PDA

View Full Version : En ek dog....



Ta-An
Dec 19th 2008, 09:40 PM
... nee toemaar ek het nie 'n veer geplant en gedog 'n hoender gaan groei nie :idea:
* Verblinding / verharding deur satan...

2 Kor.4:3 Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan,

4 naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wÍreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.


**Hierdie verharding deur G_d self...
2 Kor 3:14 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=47&CHAP=3&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=14) Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word.

Hoe bepaal mens die verskil, wanneer is die verharding deur die duiwel, en wanneer deur G_d??

Stephanus
Dec 20th 2008, 06:00 AM
God self verhard niemand se hart nie! Die verharding van die hart kom van die persoon self af onder leiding van die satan.
Net so was dit ook met die Farao van toentertyd.
Dis GOD se erkende missie dat HY wil hÍ dat almal gered moet word. MAAR HY gaan niemand dwing om tot bekering te kom nie.
2 Petrus 3:9 & 10 stel dit so "Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hÍ dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. Maar die dag van die Here sal kom soos ín dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand."

theunisw
Dec 21st 2008, 05:17 AM
God self verhard niemand se hart nie!

Net so was dit ook met die Farao van toentertyd.



Stepanus,

Ek kry tog die idee dat G_D die mens se hart kan verhard indien die mens volhou in sy ongeloof.

In Eks 7 en 8 verhard die farao sy eie hart tot Eks 9:12 wanneer G_D nou self die faroa se hart verhard.

paidforinfull
Dec 21st 2008, 06:09 AM
Die Here weet alles - insluitende wie Hom gaan aanvaar, en wie nie. Dit is dus sekerlik moontlik dat Hy iemand (wat Hy weet nooit Sy waarheid gaan aanvaar nie) se hart kan verhard sodat Sy planne uitgevoer mag word?

theunisw
Dec 21st 2008, 07:48 AM
Hoe bepaal mens die verskil, wanneer is die verharding deur die duiwel, en wanneer deur G_d??



Ek het so vinnig kommentaar oor die twee teksgedeeltes van 'n ene David Guzik nagegaan. Dit, en ander kommentaar, kan nagegegaan word op:

http://www.studylight.org/com/guz/view.cgi?book=2co

http://www.studylight.org/com/

Paul Pienaar
Jan 3rd 2009, 04:13 PM
Hallo Almal,

Hierdie draad het my oog gevang en ek het 'n tydjie geneem om na 'n paar teks gedeeltes te kyk.

Die volgende teksgedeelte (daar is heelwat meer) het vir my spesifiek uitgestaan.
As ek na hierdie teks gedeelte kyk en ook die hele hoofstuk lees, lyk dit vir my dat GOD Farao verhard het.
Spesifiek vers 17 se "Juis hiervoor het Ek jou laat optree".

As ons aanvaar dat die Bybel, GOD se WOORD is, moet vers 17 aanvaar word vir wat dit is. Wie, volgens vers 17, het die Farao laat optree? Dit lyk asof die "Ek", GOD was. Of lees ek die teks verkeerd?


Rom 9:16 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.
Rom 9:17 Want die Skrif sÍ aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde.
Rom 9:18 So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.


Ek het biejtie rond gesoek, maar ek vind geen teks wat daarop dui dat Satan verantwoordelik is vir iemand se verharding nie. Ek lees wel gedeeltes waar die Satan doen soos GOD hom beveel, soos byvoorbeeld waar GOD Satan beveel om vir arme Job 'n harde tyd te gee, maar selfs hierin is dit GOD se wil.

ACCM, hoekom juis hierdie draad?


Paidforinfull, groete hier uit Taiwan uit!!!

paidforinfull
Jan 3rd 2009, 04:37 PM
Hallo Almal,

Paidforinfull, groete hier uit Taiwan uit!!!

Aaiiijaaijaaijaijaai - my genade Paul - kan jy dit nou glo? Nee jong, dis 'n klein wereldjie hierdie. Gaan dit goed met julle?

Ek het jou op Facebook gesoek maar nie gekry nie. Wou kontak maak ... anyway, dis lekker om jou hier te sien. Stuur asb. baie groete en liefde vir Gina.

PS - Gaan na jou profile page - ek het 'n boodskap vir jou gelos.

Ta-An
Jan 3rd 2009, 05:27 PM
ACCM, hoekom juis hierdie draad?


Dankie Paul, Welkom hier by ons :hug:

:hmm: jong dit is verlede jaar ..... :D

1.Ek lees die Bybel.... en die twee gedeeltes is naby aan mekaar, ek toe ek by die tweede vers kom, toe klink dit anders as wat ek kon onthou wat ek gelees het.....
2. En ek vra baie vrae...... :D

EDIT

Ek het gewonder of/indien Satan die powers het / so hÍ om mense / Christene te verblind....... ???

Maar niks kan/sal gebeur sonder dat G_d so iets sou toelaat nie... maar dan vlek dit baie ander vrae oop...???

CFJ
Jan 3rd 2009, 10:32 PM
Welkom by ons Paul en lekker om te sien jy en Belinda ken mekaar reeds. Ek wil sommer aansluit by jou plasing en spesifiek Romeine 1...


Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen. Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in diť wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:
(Rom 1:24-28 AOV)
Wanneer God iemand oorgee, soos hierbo staan, sou dit beteken dat Hy geen bemoeienis meer met sulkes sou hÍ nie? As dit wel so is, waar laat dit satan om mense se harte te verhard en waar laat dit die mens se vry wil om Hom te kies, terwyl dit blyk God hulle nie meer na Hom toe trek nie? Satan kan niemand oorgee nie, satan self kan dus niemand se hart verhard, sou God hulle nie oorgee nie, as mens so stelling kan maak...

Ta-An
Jan 4th 2009, 04:27 PM
Dis reg Ferdi......

Satan het die reg om diegene wie reeds vir Christus verwerp het se harte te verhard...... :hmm:
So Satan kan nie iemand se hart verhard wat nie reeds sy rug op G_d gedraai het nie??

G_d kan mense aan hulle sonde oorgee, wat die sonde bo Hom verkies....

Paul Pienaar
Jan 5th 2009, 03:32 AM
Hallo Julle,

As Satan dus die reg het om te verhard, neem ek aan daar word met hierdie "reg" bedoel dat hy dit vanaf GOD gekry het?
So as iemand sy rug op GOD draai, doen GOD dieselfde? En stuur dan die Satan om daardie persoon se hart selfs meer te verhard?

CFJ,

Die gedeelte in Romeine 1:18-32 verstaan ek as die sondige aard van die mens, 'n soort van 'n opsomming van die sondige aard van die mens. Ons word geleer dat ons in sonde ontvang is en sondaars is. Wanneer ons gered word, begin die proses waar ons deur SY genade die sonde kan oorkom.
Daarom sien ek Rom 1 as iets wat gebeur voor en tydens die persoon se verhouding met GOD waar hy of sy leer om te oorkom, en nie as iets wat gebeur nadat bekering plaasgevind het nie.

Dit maak vir my sin, want alle mense sondig. God tugtig die wat sondig. Ons kan dus aflei dat God almal tugtig. Vir GOD om ons te tugtig, moet ons sondig. Sonde is dus nodig sodat GOD ons kan tugtig, want in hierdie proses lewer dit 'n vredevolle vrug van geregtigheid. Sien Heb. 12.
Hoe dink andere hieroor?

M.a.w., ek verstaan dus dat almal deur GOD oorgegee is aan sonde. Maar met "oorgee" verstaan ek beslis nie dat GOD Sy rug op ons draai met geen toekomstige hoop nie.

Ek verstaan sonde vir wat dit is en poog nie om dit goed te praat nie. Dit sou getuig van geen insig. Maar ek sien 'n doel daarin. En ek sien dat dit reeds voor die ontstaan van die mens beplan was. Daarom die Vader se voornemens om Christus te stuur, alreeds voor die ontstaan van hierdie wereld. Die volgende teks leer my dit - 2 Tim 1:9

Groete vir eers
Paul

Die Filadelfieer
Jan 5th 2009, 06:06 AM
Het iemand al iets gesÍ van die uitverkiesingsleŽr ? Nog nie ? Ok, dan sal ek maar : UITVERKIESINGLSEŽR !. ;)

Ta-An
Jan 5th 2009, 09:40 AM
Het iemand al iets gesÍ van die uitverkiesingsleŽr ? Nog nie ? Ok, dan sal ek maar : UITVERKIESINGLSEŽR !. ;)Nie nou nie asseblief Fila......:rolleyes:

Die Filadelfieer
Jan 5th 2009, 10:39 AM
Nie nou nie asseblief Fila......:rolleyes:

An,
Eintlik dink ek hierdie is 'n baie goeie draad, met baie goeie antwoorde. (Ek dink ook dat die uitverkiesing pertinent vir die onderwerp is, maar los dit vir eers)

Kyk byvoorbeeld na die volgende teks :



John 17:11 En Ek is nie meer in die wÍreld nie, maar hulle is in die wÍreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.
12 Toe Ek saam met hulle in die wÍreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.



Wat impliseer hierdie deel ? SÍ dit nie dat Judas gekies was om Christus te verraai nie ? Dink jy dat daar vir Judas 'n ander opsie was as om die seun van die verderf te wees sodat die Skrif vervul sou word ?
Die voorbeeld van die Farao wat jy noem is ook 'n goeie een, daar staan tog baie duidelik dat die God self was wat die Farao se hart verhard het, sodat die Israeliete Sy almag kon aanskou in die vorm van die plae. Ek dink ons kan met redelike sekerheid sÍ dat die Farao as 'n sondaar dood is, dat dit God was wat gekies het om hom spesifiek te laat omkom in 'n verskriklike waterdood in die Rooi See, miskien as nog 'n teken vir Sy volk, en as verdere verderf vir die egiptenare, wat koningloos en weermagloos gelaat is deur hierdie gebeure.

mari
Jan 5th 2009, 11:00 AM
... nee toemaar ek het nie 'n veer geplant en gedog 'n hoender gaan groei nie :idea:
* Verblinding / verharding deur satan...

2 Kor.4:3 Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan,

4 naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wÍreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.


**Hierdie verharding deur G_d self...
2 Kor 3:14 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=47&CHAP=3&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=14) Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word.

Hoe bepaal mens die verskil, wanneer is die verharding deur die duiwel, en wanneer deur G_d??



..... die bedekking wat in Christus vernietig word............

..... die bedekking wat in Christus vernietig word............

:B :B ........