte (nes 'n huweliksbelofte), en kan nie net afgeskryf word nie.

Hoe nou gemaak?

Ta-An
Dec 15th 2008, 08:15 PM
Hoekom is ons waar ons vandag is met 'n regering wat ons..... wel.....

Miskien omdat ons nie ons kant van die gelofte nagekom het nie?? :hmm:

paidforinfull
Dec 16th 2008, 01:29 AM
Ok, hier volg nou 'n 'copy' van die gelofte soos afgele deur Sarel Cilliers:

Die Gelofte

Mijne broeders en medegenoten,

Hier staan wij tans op een ogenblik voor een Heilige God van hemel en aarde om een belofte aan Hem te beloven, als Hij Zijn bescherming met ons zai wezen, en onze vijand in onze handen zai geven, dat wij hem overwinnen, dat wij de dag en datum

elkejaar als een verjaardag en een dankdag zoals een Sabbat in Zijn eer zai doorbrengen en dat wij een tempel tot Zijn eerstichten zai, waar het Hem zou beha-gen en dat wij het ook aan onze kinderen zai zeggen, dat zij met ons er in moeten delen, tot gedachtenis ook voor onze op-komende geschlachten, want de eer van Zijn Naam zai daardoor verheerlikt wor-den, dat de roem en eer van overwinning aan Hem zai worden gegeven. Amen.

Soos ek dit verstaan is die gelofte slegs van toepassing op die direkte afstammelinge van die persone wat betrokke was by die maak van hierdie gelofgte.

Hoe dit ookal sy - ek voel steeds dit is 'n goeie geleentheid vir Christene om bymekaar te kom om vir Suid-Afrika in te tree, en ook om te onthou hoe goed en groot God is. Mens kan nooit te veel sulke dae he nie :)

bennie
Dec 16th 2008, 04:27 PM
Hoekom is ons waar ons vandag is met 'n regering wat ons..... wel.....

Miskien omdat ons nie ons kant van die gelofte nagekom het nie?? :hmm:


gelukkige gelofte dag aan almal!!!

mari
Dec 16th 2008, 07:18 PM
Soos ek dit verstaan is die gelofte slegs van toepassing op die direkte afstammelinge van die persone wat betrokke was by die maak van hierdie gelofgte.

Hoe dit ookal sy - ek voel steeds dit is 'n goeie geleentheid vir Christene om bymekaar te kom om vir Suid-Afrika in te tree, en ook om te onthou hoe goed en groot God is. Mens kan nooit te veel sulke dae he nie :)


PFF... dis juis my delemma met die ding..... volgens my ouers is ons wel direkte afstammelinge van die groep - hele paar geslagte later, maar darem.... my pa en boeties het ook heel patrioties op die grense terries gejag om dit waarvoor daarie manne begin veg het, te probeer behou ......

MAAR ek glo in die versoeningsboodskap in Christus van die Bybel.........

.... nou sien ek dit so........ in daardie tyd was die "vyand" mense van vlees en bloed en volgens die gelofte sou oorwinning oor hulle die dag dan nou spesiaal maak...... 170 jaar later sit ons in 'n heeltemal ander bedeling en ( soos volgens Skrif ) is ons vyand nie in menseklere met AK47s nie, maar "bose magte in die lug" met baie sluwer wapens .... ons vyand dra nie meer spiese en gewere nie, maar kom in die vorm van haat en onvergewingsgesindheid wat op vrees geskoei is........... dit kruip nie maar agter bosse en klipheuwels weg nie, maar borrel uit ons harte....... ons wapenrusting is nie 303's en bazukas nie, maar geloof en die Woord as swaard......

..... 'n paar jaar gelede was my pa in gesprek met 'n besonderse man - onderwyser met graad in teologie....... so tussen die gesels deur kom hulle toe af op 'n....... wel.... wat noem mens dit ???....... hulle werk toe uit hulle was op die selfde tyd in skermitseling oor die Angola grens toe 'n opleidingskamp aangeval is - 'n swapo kamp ........ die ander man was Inkonto kapelaan, my pa RSM in die SA magte......... altwee het saam met hulle troepe gebid voor die aanslag, altwee het die hand van sterwende soldate vasgehou na die koeels gestop het...... altwee het geglo wat hulle doen is 'n Godgegewe taak.........


.... kan ons die dag nou in eerbied en aanbidding voor onse Vader deurbring vir die oorwinning wat so ver gekom het, en die pad na oorwinning vorentoe vir ons land..... ???... of hoe ???.....

... God se almag is veel groter as ons mense se magspeletjies .....

Die Filadelfieer
Dec 17th 2008, 08:54 AM
Mari,
Geloftedag gaan oor 'n nie-politiese gebeurtenis in ons volk se geskiedenis. Om een of ander politiese konotasie daaraan te heg wys bloot op onkunde wat die dag, en die gebeure wat aanleiding gegee het tot die dag, betref.

Sogenaamde "versoeningsdag" , wat bloot 'n politieke idiologie voorstel, is totaal onversoenbaar (ironies is dit nie ? ;) ) met Geloftedag.

Gene
Dec 17th 2008, 10:55 AM
Die gelofte wat aan God gemaak was, was dat, as Hy hulle (Sy kinders) met behulp van 'n wonderwerk bewaar en laat oorleef, sal hulle en hul nageslag (wat nie vandag sou bestaan het s dit nie vir die wonderwerk was nie) uit dankbaarheid die dag elke jaar aan God wy.... Dit het niks te make met 'n swart- en wit stryd, of 'n oorwinning van een party oor 'n ander nie. God het Sy kinders se gebed verhoor en hulle wonderbaarlik laat oorleef, wat menslik gesproke onmoontlik was, gegewe die oormag waarteen hulle moes veg. En dit is daardie wonderwerk wat ons met Geloftedag herdenk. Ek stem saam dat slegs die direkte afstammelinge van hulle wat die gelofte afgele het, deur die gelofte gebind is, maar dit kan nie verkeerd wees om die wonderwerk saam met hulle te herdenk, en om aan God eer te bring vir dit wat Hy gedoen het nie.

Uiteraard kan daar nie van ander volke verwag word om ook die gebeurtenis te herdenk nie, wat sou beteken dat die dag deur die huidige regering afgeskaf moes word. Maar om diegene wat voel dat hulle die dag as 'n Sabbat wil deurbring in herdenking van God se groot daad, tegemoet te kom, is besluit om die dag nie in sy geheel af te skaf nie, maar om dit tog as vakansiedag te behou. Maar om ander volke nie aanstoot te gee en een volk se geskiedenis op almal af te dwing nie, is daar besluit om die versoening tussen verskillende volke in hierdie land, wat voorheen aartsvyande was, op hierdie dag te herdenk. Sodoende is die Afrikaners vry om steeds die gelofte te herdenk, maar dit word nie op almal afgedwing nie.

Dit is hoe ek dit sien - geen probleem!

theunisw
Dec 17th 2008, 01:47 PM
Miskien omdat ons nie ons kant van die gelofte nagekom het nie?? :hmm:

ACCM,

Ek sien nie Bybelse getuinis dat G-D voorwaardelike verbonde met nie-Joodse nasies aangegaan het dat sou hulle nie hulle kant nakom nie, Hy hulle dan sou straf.

Ons kan aanvaar dat deur G-D se soeweriniteit Hy die voortrekkers die oorwinning gegee het, dat die vorige regering ook deur Sy soeweriniteit aan beheer geplaas is (Daar is geen mag aan bewind sonder Hom nie) en so ook die huidige regering. G-D is in beheer en hoewel ons Sy morele Wil ken, weet ons nie hoekom laat Hy sekere gebeure toe nie.

paidforinfull
Dec 17th 2008, 05:20 PM
PFF... dis juis my delemma met die ding..... volgens my ouers is ons wel direkte afstammelinge van die groep - hele paar geslagte later, maar darem....

Ja, hier is nou vir jou omtrent 'n dilemma - ek dink as ek 'n direkte afstammeling van een van die mense was wat so 'n gelofte voor God gemaak het, sou ek maar voortgegaan het om die dag te heilig, en soos 'n Sabbat te eer (en intree vir veral die Christene in SA - dat God hulle mag bewaar en voorsien in alles wat hulle nodig het.) Dit kan nie kwaad doen nie ;).

Soos Filadelfieer tereg gese het - die dag gaan nie oor die politiek nie (maar eerder om God te eer).

Blessings.