PDA

View Full Version : Werksomstnadighede



riavanwyk
Jan 7th 2009, 08:11 AM
:giveup:Ek werk vir 'n Ink Firma al seve jaar en vier van die seve jaar is ek in verkope in gedruk en ek is nie 'n verkoopsmens nie. Die eienaar van die maatskappy plaas ongelooflik druk op my ek het hierdie besigheid met al die hulp van Vader want al die eer kom Hom toe sou ek dit nie kon doen nie van vyftigduisend na oor die honderd duisend 'n maand verkope gedoen en die eerste dag terug op kantoor het hy my geskakel en gese as ek nie hierdie jaar verbeter nie moet ek weet dat ek met my loopbaan speel. Hoeveel meer moet ek dan doen? Ek weet daar moet groei wees, is daar nie beter maniere om jou personeel te motiveer om te verbeter as om hulle te drieg nie. Al wat ek kan doen is om my oe opte hev na die wolke waar sal my hulp vandaan kom? My hulp kom van die Here. Help my net bid vir hierdie man. aseblief en dankie:blush:Ria

MercyChild
Jan 7th 2009, 08:32 AM
Hi Ria, en baie welkom hier by die forum. Ek is nie 'n goeie raadgewer nie, maar ek bid definitief saam met jou, dat God vir jou deure sal open wat geopen moet wees, en weer deure op hulle beurt moet toemaak, wat toegemaak moet word. Ek bid dat God sy Wil sal laat geskied in hierdie omstandigheid!:)

Sonia Smit
Jan 7th 2009, 09:44 AM
Hi Ria,

Baie welkom by die forum! Ek glo jy gaan dit sommer baie geniet hier by ons.

Ek sou dalk die hele groep bymekaar geroep het en dit 'n spanpoging gemaak het om strategiese planne uit te werk wat ook jou groep baie positief sal maak. Soos jy s, dis nie lekker om jou mede kollegas te dryg nie want dit de-motiveer mense baie maklik en dit bring baie groot skade. Hou 'n "brainstorm"-sessie met jou groep en laat hulle ook met idees opkom om die verkope te bevorder. Dit kan dalk help.

Ek :pray: vir jou, jou span en ook die eienaar van die maatskappy, sowel as al jul kliente.

Romeine 8:31 s:
"Wat sal ons dan van hierdie dinge s? As God vr ons is, wie kan teen ons wees?"

Vertrou net ten volle op GOD!

paidforinfull
Jan 7th 2009, 01:05 PM
Baie welkom hier by BF, Ria. Daar is 'n Suid-Afrikaanse sub-forum hier, en jy kan jouself gerus daar kom bekendstel sodat meer mense jou kan ontmoet, en ook vir jou bid en bystaan.

Ria, ek dink wat jou baas doen is regtig erg - dis nou geen manier om mense in jou diens te motiveer nie. Hier is gebed werklik nodig - vir jou en vir jou baas. Mag die Here jou sterk maak. Moenie vrees dat jy jou werk gaan verloor nie, maar klou net vas aan die Here. Hy is jou bron; nie jou baas nie. Die Here sal jou nooit in die steek laat nie.

:pray: vir jou.