PDA

View Full Version : Cinnabons



Ta-An
Dec 30th 2008, 06:24 PM
Julle ,,,,, die goed is lekkerrrrr!!!!



Bestanddele




250 ml warm melk (45 degrees C)
2 eiers, kamer temperatuur
175 ml gesmelte margarine
4 1/2 k banket meelblom (Ek het 600g gebruik )
1 t sout
125 ml wit suiker
20 gram Anchor gis (2 pakkies)
****
250 ml bruin suiker
15 ml fyn kaneel
175 ml sagte botter
****
100 ml sagte roomkaas
65 ml sagte botter
375 ml strooisuiker
2,5 ml vanilla essence
knypie sout (1/2 ml)

Metode:


Gebruike eerste 7 bestanddele om 'n sagte deeg aan te maak,
Smelt die margarien in die louwarm melk en voeg geklitste eiers by, voeg by droŽ bestanddele, knie vir +- 10 minute tot sag en elasties.
Laat rys tot 2x die volume,

Meng die bruinsuiker en kaneel.

Knie die deeg af en rol deeg uit in 'n reghoek, (omtrent 40/60 cm) en smeer met 175 ml botter en sprinkel die kaneelsuiker bo-oor.Rol die deeg op in 'n rol, en sny dit op in 12 skywe

Plaas die rolletjies in 'n bakpan, (Soos jou oondpan of Pyrex) en laat vir 30 min rys tot omtrent dubbel die volume.

Verhit oond tot 180C

Bak rolletjies tot goudbruin +- 25 - 30 min

Meng laaste 5 bestanddele en smeer oor rolletjies sodra dit uit die oond uitkom.

Geniet!!!

Ta-An
Dec 30th 2008, 06:25 PM
Variasie....

Karamel kondensmelk kan ook oorgegooi word saam met gekapte neute...
Sticky maar lekker!!!!!!!!!

marline
Dec 31st 2008, 08:09 AM
Dit klink lekkerrrrrr! Sal dit in die nuwe jaar probeer.:)

Ta-An
Dec 31st 2008, 08:16 AM
Dalk sal die resp maklik gehalveer kan word..... want dit is nogals bietjie groot ;)

MercyChild
Dec 31st 2008, 12:48 PM
Hi Ta-An dit klink mos te heerlik.......... bevrees ek is 'n baie slegte kok! :o
Dus sal jy my maar moet oornooi om jou baksel te proe!:rofl:

Ta-An
Dec 31st 2008, 06:30 PM
Hi Ta-An, dit klink mos te heerlik.......... bevrees ek is 'n baie slegte kok! :o
Dus sal jy my maar moet oornooi om jou baksel te proe!:rofl:Jy's welkom..... my mond waterrrrrr :lol:

protea
Jan 1st 2009, 06:39 PM
Ek dink my kleinkinners al ook eendag sing:' My nooi is in n nartjie, my ouma in kaneel...' Dit klink heerlik Ta-An , gaan dit beslis probeer. Ek is BAIE lief vir kaneel.
Ek het die Nuwejaarstert uitprobeer en dis DIVINE.

6 eierwitte -klits en voeg dan een koppie suiker by .Klits tot goed styf.
6 eiergele - roer 2 eetlepels kakao by. Indien te styf voeg klyyyynbietjie melk by.
Vou die eiergeelmengsel by die eierwitmensel in tot goed gemeng.
Gooi in gesmeerde tertbord en bak vir 40 min by 140 grade C
Haal uit die oond en laat afkoel.
Die merengue wat uit die oond kom is hoog opgepof en sak dan sodat dit n sagte holte vorm. In hierdie afgekoelde holte kom dan die volgende
2 pakkies Vanilla klitspoeding geklits met 500ml melk
Styfgeklitste room of Oley Whip
Gesmelte neutesjokolade en neute bo- op.

Voordat ons begin briek aandraai wat die kilojules betref:cry:, maak dit gerus. Hy is ryk maar nie so walglik soet soos wat ek al geeet het nie. Laat ek maar nou my eerste leuen vir die Nuwejaar vertel: Dit maak GLAD nie vet nie....:bounce:

Ta-An
Jan 1st 2009, 07:23 PM
Dit klink heeeeeerlik.....

My klere begin al klaar voel of dit gekrimp het :o

Ta-An
Jan 1st 2009, 07:25 PM
Dit maak GLAD nie vet nie....:bounce:
:rofl: .

marline
Jan 3rd 2009, 03:11 PM
Alhoewel ek op dieet is, (na laas jaar se vv) en Linda nie my ekstra kg. wil he nie, het ek nou sommer 'n piesang brood en 'n bier brood gebak. Die piesangs was oorryp, en mens mag nie kos mors nie, en my arme man soebat nou al hoe lank vir 'n bier broodjie. Nou is altwee sommer so saam in die oond. Ons sal nou moet 'n teeparty reel sodat julle kan help eet. :spin::bounce::spin:

Ta-An
Jan 3rd 2009, 05:13 PM
Ons sal nou moet 'n teeparty reel sodat julle kan help eet. :spin::bounce::spin: Dan moet jy vinnig kom, die cinnabons is heerlik!!!
Ek het nou net gebak ;)
Dit is RYK.... daardie regte botter en roomkaas met hope suiker............

Ta-An
Jan 3rd 2009, 05:18 PM
Alhoewel ek op dieet is, (na laas jaar se vv) en Linda nie my ekstra kg. wil he nie, EK het verlede jaar 10 kg verloor..... en Linda het nie die gevat wat sy belowe het nie :rolleyes:,,,,, en hulle het almal terug gekom in Desember..... ek is so bly wanneer Maandag aanbreek dan kan ek weer begin loop :pp

MercyChild
Jan 3rd 2009, 08:39 PM
Hi Ta-An, miskien het jy nie agter gekom nie, maar ek het gevat wat jy geoffer het;)................die skaal trek nou 14kg swaarder as voorheen.........lol.:D Ek dink amper ek moet ook begin oorweeg om te loop:lol:

Ta-An
Jan 4th 2009, 04:19 PM
Wanneer mens die versiersel bo-op gesmeer het, en jt dit in die oond in terug druk, dan karameliseer die versiersel..... en dit is ook baie lekker.....

Daardie baksel Cinnabons id sou opgeŽet.... ek sal alweer moet bak....
En wanneer jy kom Linda, dan bak ek weer ;)

MercyChild
Jan 4th 2009, 04:58 PM
Dankie Ta-An, teen more sal ek seker weet wanneer ek terug keer, sal jou maar vroegtydig in kennis stel.....lol. Nee ernstig nou.:lol:

mari
Jan 5th 2009, 08:31 AM
Quote:
Originally Posted by protea http://bibleforums.org/images/buttons/viewpost.gif (http://bibleforums.org/showthread.php?p=1926275#post1926275)
Dit maak GLAD nie vet nie....:bounce:

:rofl: . .


ag nee wat an....... kannie vet MAAK nie....... IS KLAAR !

:rofl::bounce::pp:giveup:

Ta-An
Jan 5th 2009, 09:36 AM
ag nee wat an....... kannie vet MAAK nie....... IS KLAAR !

:rofl::bounce::pp:giveup::hug:

:rofl:

JA toemaar :pp

protea
Jan 13th 2009, 09:54 AM
Iets waaraan ek nooit gedink het nie...

Hoe is dit dat wanneer jy water en meel meng, dan kry jy gom..? En as jy eiers en suiker bygooi , dan kry jy koek...? Waar is die gom heen ? Jy weet dit baie goed! Dit maak dat die koek aan jou heupe VASPLAK!!!:lol:

Ta-An
Jan 13th 2009, 12:25 PM
Iets waaraan ek nooit gedink het nie...

Hoe is dit dat wanneer jy water en meel meng, dan kry jy gom..? En as jy eiers en suiker bygooi , dan kry jy koek...? Waar is die gom heen ? Jy weet dit baie goed! Dit maak dat die koek aan jou heupe VASPLAK!!!:lol:Net so Protea, net so :rofl: