PDA

View Full Version : Aardighede



paidforinfull
Dec 18th 2008, 05:52 AM
Hallo almal - ek wil nou eers hierdie 'aardighede' met julle deel.

Ek het nou al 'n paar baie snaakse dinge gesien en beleef gedurende my swerwinge. Hier is 'n paar voorbeelde (vir interessanteheidshalwe):

1. Warm water in die kombuis en die wasbak is in Suid-Amerika en Taiwan 'n luxury. Ons moet maar water warm maak in 'n ketel om skottelgoed mee te was, of ons moet spesiale verwarmers aan die pype laat koppel. Dit is nie standaard nie.

2. Dwarsoor Suid-Amerika, asook baie lande in die Verre Ooste is die toilet-pype baie dun, en mag mens glad nie jou toilet papier in die spoelbak gooi nie. Dit gaan alles in 'n mandjie langs die toilet, en mens gooi dit weg saam met jou ander vullis. In die begin was dit vir my vreeeeeslik moeilik, maar mens raak gou alles gewoond.

3. Gasstowe / oonde is standaard. Laaie in die kombuis is nie standaard nie, en so skaars soos hoendertande. Ek het maar vir my 'n ekstra kombuiskas met laaie gekoop - mens wil darem jou messe en vurke en vadoeke in laaie bere!

4. Storte is standaard - baddens is nie. Ek mis 'n bad vreeeeeslik baie.

5. Kraanwater is ondrinkbaar - mens moet gebottelde water drink. Ons gebruik gemiddeld 4 groot 20 liter kanne gebottelde water as drink (en kook) water per maand.

6. Ons het in Taiwan geleer om glad nie met ons skoene in die huis te loop nie, en nou kan ons nog steeds nie van die gewoonte ontslae raak nie. Al ons skoene staan op 'n rak by die deur, en as ons inloop trek ons spesiale huisskoene (pantoffels of sloffies) aan. Dit doen wondere vir my vloere ;)

7. In die Verre Ooste gebruik mense tradisioneel gate in die vloere as toilette (jy hurk i.p.v. sit), maar baie van die moderne winkelsentrums en woonstelle installeer nou 'Westerse' toilette ook. Probleem is dat sommige mense dan op die sitplekke hurk, en die sitplekke met hulle skoene vuilmaak. Ja - regtig!!

8. Daar is min (amper geen) diereregte of SPCA's in baie Suid-Amerikaanse of Oosterse lande nie. Mens se hart breek daagliks om die arme skepsels te sien ly. Ek dink Hong Kong is 'n uitsondering - hulle het 'n fantastiese SPCA. Ons kon ons twee katte nie vanaf Taiwan na Paraguay bring nie :cry: - huil nou nog oor hulle - en het hulle na ons dogter wat toe nog in Hong Kong gewoon het gestuur. Sy het vir die een 'n goeie huis by 'n Britse vriend van hulle gekry, en ons kry gereelde 'updates' oor Tammy se doen en late, en die ander een is toe deur die SPCA in Hong Kong by 'n goeie famielie geplaas.

9. Mens betaal nie 'n sent aan TV lisensies nie - gewone TV kanale is verniet, en as mens kabel TV wil gebruik, dan betaal mens daarvoor.

10. Perdekarre geniet voorkeur in Paraguay. Daarna kom trokke, busse, 4X4's, sedans, motorfietse, scooters, fietse, en enigiets anders met wiele. (M.a.w. - behalwe vir perdekarre natuurlik - hoe groter jou voertuig, hoe meer reg het jy op die pad).

11. In Suid-Amerika en in Taiwan bly skoliere gewoonlik in dieselfde klas solank as wat hulle in een skool is. Dus sluit hulle baie hegte vriendskapsbande wat hulle dan gewoonlik lewenslank behou.

12. Telefoon nommers word aan 'n huis of besigheid toegeken, dus sal almal wat daar intrek altyd dieselfde nommer gebruik.

13. Mense gaan nie op hulle knee om vloere te skrop nie - 'n vloerlap word om 'n 'squeegy' gedraai, en dan word die vloere so gewas. Nooit ooit sal jy ooit 'n bediende op haar knee hier sien nie.

14. Jy klop nooit aan iemand se deur nie. As daar 'n klokkie by die voorhek is lui jy dit, andersins staan jy buite die hek en klap jou hande hard totdat iemand uit die huis uitkom.

15. Vroeer hierdie jaar het die regering van Paraguay begin ernstig raak oor die dra van helmets - baie motorfietsryers het toe kapsie hierteen gemaak op grond van die feit dat hulle vriende hulle nie in die strate sal herken as hulle helmets dra nie en hulle dan nie sal kan groet nie. Baie gebruik nog steeds nie helmets nie!

16. Ons is al deur twee gepoogde 'coups' hier in Paraguay (tydens die eerste keer wat ons hier was), en kan getuig dat meeste van die skietery wat mens op TV te siene gekry het eintlik net crakers was. Ons het op die 12e verdieping gewoon, en kon van daar af die hele gedoente in detail dophou - nou nie dat daar nie regtig geskiet was ook nie - maar baie daarvan was net 'flash and dash'.

Ag, daar is nog allerhande ander dinge ook, maar ek wil nou nie 'n boek skryf nie ;)

Geniet julle dag, en blessings.

marline
Dec 18th 2008, 05:10 PM
Hallo pfif, Ek het dit nou baie geniet en sal werklik nog meer wou weet van jou lewe. Hier by ons gebruik ons ook net gebottelde water vir gebruik, munisipale water word net vir wasgoed en bad gebruik. Skryf asb nog vir ons van hierdie vreemde maniere, dit is baie interressant.

paidforinfull
Dec 18th 2008, 05:48 PM
Sal so maak, Marline - en miskien kan van die dames wat in Engeland, Australia ens. woon ons ook bietjie meer van hulle ervarings en wedervaringe vertel? Ek is maar nuuskierig gebore.

Ek was o.a. ook al in NZ - my ouers, broers en een suster bly nou al jare daar - en dis nogal baie soos SA in sekere opsigte, maar ook baie anders in ander.

In elk geval, ek sal graag meer van ander plekke ook wil hoor :)

Blessings

marline
Dec 22nd 2008, 04:25 AM
Nou toe, ek wag vir 'n opvolg?:)

paidforinfull
Dec 22nd 2008, 04:30 AM
Nou toe, ek wag vir 'n opvolg?:)

Hehehe - ja-nee, ek is nou net bietjie besig, maar sal kort na Kersfees daarvan werk maak, belowe! :)

marline
Jan 17th 2009, 07:36 AM
Hehehe - ja-nee, ek is nou net bietjie besig, maar sal kort na Kersfees daarvan werk maak, belowe! :)

Is Kersfees al verby??:confused:eek:

paidforinfull
Jan 17th 2009, 09:49 AM
Is Kersfees al verby??:confused:eek:

Hehehe - ek het gehoop jy gaan hiervan vergeet :blush:

Ek het nou gedink en gedink, maar toe dink ek daar is nie juis veel wat ek kan aanlas nie. Maar as ek wel weer aan iets dink sal ek. :hug:

marline
Jan 17th 2009, 10:09 AM
Ok, ek sal jou nie inkatrol nie, gaan net af en toe die lyn so bietjie pluk.:rofl::rofl: Dit wat jy deur was is baie interressant, ek het vanoggend weer daardeur gelees.
My man het ook ondervinding van die toilette in India, (was mos 7 jaar daar, darem nie aanmekaar nie) maar gelukkig in sy blyplek was dit darem westers. Hy was in Nagpur, ek moet jou bietjie vertel van die sending stasie wat hy by was. Dit is baie interressant, moet net gou eers my feite agtermekaar kry.