PDA

View Full Version : Getuienis: Vergifnis!



MercyChild
Dec 28th 2008, 11:19 PM
Hierdie is seker een van die mooiste stukke wat ek ooit gelees het...............................

Hierdie is 'n brief wat aan 'n man geskryf is in die dodesel. Dis geskryf deur die Vader van die man wat deur die gevangene gedood is.

Jy is sekerlik verras om 'n brief van my te ontvang, ek van alle mense, skryf 'n brief aan jou, maar ek vra dat jy alles sal lees, en dan my versoek versigtig sal oorweeg. As die Vader van die persoon wie jy help vermoor het, het ek iets ontsettend belangrik om aan jou te sÍ:
Ek vergewe jou! Ek vergewe jou met my hele hart. Ek hoop net dat jy my glo en dat jy my vergifnis sal aanvaar.

Dis ook nie al wat ek vir jou wil sÍ nie, ek wil aan jou 'n aanbod maak, 'n aanbod wat ek regtig hoop en vertrou jy nie sal weier nie. Ek wil jou vra of ek jou nie wettiglik kan aanneem as my eie kind nie. Jy sien die Seun van my wat jy doodgemaak het, was my enigste kind, nou wil ek graag my lewe met jou deel en al my rykdom aan jou nalaat. Dit mag miskien nie vir jou of enige iemand anders nou enige sin maak nie, tog dink ek jy is dit werd. Ek het my sake so gereŽl, dat indien jy van my vergifnis aanvaar, jy nie net van die misdaad vrygespreek sal word nie, maar dat jou vonnis van doodstraf opgehef sal word.. Sodra dit afgehandel is word jy my wettige aangenome kind, en die erfgenaam van al my rykdom en skatte, waarvan ek baie het.

Ek besef dat ek 'n risiko neem met hierdie aanbod van my, want ek weet jy mag dalk my aanbod totaal en al weier, nogtans maak ek die aanbod sonder enige voorwaardes of voorbehoud.

Ek besef dat jy sal dink ek maak 'n fout om so 'n aanbod te maak vir iemand wat my Seun se lewe geneem het, tog wil ek jou verseker dat ek 'n ontsettende liefde, en 'n onveranderlike vergifnis in my hart het vir jou.
Laastens, besef ek dat jy bekommerd is oor die feit, sou jy die aanbod aanvaar, en jy doen iets verkeerd, dit daartoe sal lei dat jy jou regte tog my rykdom sal verbeur. Glo jy vir my dis van alle waarheid onthef. Indien ek jou kan vergewe vir jou bydrae tot my Seun se dood, kan ek jou vir enige iets anders mos ook vergewe.

Ek weet jy sal nooit sonder foute wees nie,. Maar jy hoef nie sonder foute te wees om my aanbod te aanvaar nie. Daarbenewens, glo ek vas, dat wanneer jy eers my aanbod aanvaar het, en in my rykdom begin deel het, jou eerste belang (alhoewel nie altyd nie) dankbaarheid en lojaliteit sal wees.
Ek besef dat baie mense sal dink ek is verspot en nie reg wys nie, om so 'n aanbod aan jou te maak, maar ek het nog net een versoek en dit is dat jy my jou Vader sal noem.

Geteken vandag daar waar jy nou is.

Die Vader van Jesus Christus.

paidforinfull
Dec 28th 2008, 11:27 PM
Hierdie is vreeslik mooi, MC. Baie baie dankie dat jy dit met ons deel. Ek gaan dit uitdruk en binne-in my Bybel sit.

(Jy is besig jong - ek sukkel om by te bly met al die dinge wat jy ons leer :) ).

Mag die Here jou seen, sussie.
:hug:

MercyChild
Dec 28th 2008, 11:36 PM
Hierdie is vreeslik mooi, MC. Baie baie dankie dat jy dit met ons deel. Ek gaan dit uitdruk en binne-in my Bybel sit.

(Jy is besig jong - ek sukkel om by te bly met al die dinge wat jy ons leer :) ).

Mag die Here jou seen, sussie.
:hug:

Ek wens ek kan dit in woorde verduidelik, ek het vandag hierdie skielike verskriklike helder verstand. Ek begryf dinge, ek verstaan dinge, alles maak sommer net soveel meer sin as ooit tevore. Ek is nog heeldag net besig om te poog om inligting saam te vat. Ek is bang ek vergeet sommige goed. Ek dink nie ek het al ooit so baie gelees en geskryf soos vandag nie, en dit hou nie op nie. Snaakse ding is ek word nie moeg nie, en wil nie ophou totdat ek vandag klaar is nie.:rolleyes:

CFJ
Dec 30th 2008, 07:11 AM
MC,

Dit is getuienisse soos jou eie, wat alle teŽspraak van 'n God wat vir sommiges dood is, totaal negeer en uitwis en letterlik bewys, die God wat ons aanbid, lewe en Hy lewe in algehele en absolute oorvloed!

protea
Dec 31st 2008, 07:09 AM
Ek wens ek kan dit in woorde verduidelik, ek het vandag hierdie skielike verskriklike helder verstand. Ek begryf dinge, ek verstaan dinge, alles maak sommer net soveel meer sin as ooit tevore. Ek is nog heeldag net besig om te poog om inligting saam te vat. Ek is bang ek vergeet sommige goed. Ek dink nie ek het al ooit so baie gelees en geskryf soos vandag nie, en dit hou nie op nie. Snaakse ding is ek word nie moeg nie, en wil nie ophou totdat ek vandag klaar is nie.:rolleyes:

Hallo Linda, :hug: Jy is die oorsaak van baie 'wasige' oomblikke in my dag... Jou getuienis spreek van n onuitspreeklike genadige God wat ons SO lief het dat Hy nie wil he EEN van ons verlore moet gaan nie . Ek sit nou en dink aan jou 'afsondering' daar in Hongarye waar ek glo die Here met jou n allerbelangrikste afspraak gehad het. Mens moet eers van mense en omstandighede afgesonder word om werklik die stem van die Heilige Gees te hoor en ek glo dis daardie 'inpomp van KENNIS' wat jy nou ervaar. Jy het daardie kennis nie noodwendig in boeke gelees nie. Dis die Heilige Gees wat jou daardie insig gee. Jy weet net dat jy WEET! En wanneer jy so vol is van die Heilige Gees se inspraak van jou lewe, dan raak mens mos nie fisies honger nie. Dis raar maar waar... Wees net gehoorsaam aan die Here se inspraak in jou lewe. :kiss:
Plaaslievvvvde en soeiiinkies
Mona