PDA

View Full Version : Sout



Ta-An
Jan 9th 2009, 09:48 AM
Wat is sout... anders as Natrium chloried NaCl ??

Markus 9:49 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=41&CHAP=9&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=49) Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word.

Markus 9:50 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=41&CHAP=9&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=50) Die sout is goed, maar as die sout souteloos word, waarmee sal julle dit smaaklik maak? Julle moet sout in julle hÍ en vrede hou met mekaar.

Kom ons kyk bietjie na sout.....
Wat is sout?

* Dit is die perfekte smaakmiddel, 'n bietjie sout kan die hele dis opkikker.... het jy al die sout vergeet in 'n dis???? Oops!!

Sout gee dus smaak :idea:
Toepassing: Kolosense 4:6 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=51&CHAP=4&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=6) Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.

Wat nog??
** Sout is 'n preserveer middel. :idea:
Wat sou ons ou volkie doen sonder BILTONG!! :hmm: :lol:

Wat nog??
Sout maak gis dood :idea:
Het jy al brood gebak en die gis direk op die sout gegooi???? die hele beslag gaan 'dood' dit rys nie....:o

Toepassing:
Markus 8:15 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=41&CHAP=8&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=15) En Hy het hulle beveel en gesÍ: Pas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die FariseŽrs en die suurdeeg van Herodes.

Lukas 12:1 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=42&CHAP=12&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=1) Toe duisende van die skare ondertussen saamkom, sodat hulle mekaar vertrap het, begin Hy aan sy dissipels te sÍ: Pas veral op vir die suurdeeg van die FariseŽrs, dit is geveinsdheid.

So die sonde kan as suurdeeg uitgebeeld word......
en die sout beskerm ons daarteen :idea:
Yeshua sÍ: Mattheus 5:13 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=40&CHAP=5&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=13) Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nÍrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.

Wanneer ons kyk na Lev.2:13Liviti 2:13 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=3&CHAP=2&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=13) En jy moet al jou spysoffers met sout berei, en jy mag die sout van die verbond van jou God by jou spysoffer nie laat ontbreek nie; by al jou offers moet jy sout bring.

Wat is die betekenis van sout hier?? :hmm: Die sout is 'n herinnering aan die mens se kontrak met G_d. Sout is 'n simbool van G_d se aktiwiteit in jou lewe, omdat dit so goed penetreer ('n knypie sout verbeter die smaak van 'n dis) dit preserveer en preservering gaan hand aan hand met heling... dink maar aan die helende water van die see ;) of van 'n sout bad na 'n opersie.

So as ons dan die sout van die aarde is, (Matt 5:13) wat is ons doel??

*G_d wil aktief wees in ons lewens.
Wanneer Hy deel is van ons lewens, (soos deur sout gepenetreer is) sal Hy ons preserveer van die suurdeeg (verkeerde invloede) rondom ons.. en Hy sal ons genees en heel maak van sonde en tekotkominge.

....PS So weer 'n stukkie van Maria wees,,,, word eers gepreserveer teen die gis, dan kan ek smaak gee aan die lewens rondom my ;)

Ta-An
Jan 9th 2009, 09:48 AM
Wat beteken dit om met vuur gesout te word??? :hmm:

Lanie
Jan 9th 2009, 10:20 PM
Wat beteken dit om met vuur gesout te word??? :hmm:

Ek het bietjie vir jou gaan soek, An.

In die Ou Testament het hulle sout saam met hulle offerandes gebring. Dis blykbaar die "link" tussen die vuur en die sout?

"Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word." - beteken glo dat gelowiges gereinig word (rein word?) wanneer hulle swaarkry en vervolg word. Dis nou volgens my slim nuwe studiebybel... ;)

Dit is nogals 'n moelike vers om te verstaan...:hmm:

paidforinfull
Jan 10th 2009, 03:44 AM
Goeie pos, Ta-An - hier is nog ietsie om aan te herkou:

Sout is ook anti-septies. In 'n geestelike sin gesien beteken dit dat Christene 'ontsmet' is van van demone (of liewers: dat Christene as ontsmettingsmiddels dien om andere van spirituele kieme - demone - te bevry.)

Ta-An
Jan 10th 2009, 12:14 PM
Sout is ook anti-septies. In 'n geestelike sin gesien beteken dit dat Christene 'ontsmet' is van van demone (of liewers: dat Christene as ontsmettingsmiddels dien om andere van spirituele kieme - demone - te bevry.) Helend/genesend op meer as een vlak, nie net fisies nie maar ook geestelik.... :pp

Ta-An
Jan 10th 2009, 12:36 PM
Ek dink ek gaan vassteek by Mal.3:2..... Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers.

3 En Hy sal sit: 'n smelter en reiniger van silwer,

Oukay......

die vuur: Reiniging....
die smelter:'n smelter en reiniger van silwer: Die Silwersmidt wat die loog afbrand van die silwer....... totdat hy sy beeld daarin kan sien :pp
of dan : Die Silwersmidt, (Yeshua) self sal die vuur wees wat die loog af brand (was die loog/onsuiwerhede) van die silwer (ons) todat Hy Sy beeld daarin (in ons) kan sien .... totdat ons die sout van die aarde is...?

protea
Jan 10th 2009, 05:19 PM
Sout was blykbaar so n kosbare en skaars kommoditeit BAIE lank gelede dat volkere met mekaar oorlog gevoer het om beheer oor soutmyne te verkry.

Ta-An
Jan 10th 2009, 05:47 PM
Sout was gebruik as betaal middel :eek: so skaars en kosbaar was dit.

Iemand op Eng. kant sÍ dat in tye van oorlog, daar sout op die opposisie se landbou grond gestrooi is om te verhoed dat hulle hul landerye kan benut... :eek:

paidforinfull
Jan 10th 2009, 05:53 PM
In Walvisbaai word van die strate met sout 'geteer' - dit is duursaam, verhoed dat die karre gly of in die modder vassit (hou mense op die regte pad, so te se :) ).

(Dis nou wel nie skriftuurlik om paaie met sout uit te le en te bedek nie, maar ek dink dis nogtans interessant as mens na al die wonderlike gebruike van sout kyk.)

Ta-An
Jan 10th 2009, 06:00 PM
In Walvisbaai word van die strate met sout 'geteer' - dit is duursaam, verhoed dat die karre gly of in die modder vassit (hou mense op die regte pad, so te se :) ).

(Dis nou wel nie skriftuurlik om paaie met sout uit te le en te bedek nie, maar ek dink dis nogtans interessant as mens na al die wonderlike gebruike van sout kyk.)Presies..... want dit wat in die fisiese gebeur het 'n geestelike eweknie :)