PDA

View Full Version : Inligting Het iemand Christelike Bladmusiek om te deel?



Psalm
Jan 6th 2009, 12:35 PM
Hi almal,

ek het so ongeveer 2 jaar terug besluit om trompet te speel, maar ek het absoluut NIKS van musiek lees of teorie geken nie. Het toe maar bietjie op die internet rondgekrap en 'n "Learn how to ..." boek gekoop en begin leer speel en musiek lees ens. Ek kan met trots se ek is nou 'n Pro!
Pro-beerder.

Ek neem nie klasse of iets nie want ek wil nie speel of leer op wereldse musiek nie. Ek wil graag bladmusiek he van Christelike musiek. Ek het wel die FAK musiekboek en NG kerk se musiek boekie en kan al heelwat van daai musiek speel, maar daar is baie pinkster liedjies se musiek wat ek baie van hou en graag sal wil speel, daai ou pinkster liedjies...

Het so rukkie terug 2 boekies gekoop (ou 2de hande boekies) in 'n 2de handse winkeltjie wat heelwat pinkster liedjies in het, maar nie almal wat ek soek nie (M.U.S.I.C is die boekies se naam). Ek kon die volume 1 - Afrikaans en volume 2 - Engels kry, maar weet nie of daar nog volumes is nie.
As enige iemand my dalk kan help, of in 'n rigting wys waar ek meer bladmusiek kan kry sal dit baie waardeer word.

Groete

mari
Jan 7th 2009, 11:10 AM
Psalm...

daar is tonne free downloads op die net beskikbaar bv :

http://www.pastornet.net.au/intouch/page11.html

http://www.daviddelgado.com/cds.html


soek die Christen links by :
http://www.findfreesheetmusic.com/pages/Spiritual/


goggel " gospel sheetmusic free downloads " en SOEK EN JY SAL VIND !..


LEKKER LOOF ! ....... m ;)




NS :

en Phil.....

daar is baie musiek met Guitaar koorde ook beskikbaar !!! - baie beter as Koos dup se depressed goed..... )

marline
Jan 7th 2009, 11:22 AM
Ek het onlangs begin met keyboard lesse, en het die oulikste musiek stukke by Musica in Atterbury gekry. Gaan kyk biejtie daar as dit nie te ver van jou af is nie. Lekker musiek speel.

Psalm
Jan 7th 2009, 01:39 PM
Baie dankie vir die inligting, ek sal bietjie gaan loer.