PDA

View Full Version : Getuienis: My Geskenk van God



MercyChild
Dec 24th 2008, 10:58 PM
Meeste van julle ken teen die tyd my agtergrond. Ek was so bang vir die toekoms, ek was bang om huistoe te gaan, want ek het geen idee gehad waarheen ek sou gaan nie. My huwelik was aan skerwe agv swak keuses wat ek in die lewe gemaak het.

Ek het al begin om vrede te maak dat my man met sy lewe wil voortgaan, sonder om my meer deel daarvan te he, maar God het anders besluit.

Ek het 'n paar minute gelede met hom gesels. Hy wil graag he dat ons dinge moet uitwerk. As ek terug gaan huistoe het ek 'n man wat vir my wag, en 'n huis om na terug te keer.

Ek kan God nie genoeg dank nie............
Vir die eerste keer huil ek trane van blydskap!:cry::hug::pp:hug:

CFJ
Dec 25th 2008, 04:53 AM
Fantasties Linda, ek het net geweet julle sal weer bymekaar kom, want dit is God se wil dat dit so moet wees. Ek kry sommer 'n knop in my keel toe ek dit lees... :cry::pp


Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!
(Ps 34:8)

marline
Dec 25th 2008, 05:57 AM
PRYS DIE HEER!!!!! Ek is so bly vir jou.

Lanie
Dec 25th 2008, 07:28 AM
Linda, ek prys God saam met jou. Ek het nie net 'n knop in my keel nie maar sommer trane in my oŽ ook. Ek wil ook soos Ferdi sÍ dat ek absoluut vas geglo het dat jy en jou man weer bymekaar sal uitkom. Niks is vir God onmoontlik nie, Hy kan selfs die stukkendste harte en huwelike herstel en nuut maak. :hug: :hug: :hug:

MercyChild
Dec 25th 2008, 09:31 AM
:hug:Dankie vir al jul gebede saam met my!:hug::hug:

paidforinfull
Dec 25th 2008, 11:45 AM
Prys die Here - Hy is werklik die "God of new beginnings'!

Ek is soooooo bly oor hierdie goeie nuus. (En dit is maar net die begin - wag maar en kyk wat die Here nog alles in jou lewe gaan doen, sussie.)

:hug::hug::hug:

Ta-An
Dec 25th 2008, 02:34 PM
Lindakie, weet jy al wanneer jy huistoe kom??

protea
Dec 25th 2008, 06:43 PM
Watter Kersfees present is DIT nie!!! Prys die Here vir Sy goedertierenheid! En jou man kry n NUWE vrou, n vrou wat deur Jesus nuutgemaak is en nog n kans gegun is.:pp Mag julle 2 saam die liefde van God smaak en saam die Here dien en mag Hy julle albei magtig in Sy Koninkryk gebruik!
Ag , hier raak my wereld ALWEER wasig.....:cry:

MercyChild
Dec 25th 2008, 08:10 PM
Weereens baie, baie dankie vir al julle gebede. :hug:Twee maande terug sou ek seker nie eers aan gebed gedink het nie. Die Here was werklik besonders goed vir my! Wanneer ek huistoe kom weet ek nog nie, maar sal hopenlik 'n vaste datum kan he. Eerste dinge eerste as ek eers by die huis is, is om met ander te deel hoe goed God vir my die afgelope tyd was!:pp

Nou ja, ek het heeltemal ontvang wat ek in my hart begeer het, om 'n nuwe skoon begin te maak. Ek sou nooit in my wildste drome kon dink dat ek in 'n vreemde land tussen vreemdes soveel van God sou ontvang het nie. Ek dink Hongarye sal vir altyd 'n baie spesiale plek in my hart he, want dit is hier waar ek geleer het om ten alle tye met alle omstanighede op God te vertrou!

GOD IS WERKLIK GOED!:hug: