PDA

View Full Version : Hierdie HITTE!!!



Ta-An
Jan 8th 2009, 10:16 PM
Sjoe ouens kry julle ook warm?? :hmm:
Phil.... ek sien in julle gebied raak dit sommer 38C op een plek in KZN 39C :o

Ek voel sommer vrekkerig in die hitte :cry:

Die Filadelfieer
Jan 9th 2009, 06:25 AM
Jy moet sien hoe lyk my arme groentetjies, het nou die dag 55 grade C in die groenhuis gemeet !
Aan die plus kant het my seuntjie die swembad ontdek, so ek en hy is elke middag na werk in die water tot hy flou gespeel is. Mens voel sommer beter na 'n swem.

Phil Fourie
Jan 9th 2009, 06:26 AM
Wel, een goeie ding van terug wees by die werk is dat ek lugversorging in my kantoor het :lol: Dit is moontlik al goeie ding, dankie Eva :rolleyes: :lol:

Maar ja, dit is erg warm, ek was op vakansie daar by die Noordkus toe dit so erg warm was daardie paar dae, die warmste wat hulle gehad het laas jaar, temperature was oor die 40C en dan sit dit nog met humiditeit van oor die 80%.

My droee hitte hier in my vallei is baie beter as dit.

Lanie, jy mis darm seker nie daardie bedompige hitte waar jy vandaan kom nie? :hmm:

Lanie
Jan 9th 2009, 06:31 AM
Ja, dis omtrent die enigste ding wat ek nie mis nie.......

MercyChild
Jan 9th 2009, 07:25 AM
Hitte, het julle gese hitte............whoo hoo. :pp:pp:ppEk kan nie wag nie. Ons is so minus 20 grade:eek::eek:

Lanie
Jan 9th 2009, 10:04 PM
Ja wel, Linda, dan sal ek maar minder probeer moan want ek kry eerder warm as koud...... maar ek moet s, ons kuier hierdie hele naweek in Phalaborwa en dis so warm op hierdie oomblik dat ek nie eers kan slaap nie, de dat ek 12-uur in die nag maar met julle ouens l en gesels..... dit trek darem mens se aandag bietjie van die hitte af. Ek dink ek gaan nou weer swem....

MercyChild
Jan 9th 2009, 10:10 PM
Maak my skoon jaloers......swem, beslis een van die eerste dinge wat ek gaan doen as ek terug is. Geniet die kuier!;)

marline
Jan 10th 2009, 05:08 AM
Dit was gister 38grade, en vanoggend sous dit hier by ons. Jy kan sommer hoor hoe die plante 'n sug van verligting slaag.

protea
Jan 10th 2009, 04:54 PM
Waar ons bly het jy seker die gematigdste klimaat ter wereld. Dit raak nie sommer kouer as 6 grade nie en 26 tot 28 grade is baie warm by ons. Klink dit nie soos die Paradys nie? Ek dink net Walvisbaai klop ons! ;)

Ta-An
Jan 10th 2009, 05:06 PM
Ons het heerlike reen gehad gister en vandag..... bietjie koeler, maar die humiditeit :o maar ek kla nie, ek is bly as dit reen :pp dan hoor mens die plante groei :D

marline
Jan 10th 2009, 05:39 PM
Waar ons bly het jy seker die gematigdste klimaat ter wereld. Dit raak nie sommer kouer as 6 grade nie en 26 tot 28 grade is baie warm by ons. Klink dit nie soos die Paradys nie? Ek dink net Walvisbaai klop ons! ;)
Ek dink ek wil daar kom bly!!! wat is die werksgeleenthede? Ons het 40mm reen gekry!!! Prys die Heer!!!!
:pp:pp:pp

Lanie
Jan 10th 2009, 07:21 PM
Dit ren op die oomblik katte en honde hier in Phalaborwa, wat nogal 'n "big deal" is want hulle kry mos maar min 'n lekker stortbui.... en :pp vannaand gaan ek slapies sonder dat alles aan my lyf vassweet!!!

bennie
Jan 12th 2009, 07:09 PM
Vandag kry ons so tussen 13 en 16cm sneeu. Vannaand gaan die wind so teen 60 km 'n uur waai. Dit beteken die temp sal so -25 wees.
Hitte, wat is dit??? Kan 'n mens dit eet??

bennie

Ta-An
Jan 12th 2009, 07:19 PM
Droom aan Bennie , droom aan :)

marline
Jan 12th 2009, 07:21 PM
Vandag kry ons so tussen 13 en 16cm sneeu. Vannaand gaan die wind so teen 60 km 'n uur waai. Dit beteken die temp sal so -25 wees.
Hitte, wat is dit??? Kan 'n mens dit eet??

bennie

Ag nee Bennie, as ons -3 is steek ek nie my neus by die deur uit nie. Ek dink my bloed sal in my are vries as ek daar moet wees. Stuur jou adres aan en ek stuur biejtie hitte en sonskyn aan jou, of kan mens dit deesdae e-mail?:lol::lol:

protea
Jan 13th 2009, 06:49 AM
My broer het my verlede jaar in hulle winter van Kanada af gebel toe dit -44 grade was. Die volgende week toe braai die spul Suid -Afrikaners al weer in hulle garage want toe het hulle n 'hittegolf' van -29 grade.... Maar braaivleis sal jy eet as jy n Suid Afrikaner is.... :)

MercyChild
Jan 13th 2009, 07:48 AM
Ag nee sies vir julle, ek raak sommer jarloers......hier sit ek en verkluim van die koue en al wat julle Suid Afrikaners doen is vleisbraai.............lol:lol:

marline
Jan 13th 2009, 07:59 AM
Ag nee sies vir julle, ek raak sommer jarloers......hier sit ek en verkluim van die koue en al wat julle Suid Afrikaners doen is vleisbraai.............lol:lol: Ag Toemmaar, een van die dae is jy hier dan kan jy saam braai en saam kla.:wave:

MercyChild
Jan 13th 2009, 08:03 AM
Ag Toemmaar, een van die dae is jy hier dan kan jy saam braai en saam kla.:wave:

Klink vir my of ons dalk 'n "deal" het........lol. 2 slapies oor:pp:pp

bennie
Jan 15th 2009, 04:06 AM
Klink vir my of ons dalk 'n "deal" het........lol. 2 slapies oor:pp:pp


my suster kom oor drie slapies america toe:pp:pp