PDA

View Full Version : Wat ons se

Willem
Dec 18th 2008, 09:23 PM
lees vanaand so deur die Kol 2 draad en soek goed op en kom toe af op die in ef 4.29

Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.

Dit was LEKKER. :pp

Ek kan deur dit wat ek se help( eintlik gebruik word) om genade te gee aan die wat dit hoor. Elke keer as ons in plaas van suur en bitter braak , dit se wat ander stig en opbou en reghelp sonder om wetties te raak word ons gebruik om genade te gee aan die wat dit hoor!

Daai beskrywing van "genade is om nie te kry wat ons verdien nie" en "barmhartigheid is om dit wat ons kry te kry ten spyte van wat ons wel verdien " kom toe mos weer by my op.

Elke keer as ek nie bedo&^$%^ raak met iemand nie maar mooi praat en geduldig is en in liefde handel , dan kry die persoon genade en miskien sien hulle iets van God se liefde in ons lewens as getuines?

Wat dink julle?

Die Filadelfieer
Dec 19th 2008, 05:37 AM
Wat dink julle?

Ek dink dit is seker een van die moeilikste dinge wat 'n Christen kan doen, om daardie trots in die sak te druk en eerder 'n genadige woord te spreek.

protea
Dec 19th 2008, 12:33 PM
Jesus se woorde en optrede het nooit iemand gekwes nie ,maar altyd gestig, bemoedig, geheel,gehelp ens . Ons moet daarna streef om te handel en te se hoe Jesus dit sou gedoen het. Verruil die rottang vir liefdevolle aanraking, die skeermeslemmetjie-tong vir woorde wat heel, die vertrapping van jou medemens in die modder vir n helpende hand en ongenaakbare oe vir Jesus se oe waaruit net Lig , Liefde en deernis kan skyn. Sal die wereld nie n baie beter plek wees as die mensdom Jesus in ons kan raaksien nie?

Eben
Dec 19th 2008, 01:54 PM
Ons moet oppas dat ons nie te veel menseregte wil in lees in die Woord nie. Jesus self het op n' keer kwaad geword en hardhandig opgetree.
Joh 2:15 En Hy het n sweep van toutjies gemaak en almal uit die tempel uitgedrywe, ook die skape en die beeste, en die kleingeld van die wisselaars het Hy uitgegooi en hulle tafels omgekeer.
Joh 2:16 En vir die duiweverkopers het Hy ges: Neem daardie dinge hier weg; moenie die huis van my Vader n handelshuis maak nie.

Lanie
Dec 19th 2008, 04:10 PM
Eben,

Die vers wat jy hier aanhaal het vir my op 'n stadium baie troos gebring.... want iemand het eendag rens teenoor my die stelling gemaak dat dit sonde is om kwaad te word. En dit het my ongelooflik gepla want, verskoon my, maar ek ken nie mense of selfs Christene wat nie kwaad word nie. Ek dink wel ons moet nogsteeds Jesus se voorbeeld volg in waarvoor Hy kwaad geword het. Nou besef ek dis ok om kwaad te word oor al die ongeregtigheid, onregverdigheid en al die ander lelike dinge in die wreld. Maar dis belangrik dat ons onsself leer om nie kwaad te word as liefde en 'n sagte woord eerder die antwoord is nie. Ek self het nog 'n baie ver pad om te stap as dit by my humeur kom. :cry:

Willem
Dec 19th 2008, 07:07 PM

Dankie Eben, :idea: jy is reg mens moet nie net goodie wees nie, maar mag soms ook kwaad word.

:hmm:Dink dat Lanie die ding op sy kop slaan , dis waarvoor mens kwaad word en die 'wie/satan' wat daaragter skuil en nie die sondaar wat sondig nie? wat mens voor mag kwaad word. of dwaal ek nou? ( help )

protea
Dec 19th 2008, 08:12 PM
Jy is dus nie kwaad vir die persoon nie , maar vir sy ideologiee waarvoor hy staan, sy onregverdige uitsprake of selfs sy moontlike dwaalleer wat hy verkondig.

Ta-An
Dec 19th 2008, 08:45 PM
Ek dink dit is seker een van die moeilikste dinge wat 'n Christen kan doen, om daardie trots in die sak te druk en eerder 'n genadige woord te spreek.
En dan kry jy diegene wat :B raak omdat jy so cool-calm-and-collected kan wees