PDA

View Full Version : Luk 19:40 Klippe skree?



Willem
Jan 10th 2009, 10:06 PM
Hi ,

besig om lekker na Chuck Missler te luister werk toe en terug en nou die anderdag se he hy wens die mense het ophou sing toe die Here in Jerusalem op die donkie vul ingery het.

Luk 19:37 En toe Hy al naby die afdraand van die Olyfberg kom, begin die hele menigte dissipels God met blydskap te prys met Ďn groot stem oor al die kragtige dade wat hulle gesien het,
Luk 19:38 terwyl hulle sÍ: GeseŽnd is die Koning wat kom in die Naam van die Here, vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele!
Luk 19:39 En sommige van die FariseŽrs uit die skare sÍ vir Hom: Meester, bestraf u dissipels!
Luk 19:40 En Hy antwoord en sÍ vir hulle: Ek sÍ vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep.


Kan julle die fariseers se skok indink as die skare sou stilbly? Dink julle klippe kan sing?

Ook begin ek nou ernstig oplet elke keer as die fariseers "moan" want dan vervul Hy iets wat hulle nie van hou nie of doen Hy iets wat Sy almag wys.

mari
Feb 2nd 2009, 03:07 PM
Willem....

.... waarvan word gospel tapes, CDs en DVDs gemaak ???....

:bounce:
m

Willem
Feb 4th 2009, 09:58 PM
Willem....

.... waarvan word gospel tapes, CDs en DVDs gemaak ???....

:bounce:
m

:giveup: Jammer , soms is ek maar dof , ?

mari
Feb 5th 2009, 06:02 AM
CDs ens word van o.a. metaal gemaak..... wat van erts af kom.........

wat van klippe af kom !!! ...........:pp

groete
m

Willem
Feb 6th 2009, 03:09 PM
CDs ens word van o.a. metaal gemaak..... wat van erts af kom.........

wat van klippe af kom !!! ...........:pp

groete
m
:rofl::pp:hug::rofl::B:rofl::rofl:skerp! ek moet bykom!

Ta-An
Feb 7th 2009, 09:45 AM
CDs ens word van o.a. metaal gemaak..... wat van erts af kom.........

wat van klippe af kom !!! ...........:pp

groete
mAg mar jy's oulik :idea:

....en wat maak jy met bome wat hande klap??

mari
Feb 7th 2009, 03:24 PM
Ag mar jy's oulik :idea:

....en wat maak jy met bome wat hande klap??

waarvan word dromstokke gemaak.....:D

en , An, gebruik julle soms kastjanette ( s?) as julle dans ? ... waarvan word dit gemaak ......:rolleyes:

en wat van al daai oulike picussion instrumente wat deesdae weer vir praise & worship ingespan word .....:pp



http://library.thinkquest.org/5116/images/rhythmn_instr_1.jpg

Ta-An
Feb 7th 2009, 03:49 PM
Man maar jy is oulik :idea:

MercyChild
Feb 7th 2009, 03:53 PM
Gits, ek leer elke dag iets nuuts.........Mari, maar jy het mos heeltemal opgewonde gekry om so na jou antwoord te kyk......:pp

protea
Feb 7th 2009, 04:44 PM
Twaalf uit tien vir jou raak antwe daar Mari!:kiss:

MercyChild
Feb 7th 2009, 05:14 PM
Twaalf uit tien vir jou raak antwe daar Mari!:kiss:

Ek sekondeer!;)

Ta-An
Feb 7th 2009, 06:43 PM
en , An, gebruik julle soms kastjanette ( s?) as julle dans ? ... waarvan word dit gemaak ......:rolleyes:

Tamboryne.... dit het hout in :idea:

mari
Feb 7th 2009, 07:49 PM
Hey ! ......

tamboryne het hout rame met metaal klingels.... natuurlik !

die bome skreeu uit en die klippe klap hande ! .....:pp


( .... kastjanette, geen idee van spelling:rolleyes: ..... is daai hout klapgoedjies wat gebruik word in spaanse danse, maar ook as percussions...... )


;)
m