PDA

View Full Version : Die dag toe jy breek!



MercyChild
Dec 26th 2008, 11:06 PM
Ek was hier gewees, die dag toe jy breek,
Die tyd toe middernag in jou lewe kop uitsteek!
Stukkie vir stukkie met deurboorde hand het ek jou opgetel,
Jy het my aangeneem, en soos belowe sal Ek jou herstel!


Ek sal heelmaak, jou gebreekte kruik,
Jou die weg aanwys, en alles heel met tyd!
Soos 'n kind wat leer loop, het Ek jou by die hand gevat
Deur beproewings sal ek jou lei, met my liedesband


Ek gaan jou wys, waar le die ware Noord,
Alles net jou vir saamgevat, in My kosbare Woord,
Jy sal vind, saam met jou het ek tot dusver gerou,
Hierdie trane wat loop, is trane net vir jou!

Linda Steyn

marline
Dec 27th 2008, 11:46 AM
Linda, Dit is nou pragtig!! Ek wil dit sommer met 'n paar mense deel.

protea
Dec 27th 2008, 11:58 AM
Pragtig Linda! Hou hierdie gedigte alles op rekord en wie weet , dalk kan ons ook oor n paar jaar se: Ons ken Linda Steyn wie se nuutste digbundel nou by alle uitgesoekte boekwinkels verkrygbaar is.....:hug:

marline
Dec 27th 2008, 12:05 PM
Hiers mos iemand wat 'n musiek onderwyser is, mens kan dit dalk toonset. Dink dit sal pragtig wees! Daardie woorde is treffend.

protea
Dec 27th 2008, 04:23 PM
:lol: Kan jy glo, dit was my eerste reaksie!!!

Ta-An
Dec 27th 2008, 04:25 PM
Ek sien 'n nuwe beroep oopgevlek op papier :idea:... (En dit is profeties gesÍ)

protea
Dec 28th 2008, 09:05 AM
Van sit en staan kom niks gedaan. Laat ek my musiek manuskrip boek gaan uitruk en afstof. Die musieknootjies 'waai' al hoeka deur my drome... en wag om neergepen te word. :kiss:

MercyChild
Dec 28th 2008, 11:21 AM
Van sit en staan kom niks gedaan. Laat ek my musiek manuskrip boek gaan uitruk en afstof. Die musieknootjies 'waai' al hoeka deur my drome... en wag om neergepen te word. :kiss:

Cool, skryf jy musiek..............?

protea
Dec 28th 2008, 03:02 PM
Ja , ek kan ,maar het in die verlede my tyd meer met verwerking van bestaande musiek verwyl.

MercyChild
Dec 28th 2008, 03:06 PM
Ja , ek kan ,maar het in die verlede my tyd meer met verwerking van bestaande musiek verwyl.

Nou ja, tyd om daardie talente dan te ontwikkel...........:lol:. Wil net noem, dat ek dink om musiek te kan maak seker een van die mooiste talente is wat 'n mens kan besit, maak my skoon jaloers..................Musiek is een van die dinge in die lewe waarvan ek natuurlik die beste hou! Ek kan vir dae lank op een deuntjie vashaak.......lol:lol:

marline
Dec 28th 2008, 06:48 PM
................Musiek is een van die dinge in die lewe waarvan ek natuurlik die beste hou! :idea:
Hmmmmmm, dan is dit mos tyd dat jy leer om 'n instrument te speel. Ek is nou graad 2 met my lesse, en geniet dit verskriklik baie. Ek be-oog nie om in die openbaar te speel nie, net vir eie plesier.

Ta-An
Dec 28th 2008, 07:29 PM
Nou JA, twee musikante, 'n liedjie, en ons het 'n orkes :pp

MercyChild
Dec 28th 2008, 08:24 PM
:idea:
Hmmmmmm, dan is dit mos tyd dat jy leer om 'n instrument te speel. Ek is nou graad 2 met my lesse, en geniet dit verskriklik baie. Ek be-oog nie om in die openbaar te speel nie, net vir eie plesier.

Gaan dit help as ek se ek kan dromme speel, 'n klein bietjie klavier, maar die instrument wat ek die heel beste speel is die radio........lol. :lol:

paidforinfull
Dec 29th 2008, 10:46 AM
Linda, jou gedig is werklikwaar uitstekend! Jy het 'n Godgegewe gawe ontvang, en ek weet Hy is verheug omdat jy jou talente gebruik. Mag die woorde wat Hy so vir jou gee nog baie mense laat keer na Hom.

Blessings
B.