PDA

View Full Version : Ron Wyatt ?



Die Filadelfieer
Jan 9th 2009, 06:47 AM
Wie van julle weet van Ron Wyatt se werk ? Dit is nou die ou wat reken hy het Noag se ark, die verbondsark, Sodom en Gomorra, en ander argeologiese plekke en artifakte gekry .
Ek self was nog altyd super skepties oor sy doen en late, en was nooit bang om Wyatt se werk skerp te kritiseer nie, maar het onlangs beeldmateriaal gesien wat my eerlikwaar verstom gelaat het.

Sy ontdekkinge rondom Sodom en Gomorra, en sy navorsing wat gelei het tot die presiese plek waar Israel die rooi see deurgegaan het en die Egiptenare gesterf het gaan mens baie moeilik mee stry. Die laaste is veral so ongelooflik bloot omrede hulle die oorblysels van die egiptiese weermag onder die see opgepoor het ! Hier (https://safeco3.net/wyattmuseum/red-sea-crossing.htm) is 'n baie kort artikel daaroor.

Wat dink julle van sy goed ? Ek is eerlikwaar nog nie oorreed met betrekking tot die Ark van Noag of die Verbondsark nie, stem inderwaarheid glad nie saam met die bevindinge van veral eersgenoemde nie, maar wat die res betref ? Het enige iemand meer inligting hieroor ?

CFJ
Jan 9th 2009, 07:59 AM
Fila,

Ek weet nie veel van Ron Wyatt nie, maar het die DVD oor die Verbondsark gesien en ek was nie oortuig gewees nie, maar nou weet 'n mens aan die anderkant weer te min om met hierdie tipe onderwerpe die teendeel uit te wys.

Paul Pienaar
Jan 9th 2009, 03:46 PM
Hallo,

Ek het net nou die dag iets gelees van Ron Hyatt en het gou weer gaan soek daarna. Ek kan nie onthou van watter skakel of hoe ek by die artikel uitgekom het nie, maar hier's die artikel in elke geval.

Dis blykbaar geskryf deur 'n persoon wat Ron persoonlik geken het en ook betrokke was by van sy ekspedisies.

http://ldolphin.org/wyatt1.html


Paul

Son of the South
Jan 9th 2009, 05:57 PM
Aan die een kant is mens jammer dat Wyatt gediskrediteer word; aan die ander kant was mens dit te wagte. Aan die einde van die dag moet 'n mens nog steeds kies om te glo. ;)