PDA

View Full Version : Groente resepte



Ta-An
Dec 29th 2008, 03:20 PM
Synde dat ons nou kos gesels in die Vleis rekkers onderwerp....


Ek hou van blomkool en brokolie met 'n kaas witsous oor.
Ek gebruik Knorr se Garlic & Herb geur blokkies om die witsous mee te geur. Dit is net so lekker opgewarm :pp

marline
Dec 30th 2008, 04:57 AM
:Gevriesde spinasie met room en fettakaas, lasagne blaaitjies, kook lasagne blaaitjies en spinasie tot gaar, skep in lae uit in oondvaste bak, jy kan nog fetta kaas, en/of enige ander kaas daaroor rasper, bak in oond tot kaas gesmelt. Lekker eet:pp

Ta-An
Dec 30th 2008, 02:00 PM
Hoekom maak jy die Lasagne blaadjies eers gaar??

Ek gebruik dit so in droŽ stadium, met genoeg witsous en vog in groente/vleis ward dit lekker sag.... :hmm:

marline
Dec 31st 2008, 02:20 PM
Ek het gevind dat die blaaitjies nie lekker sag word nie, miskien te min vog in spinasie. Het dit nog nie met 'n sous probeer nie, :pp 'n goeie idee!!

MercyChild
Dec 31st 2008, 03:08 PM
Groente................:eek:Is dit nie net vir siek mense nie?:o Ek voer my hasie blare.............lol;)

Lanie
Dec 31st 2008, 11:24 PM
Uh-uh!!:no: Dis vir mense wat nie wil siek word nie - vra maar jou hasie wat nooit verkoue kry nie! ;)... :D

MercyChild
Dec 31st 2008, 11:38 PM
Uh-uh!!:no: Dis vir mense wat nie wil siek word nie - vra maar jou hasie wat nooit verkoue kry nie! ;)... :D

Ek hou nogal van McDonalds, en ek kry ook nie verkou nie............lol dit moet seker die blaarslaai wees wat hulle daarop sit!...........lol:rofl:

protea
Jan 2nd 2009, 11:03 AM
Uh-uh!!:no: Dis vir mense wat nie wil siek word nie - vra maar jou hasie wat nooit verkoue kry nie! ;)... :D

Bokke kry ook nie verkoue nie en blare maak n groot persentasie van hulle dieet uit. Ek dink ek het n groot hoeveelheid bokbloed in my liggaam want my konstitusie soek groenvoer...:lol:

marline
Jan 2nd 2009, 11:09 AM
En het julle al ooit 'n hasie met 'n bril gesien?

MercyChild
Jan 2nd 2009, 01:01 PM
En het julle al ooit 'n hasie met 'n bril gesien?..............lol.......:rofl:

Met my sussie se kleintjie in die rondte, om die waarheid te se, ja ek het, al was dit net sonbrille............lol:rofl:

mari
Jan 16th 2009, 10:03 AM
My pa het nie van pampoen gehou nie....... ekke het eers uit die huis uit dit leer eet....... wonner waar my en kleinboet se dik bos krulle vandaan kom ?? :lol:

wie het 'n lekker pampoenkoekies resep - my man is mal daaroor en my reseptteboek ontbreek daai hoofstuk....


m

mari
Jan 16th 2009, 10:14 AM
KOOLMOERBYSLAAI :

Basis :
groen blaarkool - ( boerekool of chinese kool )
( rooi kool as daar is )
gekapte uie
gerasperde wortel
gerasperde rooi appel
sout en swartpeper

sous :
mayonaise en 'n lepel kondensmelk

.... dan maak jy die kas se deur oop en kyk wat daar is om by te gooi ( van daar die m... ;) )

garlik & herb sprinkel
gekapte neute
gronboontjies & rosyne
gerkins

of whatever lekker lyk !



NOEDELMOERBYSLAAI :

Basis :

enige noedels - elbow, skroefies of sommer maccaroni as die budget laag is

dan maak jy weer die kas oop en kyk wat pas :

uie
tamatie
peppers
stukkies ham of oorblyvleis
stukkies kaas
gerkins
aspersies
sampioene
pynappel

whatever....

mayonaise met 'n lepel kondensmelk
gemengde kruie


:rolleyes:
m

marline
Jan 20th 2009, 12:35 PM
wie het 'n lekker pampoenkoekies resep - my man is mal daaroor en my reseptteboek ontbreek daai hoofstuk....
m

Mari, jou kombinasies lyk vir my mos baie soos Hilda van 7de laan se interesanthede. In ieder geval sien ek mos nou niemand stuur vir jou die resep nie, so grou ek toe gou my Kook en geniet uit wat ek in '72 present gekry het.
2 K fyngemaakte gaar, rooi pampoen,
1 eier
2 t bakpoeier
'n knippie sout
4 e meelblom of genoeg om die pampoen dit te maak

Meng die pampoen, meelblom, bakpoeier en sout. Die mengsel moet taamlik slap wees.
klits die eier, voeg by en meng
Smelt vet in pan en as dit goed warm is, drup lepelsvol van die mengsel in die pan. Braai dit aan albei kante ligbruin.
Strooi suiker, gemeng met fyn kaneel oor elke koekie en dien dit op met skyfies suurlemoen.

Daarsy, hoop julle geniet dit.

mari
Jan 20th 2009, 02:49 PM
Marline....

'n moviese pampoen nou net by die smouse gekry.......
en my eige K&G wat my ma nog vir my as bruidstee geskenk gegee het ( ja... sy't geweet haar dogter gaan hulp nodig he ) ..... loop uitgrawe..... thanx......

raai wat eet ons vanaand ....:pp

Lanie
Jan 20th 2009, 03:29 PM
My liefie se absolute gunsteling is pampoenkoekies. As my ma hom wil sagmaak is dit altyd op die spyskaart. Hulle sÍ mos die pad na 'n man se hart loop deur sy maag.....

mari
Jan 20th 2009, 03:50 PM
My liefie se absolute gunsteling is pampoenkoekies. As my ma hom wil sagmaak is dit altyd op die spyskaart. Hulle sÍ mos die pad na 'n man se hart loop deur sy maag.....

..... Lanie, die probleem is wanneer daai netjiese nou weg in 'n bree weg verdwyn........ as jou bederfies die sixpack 'n vaatjie laat verander !!....:rofl: