PDA

View Full Version : My Gebed



MercyChild
Dec 24th 2008, 02:41 PM
Hemelse Vader,
plek-plek is my lewe op sand gebou,
wees U met my en help my,
om op die rots van waarheid te herbou.
keer hierdie kanker van kwelling,
leer my om op U te vertrou.


Wys op my lippe, O Heilige Gees,
die woorde wat uitvloei, U woorde sal wees.
keer die vloed van my woorde se bose kring,
voor ek alles gese het, en hartseer bring.


Gee my die leiding wanneer ek moet stilbly,
of wanneer ek vreesloos vir U Naam moet stry.
Gee in elke uur 'n minuut van vrede
om na U toe te kom met my klein gebede!

CFJ
Dec 24th 2008, 05:38 PM
Toe ek die gebed lees, toe dink ek aan myself en spesifiek aan die afgelope Maandag. Ek was 'n week weg en toe ek terugkom was van die bestellings nie afgehandel nie. Niemand het my daarvan vertel nie en toe ek uitvind dat dit nog uitstaande is, toe was ek werklik kortaf en redelik ongeskik. Ek moes toe leer dat niks te verkeerd is om dit reg te stel nie en voel nogal sleg om te dink die bestellings is in plek, maar iemand se hart is nou uit plek uit. Gelukkig herstel 'n hart ook darem..., as mens dit belangrik ag :)

protea
Dec 24th 2008, 08:43 PM
Hemelse Vader, dankie dat U haar naam ook in die Boek van die Lewe geskryf het. Dankie dat U hart warm klop oor haar al le die sneeu soos n dik wolkombers oor die aarde as sy by haar venster uitkyk. Dankie vir haar invloed met almal met wie sy in aanraking kom. Dat sy U lig sal weerspieel as n lewende getuienis van n genadige Verlosser wat ook vir haar op Golgota gesterf het. Dat U genade ook vir haar genoeg is. Versterk haar sodat sy staande sal bly , wetende dat sy veilig is solank sy in U geborge is. In die wonderlike Naam van Jesus, Amen:hug:

Ta-An
Dec 27th 2008, 04:32 PM
Jy is kosbaar en spesiaal vir Him :pp

Ek dink jy moet kopiereg uitneem sussie ;)