PDA

View Full Version : Gebed: Aansoek vir werk



marline
Jan 10th 2009, 09:09 AM
Nadat ek 'n hele paar jaar by die huis was, is ek nou genoodsaak om weer aansoek te doen vir werk. Hier word 'n werk ge-adverteer wat perfek by my kwalifikasies en kennis pas. Ek kan Maandag my CV fax. Bid asb vir my dat ek die werk kry, en dat my ouderdom nie teen my gehou sal word nie. Baie dankie. Lekker naweek

MercyChild
Jan 10th 2009, 09:32 AM
Ek bid saam met jou Marline dat God vir jou die deure sal oopmaak wat nodig is om oopgemaak te word, en dat Hy sal voorsien in jou behoeftes..............:pray::pray:

marline
Jan 11th 2009, 05:19 PM
Dankie Linda, ek het toe sommer vandag (op die Sondag) my cv persoonlik ingevat. Ons moet nou hard bid, want ek het regtig 'n ekstra geldjie nodig. Ons fondse is nou besig om uitgeput te raak. Baie Dankie:pray::pray::pray:

Ta-An
Jan 11th 2009, 05:26 PM
Wat se tipe werk het jy voor aansoek gedoen??

marline
Jan 11th 2009, 06:08 PM
Dis 'n boekhou pos by 'n apteek, ek het nie ondervinding van apteek werk nie maar wat kan nou anderster wees as krediteure, debitere en rekonsiliasies? Als maar dieselfde, een net met medisyne en 'n ander met ander produkte , :pray:vir my ASB.

Ta-An
Jan 11th 2009, 06:26 PM
, :pray:vir my ASB. Ek doen so liewe mens :pray:

protea
Jan 11th 2009, 06:55 PM
Marline ,
Ons bid dat die Vader in Sy almag jou te hulp sal kom sodat julle weer vry kan 'asemhaal':pray:

Tonton
Jan 12th 2009, 03:03 PM
Mag Vader vir julle die finansiele uitkoms gee. Hy gee die uitkoms met elke versoeking. Lees 1 Kor 10:13.

Liefde in Jesus,
Anton

Ta-An
Jan 12th 2009, 05:09 PM
Ons wag angstig om te hoor!!!

marline
Jan 12th 2009, 07:15 PM
Dankie vir al julle gebede, ek het nog niks gehoor nie. Ek dink ons is bietjie haastig, sal daddellik laat weet as ek gehoor het. :)

Sonia Smit
Jan 14th 2009, 08:42 AM
Hi Marline,
Baie sterkte vir jou! Ek bid vir jou en laat weet ons hoe dit gegaan het!

marline
Jan 16th 2009, 05:03 AM
Baie dankie vir al jul gebede, ek waardeer dit opreg. Hierdie pad was egter nie vir my beskore nie, my aansoek was onsuksesvol. Ek is nie regtig teleurgesteld daaroor nie, omdat ek glo dat ons Heer vir my 'n ander rigting het om in te slaan.

Sonia Smit
Jan 16th 2009, 02:38 PM
Hi Marline,
Ek is jammer om te hoor dat jou aansoek onsuksesvol was. Ek bid dat God jou hand sal vat en ek weet Hy sal jou na die regte werk toe neem! Ek bid nog altyd saam!

marline
Jan 16th 2009, 02:50 PM
Dankie Sonja, as jy veral sal saam bid dat my man werk kry, ons is nie meer sulke jong bokkies nie, dus dink ek die jare tel ook so bietjie teen ons. :hug:
Alhoewel ons altwee baie goeie gesondheid geniet.

Ta-An
Jan 16th 2009, 02:56 PM
:hug:

Wag op die Here vir 'n ander geleentheid :)

Sonia Smit
Jan 16th 2009, 02:58 PM
Ek bid saam met julle vir uitkoms vir julle albei! God is Groot!

marline
Jan 20th 2009, 12:20 PM
Ek het nou wel nie werk gekry nie, maar uiteindellik het my man werk gekry. Na 3 maande se werksoek, gebed en .....natuurlik visvang begin hy Maandag werk. Dit gaan baaaie lang ure wees, en hy sal daagliks sowat 100 km moet ry. Is dit nie wonderlik nie? Dankie vir almal wat saam met my gebid het.

Willem
Jan 20th 2009, 09:11 PM
So bly om te hoor ! Daai 100 km is lekker as jy goed kan luister... laat weet as julle mp3 kan speel ( en as net radio het kan ek miskien help met oplossing daarvoor ok ) , ek het heelparty preke en goete en dan pla die taxis ens nie en soms is dit net lekker om te kan stil wees ... broer by werk se die ryery elke dag is vir hom nou heerlik en hy wil sommer Durban toe ry net om te kan praat en bid!

marline
Jan 21st 2009, 01:08 PM
Baie dankie Willem, sal jou laat weet sodra alles mooi uitgesorteer en in roetine is. :)

paidforinfull
Jan 21st 2009, 02:04 PM
Dis wonderlike nuus, Marline. Die Here is werklik goed en groot :pp:pp

Sonia Smit
Jan 23rd 2009, 12:44 PM
:pp:pp:pp:pp:pp:pp:pp:pp

Dis wonderlike nuus! Ek weet sommer jou man gaan sy werk baie geniet! Prys die Here want Hy is groot! Baie geluk!

marline
Feb 8th 2009, 11:27 AM
Vandag het my man begin werk!!!! :pray:Dankie Heer!! Ek is so dankbaar. Die Heer voorsien toe ons fondse nou werklik heel laag is.

Willem
Feb 8th 2009, 10:48 PM
Hy is getrou! Dankie Here!

marline
Apr 21st 2009, 06:28 AM
En daar kry ek ook 'n ou joppie!!!! Sommer by ons veearts, so 2 blokke van my huis af. Betaal nie veel nie, maar ek sal darem my internet en musiek klas daarmee kan betaal!!! Ek moet ontvangs doen, gewone verkope hanteer, en sekere medisyne uitgee, en dan die inkomste hanteer. Ek was al 2 dae vir opleiding, en geniet dit vreeslik!!! :pp:pp

Lanie
Apr 21st 2009, 08:04 AM
:pp Marline, dis regtig wonderlike nuus. Ek is bly saam met julle. Ons Here is darem so getrou! Hy weet presies wanneer en waar ons wat nodig het en sal altyd voorsien volgens Sy perfekte tyd, plan en wil vir ons lewens. Geniet jou nuwe werk verskriklik! :hug:

Son of the South
Apr 21st 2009, 08:22 AM
:pp Marline, dis regtig wonderlike nuus. Ek is bly saam met julle. Ons Here is darem so getrou! Hy weet presies wanneer en waar ons wat nodig het en sal altyd voorsien volgens Sy perfekte tyd, plan en wil vir ons lewens. Geniet jou nuwe werk verskriklik! :hug:Amen! Wonderlike nuus.

Tonton
Apr 21st 2009, 11:19 AM
En daar kry ek ook 'n ou joppie!!!!

Kyk net hoe sorg Vader vir sy kinders!

marline
May 4th 2009, 07:11 PM
Iets wonderliks, wonderliks het gebeur. Ek het nog nie begin werk nie,maar het al 'n paar dae opleiding gekry. Daar loop ek 'n man in die supermark raak wat ek jare terug mee saam gewerk het. Hy is so bly om my te sien, intussen het hy sy eie boekhou besigheid begin, en sukkel om personeel te kry. Hy bied my 'n pos aan, teen 'n heel goeie salaris. Ek voel baie sleg om die veearts hiervan te se, maar ek sal 'n hele paar gate kan toe-stop. So word daar vir ons gesorg, Prys die Heer!!!:pp

Ta-An
May 4th 2009, 07:35 PM
:pp Sien, jy was tevrede met min, toe kry jy meer....:pp