PDA

View Full Version : Inligting Die Wapenrusting



MercyChild
Dec 28th 2008, 02:47 PM
Ek het onlangs begin om meer inligting na te gaan aangaande die wapenrusting en het dit interessant gevind, en deel graag hierdie inligting:


Die gordel van die waarheid

In die tyd van Paulus het die Romeinse soldate n tuniek gedra. Hierdie tuniek was n groot versterkte vierkantige stuk materiaal. Hierdie materiaal het los oor die liggaam gehang en het gate gehad om die kop en die arms deur te steek. Geen soldaat het gaan veg met n los stuk tuniek nie en daarom sou dit met n gordel vas gegord word. Indien hierdie gordel nie gebruik word nie, kan hierdie los lappe van leuens om ons lyf wapper. Die vyand gaan die los lappe gebruik om oor ons kop te trek, te verblind, en die geveg sal verlore wees. Ons moet ons dus toerus met die waarheid sodat ons staande kan bly teen die aanvalle van die bose. Die persoon wat met die waarheid omgord word (die waarheid ken), sal die leuen en die waarheid van mekaar kan onderskei. Leuens en onkunde bind jou, dit maak jou magteloos en radeloos, maar dit is die waarheid wat vrymaak en die regte pad aanwys. Die waarheid staan teenoor die leuen. Satan is n leuenaar en ook die vader van die leuen.
Dit was ook in die Romeinse gebruik vir n soldaat om n skouerband te dra wat voor en agter aan die gordel geheg was en oor die skouer gegaan het. Hy kon die swaard hieraan dra. Die swaard simboliseer die Woord van God. Waarheid word geopenbaar in die woord. Ander dinge wat aan die skouerband gedra was is medaljes of embleme van vorige oorwinnings. As jy dan die gordel van die waarheid dra en jy trek die swaard van geloof, gaan jy medaljes kry, maar net as jy jou swaard op jou skouerband geheg aan jou gordel dra. Dan het jy reeds oorwin voordat jy die veldslag betree het. Die wapens wat teen ons gebruik word is dikwels leuens wat soos die waarheid lyk. As ons egter die gordel van die waarheid aan het sal ons die leuen oorwin.

MercyChild
Dec 28th 2008, 02:53 PM
Die borswapen van geregtigheid

Die Nuwe Afrikaanse vertaling praat van n borsharnas in plaas van n borswapen. Die Nuwe vertaling praat ook van vryspraak in stede van geregtigheid. Die King James Version maak gebruik van die borsplaat en geregtigheid.
Geen Romeinse soldaat sou dit waag om in n geveg in te gaan sonder sy borsharnas nie. Dit is daar om hom te beskerm teen die vyand se swaarde en pyle van aanvalle naby en ver af te keer. Die mees algemene harnas was n metaalplaat wat die noodsaaklike areas van die bolyf van die basis die nek tot by die dye bedek het. Dit het dus die belangrikste naamlik die hart en die ingewande beskerm. Vir die Jood in die eerste eeu na Christus was die hart simbolies van die denke: verstand gees, gemoed of bewussyn. Die ingewande het weer die gevoel en emosies verteenwoordig. n Mens voel mos sekere emosies op die krop van jou maag. Die borswapen beskerm dus ons denke en ons emosie teen die aanvalle van Satan. Ons borswapen is gemaak van die geregtigheid wat God aan ons geskenk het op die dag van ons redding. Om dus n oorwonnene lewe te lei moet ons dan die beginsels van die geregtigheid toe pas. Vogens Jer 23:6 is die Here ons geregtigheid. Dit beteken dat die oomblik wanneer ons tot geloof in Christus Jesus kom, ons die vryspraak van ons sonde ontvang en ons geregverdig voor God die Vader staan.

MercyChild
Dec 28th 2008, 05:28 PM
Skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede

Skoene het vir die Romeinse soldaat twee belangrike funksies gehad naamlik: Beskerming en stabiliteit. Hy het in ‘n geveg gereeld te doen gehad met allerhande gevare soos skerp speke wat in die grond geplaas is ten einde in sy voete te steek. Die skoene kon nie te glad wees nie, want dan sou hy nie oor gladde rotse kon klim om ‘n vyand te gaan aanval nie. Hy moes die tipe skoen dra waarmee hy lang afstande sou kon marsjeer sonder dat hy die sole sou deurloop. As ‘n soldaat se voetsole beseer is kan hy nie loop nie en is dan niks werd nie. Baie veldslae was verloor omdat soldate se skoene nie gehou het nie. Die Romeinse het stewels van dik leer met baie dik sole gedra. Dit het met bande styf om die voete vasgemaak. Onder die sole was klinknaels (soos met rugby skoene) sodat hulle nie maklik moes gly nie. Hierdie skoen het dan standvastigheid verleen sodat hy ferm in ‘n geveg kon staan. Boodskappers in die Romeinse tyd moes ver loop om boodskappe oor te dra, ‘n boodskapper sonder die regte skoene sou nie betyds sy bestemming bereik nie. Dorings klippe en ‘n warm teerpad is alles dinge wat ‘n mens se voete baie seer maak as jy dit kaalvoet aandurf.
Dit is daarom belangrik vir die Christen om goeie sterk skoene te dra, sodat hy die pad sal kan aandurf om die evangelie uit te dra.

MercyChild
Dec 28th 2008, 05:41 PM
Die skild van die geloof

Die Romeine het verskillende soorte skilde gebruik. Onder andere n klein ronde een. Die een wat Paulus egter in gedagte het was n groot beskermende plank. Die griekse naam wat hy gebruik het om dit te beskryf is "Athureon." Hierdie skild se afmetings was vier en n half voet by twee en n half voet. Aan die buitekant was dit oorgetrek met metaal of leer. Die skild se beskrywing is so groot, dat jy as persoon ten volle daaragter verberg kan word. Die metaal sou die pyle deflekteer terwyl die leer behandel was met olie om die brande pyle uit te sit. Die skild word gebruik om die pyle van vuur dood te maak Daar is net een manier om hierdie pyle uit te blus en dit is om in geloof aan God vas te hou. n Peloton Romeinse soldate sou hulle skilde teen mekaar hou om dit as n muur te gebruik teen n vyandige aanval. Dit is hoe die liggaam van Christus moet funksioneer, as daar pyle van die vyand afgeskiet word, moet die kerk hulle skilde teen mekaar hou sodat die vyand geen plek mag hL nie. Hierdie pyle beteken skielike, onverwagte en hewige aanvalle (bv siekte, depressie, vervolging, twyfel en moedeloosheid) deur die bose. Ons as gelowiges moet deur die geloof leef en nie volgens dit wat ons sien, beleef of voel nie. Ons geloof word gebou deur ons gemeenskap met God en omgang met die Woord van God.

MercyChild
Dec 28th 2008, 11:04 PM
Die helm van verlossing

Satan probeer mense altyd om die denke van die mens te beVnvloed en of te beheer. Daarom is dit van kardinale belang dat die denke of rede van die gelowige beskerm moet word. Satan probeer om die denke van die mens te verwar en dit vol te stop met leuens en valse leringe. Die helm van verlossing is om die hoof van die denke van n gelowige te beskerm. n Persoon wat hom nie daarop toelL om te onderskei nie, wie se denke passief en ongedissiplineerd is, is n maklike prooi vir die Satan. Ons moet ons denke onder die beheer van die Gees van God plaas en dit gebruik.
Die Romeinse soldaat se helm was gemaak van leer met stukke metaal daarop, of van soliede yster. Dit het ten doel gehad om die soldaat se kop teen die vyand se pyle te beskerm, sowel as om hom te beskerm teen houe met n swaard. So n swaard was vier voet lank met n groot handvatsel en is met albei hande vasgehou soos n krieketkolf. n Soldaat kon met een hou sy opponent se skedel oop kloof en hom dood. Satan het ook n swaard, met twee snykante, naamlik: Ontmoediging en twyfel. Hy wil n gat in jou kop slaan met sy swaard van ontmoediging en twyfel.

MercyChild
Dec 29th 2008, 05:16 PM
Die swaard van die gees - Woord van God

Die swaard word gebruik vir die aanval asook die teen aanval in ‘n geveg vir verdediging. In hierdie geval is die swaard van die Gees, die woord van God. Slegs deur die vervulling van die Heilige Gees kan die Woord van God lewend gemaak word en betekenis gegee word. Ongelowiges kan ook Bybel lees, maar het nie die inwonende onderwyser in die vorm van die Heilige Gees nie. Hierdie swaard word net soveel gebruik om ‘n hou te keer as wat dit gebruik word om aan te val. Satan slaan ons met versoekings en die woord word gebruik om die aanval af te keer. Satan gebruik ‘n gebied waar jy nog nie die Bybelse beginsels ken nie en sal jou daar aanval. Dit is van kardinale belang vir enige Christen om te weet waar om nodige tekse in die Bybel te vind in tye van aanslae. Dit is belangrik om daagliks stil te word by God se woord. Ons moet biddend vra dat die Heilige Gees die Woord en die Waarheid aan ons sal openbaar. Die woord van God is genoegsaam om ons alles te leer. (2 Tim 3:16) Die woord word deur die Heilige Gees gebruik vir ons heiligmaking en reiniging, maar ok om die vyand te verslaan. Toe Jesus in die woestyn versoek was, was Sy enigste wapen die Woord (Mat 4 en Luk 4). Telkens het Hy elke versoeking afgekeer met: “Daar staan geskrywe” Dit is daarvoor belangrik dat ons die woord van God moet ken, sodat ons gedeeltes kan gebruik wanneer en waar nodig in die geveg.
Dit help om in gedagte te hou dat die Bybel God se liefdesbrief is aan jou. Wanneer jy briewe ontvang van iemand wat jy liefhet, lees jy dit nie net een keer om dan nooit weer daarna te kyk nie. Jy bestudeer dit kort-kort aandagtig, drink die wese van daardie persoon in, lees tussen die lyne vir enige en elke moontlike boodskap. God se liefdesbriewe aan ons is vol boodskappe. Dit sL “Dit is hoe ek jou liefhet”. Dit sL nie “Dit is wat jy moet doen sodat jy My sover kan kry om jou lief te hL nie”. Dit is ‘n boek van lewe. Dit moet nie gelees word soos ‘n ritueel of uit vrees dat iets vreeslik sal gebeur as jy dit nie doen nie. Dit moet gelees word sodat God jou in Sy liefde van binne na buite kan opbou, en Sy wese in jou hart kan inbrand sodat niks jou van Sy teenwoordigheid kan weghou nie.

CFJ
Jan 3rd 2009, 09:21 AM
Linda,

Dankie vir hierdie klompie inligting. Ek het verlede jaar 'n reeks preke van Jacob Prasch bygewoon, hy is 'n Jood en het basies dieselfde konsep aan ons verduidelik en dit het in my gebrand om so draad op te maak, maar om een of ander rede het ek dit toe nooit gedoen nie. Al is die basiese inlgting dieselfde, het Jacob Prasch 'n paar ander invalshoeke ook gehad wat mooi gaan inpas by jou studie.

MercyChild
Jan 3rd 2009, 02:16 PM
CFJ, Dankie voeg gerus by, asb, asb.............Ek is altyd oop vir meer inligting! Dankie vir die moeite om al hierdie inligting te lees!:hug:

Willem
Jan 4th 2009, 09:27 PM
Linda,

dankie, ek is oortuig dat jy gebruik word om ander soos ek te hel pwat so sukkel om te verstaan ..

Die sal ek weer en weer lees en onthou en dan gaan ek lekker kan baklei

CFJ
Jan 5th 2009, 06:34 AM
CFJ, Dankie voeg gerus by, asb, asb.............Ek is altyd oop vir meer inligting! Dankie vir die moeite om al hierdie inligting te lees!:hug:

Ek sal net bietjie moet gaan opdiep oor dit Linda, want my geheue is nie te lank nie... :D

Phil Fourie
Jan 7th 2009, 06:56 AM
Linda

Jy is op 'n goeie pad hier, goeie werk, laat die Heilige Gees jou aanhou so lei ;)

Ek sal graag vir jou dievolgende wil gee wat jy ook kan na kyk, dit is studie wat ek ook gedoen het aangaande hierdie teksgedeelte en ek deel dit graag met jou :)

http://bibleforums.org/blog.php?b=471

Groete
Phil

MercyChild
Jan 7th 2009, 08:23 AM
Linda

Jy is op 'n goeie pad hier, goeie werk, laat die Heilige Gees jou aanhou so lei ;)

Ek sal graag vir jou dievolgende wil gee wat jy ook kan na kyk, dit is studie wat ek ook gedoen het aangaande hierdie teksgedeelte en ek deel dit graag met jou :)

http://bibleforums.org/blog.php?b=471

Groete
Phil

Dankie Phil, uitstekende inligting. Iets om aan vas te hou!