PDA

View Full Version : Vleis rekkers



Ta-An
Dec 17th 2008, 07:59 PM
:rofl:

Dit klink histeries snaaks....

Maar hoe rek julle vleis?? :hmm:

Dit is omtrent net hoedervleis wat bekostigbaar is deesdae :help: selfs Varktjoppies (gelukkig eet ek dit nie, maar die gesin geniet dit nog :rolleyes: ) kos al oor die R50 per Kg :o Maar dit is seker beter as die koste van wegneem etes :eek:

paidforinfull
Dec 18th 2008, 05:15 AM
Vleis is nou darem nog nie so duur hier by ons nie, maar ons eet in elk geval nie meer so baie vleis nie (en ek eet ook nie varkvleis nie - net bacon, maar dit tel nie :P). Ek wens soms my man sou bereid wees om 'n vegetarier te word want dis moeilik vir my om een te wees as hy nie is nie - ek sal moet dubbeld kook.

In Taiwan eet die mense baie klein porsies vleis - hulle sny die vleis in klein dun repies, braai dit dan saam met gesnyde groente en bedien dit bo-op rys.

Ek maak gewoonlik maar stews, want dan kan ek baie groente saam met die vleis kook, en dus gebruik mens minder vleis as gewoonlik.

'n Ander ding wat ek soms doen is om dumplings saam met 'n stew te maak, want dit is baie vullend en goedkoop ook.

Ta-An
Dec 18th 2008, 12:55 PM
Anton, dankie vir jou krokodil akedisse ...... maar eintlik mag net kokke in die spesifieke onderafdeling pos want dit is in die Koffie huis.... waar net Esters mag pos :idea: :D

Lanie
Dec 18th 2008, 05:36 PM
Ek rek my maalvleis met lensies of baked beans. As ek bredies maak gebruik ek 2 stukke kookvleis vir ons al 4 en maak die kastrol dan vol met groente. Ons is gelukkig nie groot op rooivleis nie. Sal miskien 'n tjoppie gaan koop as vriende ons nooi vir 'n braai maar verder is ons lief vir hoendervleis en vis (alhoewel vis ook maar duuuuuuuurr geword het.)

My beste raad is om enige enige "deurmekaarkos" (soos my kleintjie dit noem) met lensies aan te vul, dit is 'n uitstekende bron van plantproteine en vesel - dus sommer baaaaiiiieeeee gesond. :D

Ta-An
Dec 19th 2008, 08:55 PM
Kook julle met soya??

paidforinfull
Dec 19th 2008, 10:29 PM
Kook julle met soya??

Snaaks dat jy dit nou vra - ek het nou net 'n pakkie soya gaan koop om dit te probeer :)

Lanie
Dec 20th 2008, 05:16 AM
Ek gebruik soya, maar pappa is nie mal daaroor nie. Die kleintjies eet dit. Ek het nou die dag niks vleis in die huis gehad nie en het toe vir hulle kerrie en rys met net soya gemaak en my oudste sÍ toe sy eet sommer haar lippe af so lekker is dit. :D

Ta-An
Dec 21st 2008, 12:50 PM
Ek het soya maalveis (gedroog in pakkies) gekoop en meng dit met die maalvleis om oor pasta te eet, en frikkadelle mee te maak :)

paidforinfull
Dec 28th 2008, 01:11 AM
Kook julle met soya??

Update - ek het vanaand spaghetti bolognaise met soya gemaak. Die sous was lekker, met baie uie, tamaties ens. in, maar manlief het met sulke laaaaang tande daaraan geeet. So elke nou en dan kom daar so 'n mompeling van 'hmmm, it's nice', of 'maybe we should add more onions' ens. Na die tyd het hy my darem (met min entoesiasme) ingelig dat dit baie lekker was, en kan ons dit volgende keer met maalvleis meng. Nou ja, daar gaan daardie blink gedagte van my ook by die venster uit :P. Sal dan maar volgende keer half soya en half maalvleis probeer, en kyk of ek beter resultate daarmee kry. Ekself hou baie van soya, btw.

Blessings.

protea
Dec 28th 2008, 08:53 AM
Heel moontlik is jou man se bloedgroep O (die vleiseters). Twee van ons 3 dogters kan baie maklik net soos ek van groente en vrugte lewe (ons bloedgroep is A pos) ,maar ousus en pa-goed soek n tjoppie (die O groep). In ons huis wys net jou voorliefde vir sekere soorte kos wat jou bloedgroep is. Vind julle dit ook so?

marline
Dec 28th 2008, 02:04 PM
Hi Protea, hier gaan die lig vir my nou op. My man kan nie eet sonder sy vleis nie, nie net 'n tjoppie op 'n slag nie, sommer 'n halwe bees!! en ja, sy bloedgroep is O. Ek weer, raak so dik vir vleis, eet party keer net 'n spinasie lasagne, en ja, my bloedgroep A!:o My seuns is altwee A, en hulle lei ook nie aan onttrekking as hulle nie vleis kry nie. :rofl:

Ta-An
Dec 28th 2008, 03:59 PM
Mona, jy is reg oor die bloedgroep ding...... maar ek wil net brood eet :o

paidforinfull
Dec 28th 2008, 05:22 PM
Heel moontlik is jou man se bloedgroep O (die vleiseters). Twee van ons 3 dogters kan baie maklik net soos ek van groente en vrugte lewe (ons bloedgroep is A pos) ,maar ousus en pa-goed soek n tjoppie (die O groep). In ons huis wys net jou voorliefde vir sekere soorte kos wat jou bloedgroep is. Vind julle dit ook so?

Haai - my man is A en ek is O+ :P.

In my geval hou ek van vleis, maar ek wens ek hoef dit nooit te geeet het nie want ek voel jammer vir die diere wat so sleg behandel word by die slagpale.
Ek het twee jaar terug neutropenia gehad (vir een of ander rede het my rugmurg opgehou om bloedselle te vervaardig). Prys die Here - dit het omtrent 3 maande geneem maar toe het my 'bloed-fabriek' (soos die SA dokter hier in Asuncion dit noem) weer ingeskop. Nou waag ek dit nie om heelmtemal vleis uit te skakel nie (doctor's orders).

In elk geval, ons eet nie baie vleis nie, maar ek sou graag selfs van dit wat ons eet met soya wou vervang ....

Ta-An
Dec 28th 2008, 07:31 PM
Ek is A+.... en moet myself dwing om vleis te eet... :rolleyes:
Maar gegeurde soya en maalvleis gemeng maak lekker frikadelle wat sappig is :)

Lanie
Dec 29th 2008, 07:27 AM
Ek het nog altyd maar swaar gesluk aan die hele bloedgroep-dieet idee... maar ek sal maar nie stry nie. ;) My man se bloedgroep is O+ en ek is A- en ons is altwee baie lief vir groente. Om die waarheid te sÍ Marius noem groente sy poeding. :D