PDA

View Full Version : groente koeke



Ta-An
Dec 29th 2008, 03:24 PM
Hiermee bedoel ek..... koek gebak met groete as bestanddeel.
Hier is 'n link na Pampoenbrood.... http://bibleforums.org/showpost.php?p=1749360&postcount=3
Watter ander groente gebruik jy in soet gebak??

marline
Dec 30th 2008, 04:51 AM
Het julle al pampoen tert gebak? Jy kou jou lippe af! Nogal lekker soet vir die suikerbekkies.

Ta-An
Dec 30th 2008, 09:40 AM
Het julle al pampoen tert gebak? Jy kou jou lippe af! Nogal lekker soet vir die suikerbekkies.Nee, gooi daardie resep dankie :ppEk bedoel, Sal jy asseblief die resep met ons deel ;)

marline
Dec 30th 2008, 11:42 AM
Nee, gooi daardie resep dankie :ppEk bedoel, Sal jy asseblief die resep met ons deel ;)

PAMPOENTERT (nie vir verslankers)
Kors Ongebakte broskors

Vulsel
1 koppie gekookte, fyngedrukte pampoen,
Knippie sout
1 blik soet gekondenseerde melk (397g -14 onse)
1 eier
koppie warm water
teelepel neutmuskaat
teelepel fyn gemmer

1 Meng pampoen, gekondenseerde melk, sout en speserye
2 Voeg goedgeklitse eier en water by
3 Meng goed en skep in die kors
4 Plaas in warm oond (230C - 450F) vir 10 minute
5 Verminder hitte na 180C - 350F en bak vir 40 tot 50 minute langer
6 Dien op met room.

Geniet dit!!!!;););)

Ta-An
Dec 30th 2008, 01:54 PM
OOOOOOOO Dit kan net lekker proe :pp

Ek het juis pampoen en kodensmelk :idea:

Uhmmmm, Butternut of Hubbard squash ??

Ta-An
Jan 1st 2009, 12:05 PM
Okay, ek het hom nou net geet, saam met 'n stukkie skaaptjoppie en aartappel slaai :pp

Ek het Hubbard skors gebruik, sal hom volgende keer met Butternut probeer :idea: