PDA

View Full Version : Te oud vir 'n vlegsel?

paidforinfull
Dec 16th 2008, 01:36 AM
Nou het ek julle professionele raad nodig :)

Is 50 te oud vir 'n vlegsel? Ek word nou eerskomende Feb. 50 jaar oud, en dra my hare gereeld in 'n vlegsel. Die klimaat hier is baie warm en baie bedompig, en my fyn ou haartjies kink darem maar te aardig as ek dit nie vasmaak nie (en die helmet-draery help ook nie).

Wat is julle menings oor hierdie gewigtige (vir my) saak?

protea
Dec 16th 2008, 12:40 PM
Paidforinfull,
Volgens die 'boek' is dit seker. Maar geen 2 mense se omstandighede, haardikte en klimaat waarin hulle woon is dieselfde nie , so geen reel kan werklik op almal van toepassing gemaak word nie. En die Franse vlegsels is vir my so mooi al dra n volwasse vrou dit . So, reels is daar om gebreek te word en op die ou end maak almal soos hy of sy goed dink en gemaklik mee is. Lekker dag vir jou in Annerland!:kiss:

paidforinfull
Dec 16th 2008, 01:18 PM

Aai, Protea, weet jy hoe begeer ek dit om my hare in 'n mooi styl te laat sny, maar dit gaan eenvoudig nie hier met my ou haartjies werk nie. Die Paraguayne het oor die algemeen die lieflikste, dik lang hare (om nie eers van die Guaranie Indiane se lieflike blinkswart lang reguit hare te praat nie), maar my 'fluffies' is nie vir hierdie klimaat gemaak nie.

Ek het laas Desember (nadat ek baie hare tydens 'n lang siekte verloor het), my hare laat kort sny, hopende dit sou natuurlik krul, maar aai, dit het aaaaaklik gelyk! Het dit toe maar weer laat uitgroei, en maak nou 'n vlegsel as ons met die scooter gaan ry (of sit dit op met 'n knippie as ek die bus neem). Dit voel en lyk glad nie professioneel nie, maar ek weet nie wat anders om te doen nie. (En moet nie eers praat as ek in die 50 grade C hitte onder die helmet nog 'n hot flush ook kry nie - you get the picture :D).

Dankie vir jou 'input' - ek waardeer dit :).

protea
Dec 16th 2008, 07:16 PM
Paidforinfull,
Ek sit nou net en dink: Wat daarvan as jy die voorste derde van jou hare korter knip en dit toelaat om natuurlik te krul en die agterste twee derdes in n French Roll (nie jam roll nie!) rol vir die dag as jy iemand wil imponeer.... En nou praat ek nie van as jy met die scooter gaan ry nie. Dan doen jy wat die gemaklikste en mees praktiese is. Hoe klink dit vir jou ?:idea:

mari
Dec 16th 2008, 07:33 PM
Blom....... ekke het onlagns die 40s getref en toe sommer besluit om die kort mechanic kapsel te laat uitgroei in 'n vet vlegsel...... die helmit moet maar aanpas - sal 'n XL kry as dit moet, maar ek wil weer soos 'n vroumens lyk voor die jare teveel inhaal.....

geniet jou vlegsel en jou vrouwees.... :pp:pp:pp

( wens ek kan so 'n paar hande vol rooi krulle na jou aanstuur !!! )

groetnis
m

Lanie
Dec 17th 2008, 03:06 AM
B...

My man sÍ solank jy gemaklik voel maak dit nie saak nie. Ek het al baie vroue ouer as jy met vlegsels gesien en het nog nooit eers gedink dis snaaks nie. Ek dink Marius is reg, so what as iemand dalk haar wenkbrou vir jou vlegsel lig, doen wat vir jou prakties is.

(Ek gaan vandag my hare super-kort sny.... kan nie wag nie!!! :pp Ek is moeg vir die halfuur se geblaas elke oggend en in ons klimaat hang dit in elk geval 'n uur later in 'n sweterige slierte....al die moeite verniet...:( Ek sal vir julle 'n kiekie plaas om te wys hoe dit lyk.)

Lekker dag vir al die girls.......Mwwwwaaaaahhhhh!!!! :kiss:

protea
Dec 17th 2008, 04:22 PM
Blom....... ekke het onlagns die 40s getref en toe sommer besluit om die kort mechanic kapsel te laat uitgroei in 'n vet vlegsel...... die helmit moet maar aanpas - sal 'n XL kry as dit moet, maar ek wil weer soos 'n vroumens lyk voor die jare teveel inhaal.....

geniet jou vlegsel en jou vrouwees.... :pp:pp:pp

( wens ek kan so 'n paar hande vol rooi krulle na jou aanstuur !!! )

groetnis
m

Jy kan n GOEIE persentasie van my matraskop ook kry... Ek het al meer as een keer op n Maandagoggend ten volle gegrimeerd skoolkar gery en met n ongekamde kop oppie dorp gekom en niemand het dit agtergekom nie.. So n vingers-deur-my-kapsel-haarstyl pas my uitstekend!

paidforinfull
Dec 17th 2008, 05:26 PM
Protea and Mari - haai jong, julle is darem maar gaaf - ja, dankie, my posadres is .................................................. (stuur dit sommer lugpos, ok:D). Julle maak my nou sommer net jaloers as ek lees hoe lekker dik en maklik beheerbaar julle hare is :P

So van helmets gepraat - hoekom kan iemand nie een met airconditioning in ontwerp nie? Ek is seker dit sal soos soetkoek verkoop!!

paidforinfull
Dec 17th 2008, 05:30 PM
B...

My man sÍ solank jy gemaklik voel maak dit nie saak nie. Ek het al baie vroue ouer as jy met vlegsels gesien en het nog nooit eers gedink dis snaaks nie. Ek dink Marius is reg, so what as iemand dalk haar wenkbrou vir jou vlegsel lig, doen wat vir jou prakties is.

(Ek gaan vandag my hare super-kort sny.... kan nie wag nie!!! :pp Ek is moeg vir die halfuur se geblaas elke oggend en in ons klimaat hang dit in elk geval 'n uur later in 'n sweterige slierte....al die moeite verniet...:( Ek sal vir julle 'n kiekie plaas om te wys hoe dit lyk.)

Lekker dag vir al die girls.......Mwwwwaaaaahhhhh!!!! :kiss:

Lanie (en Protea en Mari) - dankie jong, ek voel al sommer beter. Seg maar vir Marius ek se hy is baie duidelik 'n man wat vrouens goed verstaan :).

Onthou om 'n foto te plaas sodra jy jou nuwe kapsel het, ok?

Blessings almal.:hug:

Ta-An
Dec 17th 2008, 06:52 PM
Ek stem vir 'n vlegsel, maar doen iets daarmee :idea:, net nie bolla nie, ;) 'n Franse vlegsel is baie netjies en gesofstikeerd :) en sal lekker pas onder 'n helmet...

My hare is ook skouerlengte en ek maak dit vas met 'n 'krokodil klippie' :rofl: hierdie met die baie tande ;) So 'n poniestert wat jy draai en boontoe vas knyp

So jou hare is dun ? en... krul of perdestert reguit?? :hmm:

Ta-An
Dec 17th 2008, 06:55 PM
Wat van 'n "perm"??

paidforinfull
Dec 17th 2008, 07:00 PM
Wat van 'n "perm"??

Ja, dit is 'n goeie idee, maar my hare is vreeslik dun en fyn. Ek het 'n twee keer in SA perms gehad, maar dit het my hare nie goed gedoen nie, en het te goed 'gevat'. Ek is werklikwaar bang om weer te probeer - veral as dit iets is wat ek gereeld sal moet doen. Krullerige hare pas ook nie by my nie :cry:.

PS - hoe voel jou kop nou, Aneke? Gaan dit darem beter?

Tatta:hug:

Ta-An
Dec 17th 2008, 07:00 PM
Rooi blonde hare Belinda?? :hmm:

paidforinfull
Dec 17th 2008, 07:03 PM
Rooi blonde hare Belinda?? :hmm:

My hare is ligte muisbruin met so 'n klein bietjie van 'n auburn tint in.
Maak dit sin?

Ta-An
Dec 17th 2008, 07:17 PM
Ja, dit is 'n goeie idee, maar my hare is vreeslik dun en fyn. Ek het 'n twee keer in SA perms gehad, maar dit het my hare nie goed gedoen nie, en het te goed 'gevat'. Ek is werklikwaar bang om weer te probeer - veral as dit iets is wat ek gereeld sal moet doen. Krullerige hare pas ook nie by my nie :cry:.

PS - hoe voel jou kop nou, Aneke? Gaan dit darem beter?

Tatta:hug:Dankie, my kop is beter , maar die knop staan nog steeds...

Die rede hoekom ek vra oor 'n perm..... ek het 'n 'volumizer' in my hare,(Geen kroes!!) want my hare is perdestert reguit en plat soos 'n koei-lek op my kop :o So nou hou die effe krul dit mooi bymekaar in die knip dat dit nie alles uitgly nie

paidforinfull
Dec 18th 2008, 05:00 AM
Dankie, my kop is beter , maar die knop staan nog steeds...

Die rede hoekom ek vra oor 'n perm..... ek het 'n 'volumizer' in my hare,(Geen kroes!!) want my hare is perdestert reguit en plat soos 'n koei-lek op my kop :o So nou hou die effe krul dit mooi bymekaar in die knip dat dit nie alles uitgly nie

Hehe - ek lag vir die 'koei-lek' :D

Toe ons in Julie-maand vir ons kinders in Panama gaan kuier het, het ek my dogter se baie duur anti-kroes goed probeer, maar weet jy - sodra ek uitgaan in die bedompigheid kink my hare alweer. Humiditeit en my haartjies is nie maatjies nie, maak nie saak wat ek doen nie.

Ek onthou ek het een keer in SA (toe ons Suid-kus toe was met vakansie) perming lotion gebruik om my hare reguit mee te maak, en dit het goed gewerk. Ek kan dit seker nou ook doen, maar soos ek genoem het, is ek bang vir perming lotions. Haarkleur en perm- produkte is ook ekstra sterk hier in Paraguay - seker omdat die mense sulke sterk hare het :confused.

As dit nie so warm in hierdie land was nie kon ek vir my so 'n mooi reguit lang-haar pruik gekoop het (blond) :eek:.

mari
Dec 18th 2008, 12:12 PM
Julle maak my nou sommer net jaloers as ek lees hoe lekker dik en maklik beheerbaar julle hare is :P

Hey, sinds when beteken dik dan nou skielik "beheerbaar"......... dit beteken net jou ligte kroesies in die seewind vermenigvuldig met............ whatever....... !!!

my boeties het altyd gese ek lyk soos 'n "ontploffing in 'n matras fabriek" as die suidoos sy draai innie Kaap maak !.....

en An.... jou krokkedil klampe werk nie onner 'n helmit nie !!.... he-he....

maar nou ja........ as ons ons self moes gemaak het ..... sou meeste van ons nog besig wees...... en nooit klaarkry nie

Ta-An
Dec 19th 2008, 08:52 PM
Hoe gaan dit met die hare?? ...of sal ek vra, met die vlegsel??

paidforinfull
Dec 19th 2008, 10:26 PM
Hoe gaan dit met die hare?? ...of sal ek vra, met die vlegsel??

Nee wat, dit gaan maar sleggggggg - dit word nou so warm hier dat die kraaie nie meer gaap nie, maar dooi. Ek hiberneer nou maar in die dag deur in my huis met die aircon aan te bly, en gaan uit in die aande. Ons is gelukkig nou met vakansie :pp, so ek kan nou seker maar wegkom met vlegsels.

protea
Dec 20th 2008, 04:38 PM
Hey, sinds when beteken dik dan nou skielik "beheerbaar"......... dit beteken net jou ligte kroesies in die seewind vermenigvuldig met............ whatever....... !!!

my boeties het altyd gese ek lyk soos 'n "ontploffing in 'n matras fabriek" as die suidoos sy draai innie Kaap maak !.....

en An.... jou krokkedil klampe werk nie onner 'n helmit nie !!.... he-he....

maar nou ja........ as ons ons self moes gemaak het ..... sou meeste van ons nog besig wees...... en nooit klaarkry nie

:lol: Kyk , daar is niemand soos jonger boeties om jou nederig te hou nie! My broer is amper 9 jr jonger as ek en toe ons as jong meisies ons 'ingekleur' het vir n aandjie uit het hy altyd gese: Met die verf waarmee julle inkleur , kon mens al 100 huise geverf het!

paidforinfull
Dec 20th 2008, 04:50 PM
Ek dink ek het nou net die beste oplossing vir my probleem gevind -
hier in Paraguay is daar 'n hele paar Menoniete kolonies (hulle is baie soos die Amish in Amerika, maar kom oorspronklik van Duitsland en Rusland af - ook bekend as Anabaptists.)

In elk geval - die mans dra almal 'dungarees', en die getroude en meer 'mature' Menoniete vrouens laat groei hulle hare lank en maak dan twee 'bolla-vlegsels' aan die kante. Die word dan met 'n driehoek kopdoekie versier en siedaar - probleem opgelos!!

Ta-An
Dec 21st 2008, 12:52 PM
Menoniete vrouens laat groei hulle hare lank en maak dan twee 'bolla-vlegsels' aan die kante. Die word dan met 'n driehoek kopdoekie versier en siedaar - probleem opgelos!!
:hmm: En dit gaan onder jou helmet pas??

Ek stem nog steeds vir 'n Franse vlegsel :idea:

paidforinfull
Dec 21st 2008, 01:52 PM
:hmm: En dit gaan onder jou helmet pas??

Ek stem nog steeds vir 'n Franse vlegsel :idea:

Hehehe - ja-nee, die allewige ou helmet. Ek dink die beste is: los die helmet, dan kan my vriende my darem in die straat herken en vir my waai. As dit baie warm is, kan ek ook darem so met die sambreel in die hand agter Kevin op die scooter sit (sidesaddle). O ja - en selfoon in die ander hand en kind op die skoot. :hmm: nee, los maar die kind - daarvoor is ek definitief te oud :D

Hierdie storie raak nou al hoe meer gekompliseerd.

Daardie Franse vlegsel klink nog steeds die heel beste idee.:hug: